Broer gevonnis vir wrede moord op suster, haar seun

Argieffoto: ANA.

Myboy Moses Buthelezi (45), die KwaZulu-Natalse man wat sy eie suster en haar seun wreedaardig vermoor het, is Woensdag in die Mthunzini-hooggeregshof gevonnis.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Buthelezi het skuldig gepleit op albei aanklagte van moord teen hom en is Woensdag tot dubbele lewenslange tronkstraf gevonnis.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom.

Maroela Media het vroeër berig Zoe Buthelezi (49) en haar seun, Mthunzi Zulu (19), wat albei aanvanklik as vermis aangemeld is, se liggame is in Januarie vanjaar in ʼn vars graf gevind. Haar broer is in Maart in hegtenis geneem.

Zwane het gesê lede van die Nyoni-polisie het inligting opgevolg oor waar die verdagte wegkruip en hom op ʼn plaas in die Eshowe-gebied in hegtenis geneem.

Buthelezi se inhegtenisneming volg nadat lede van die gemeenskap onraad gemerk en besluit het om die polisie te ontbied.

Polisiebeamptes het die twee vermiste mense se familielede by die huis waar die slagoffers die laaste keer gesien is, ondervra, en daar het die beamptes ʼn vars graf opgemerk en agterdogtig geraak.

Die beamptes en lede van die gemeenskap het die graf oopgegrawe en die liggame van Buthelezi en Zulu gevind. Buthelezi se liggaam was in stukke opgekap en in plastiek toegedraai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

m.d.r. ·

Dubbele lewenslange tronkstraf…..hoeveel jaar effektief in die tronk…..?

Parool ·

Hopelik kwalifiseer hy nie vir parool nie (dis wat in Amerika met hom sal gebeur).

GEnie ·

Sjoe gewone misdaad in SA is erg. Lindiwe Sisulu moet bietjie aandag hieraan skenk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.