Broer sewe jaar later ook op plaas aangeval

Wimpie en Sunet Oosterhuis, saam met Sunet se seun, Frits Barnard. Foto: Verskaf.

Wimpie en Sunet Oosterhuis, saam met Sunet se seun, Frits Barnard. Foto: Verskaf.

Jaco Oosterhuis (51), ʼn boer van Delmas in Mpumalanga, staan vandag langs sy ouer broer se hospitaalbed nadat hy Woensdagaand tydens ʼn plaasaanval erg aangerand en geskiet is, sewe jaar nadat Jaco self só ʼn nare ervaring oorleef het.

In die jongste voorval is Wimpie Oosterhuis (54), wat naby Delmas in Leandra boer, en sy vrou Sunet, Woensdagaand op hul plaas aangeval.

Jaco het Donderdag aan Maroela Media gesê Wimpie en Sunette het omstreeks 20:00 by hul plaashuis aangekom waar hulle deur drie of vier aanvallers ingewag is. “My broer se motorhuis is sowat 30 m van die huis af. Hy het sy voertuig stilgehou om die deur oop te maak toe die aanvallers hom oorval het,” het Jaco gesê. “Hulle het hom geskop en geslaan en aangedring op geld.” Sunette is ook aangerand.

Die egpaar is buite die huis vasgebind terwyl die aanvallers die huis geplunder het. Teen Donderdag het familielede vasgestel die aanvallers het onder andere gevlug in die egpaar se bakkie met ʼn televisiestel, ʼn skootrekenaar en selfone. “My broer was nog nie weer by die huis om presies te weet wat alles vermis word nie,” het Jaco verduidelik. “Toe die aanvallers vlug het hulle hulself losgewikkel en in hul ander voertuig na bure gery om hulp te ontbied.” Die egpaar se bakkie is later naby Eendracht opgespoor.

Wimpie is na die Mediclinic Highveld in Trichard naby Secunda geneem waar hy ʼn operasie ondergaan het. Hy was steeds in die operasiesaal toe Maroela Media gebel het. “Die suster het genoem dat daar skrapnel aan sy arm is, so buiten dat hy aangerand is, vermoed ons dat hy ook geskiet is,” het Jaco gesê. Hy het gesê sy Wimpie was baie deurmekaar toe hulle vinnig gesels het. “Ek vermoed hy het harsingskudding. Hy kan nie presies alles onthou wat gebeur het nie.” Jaco het gesê Sunette is getraumatiseerd maar “oraait”.

Jaco het self in Maart 2008 ook ʼn plaasaanval oorleef. Hy is in die vroeë oggendure deur drie mans in sy huis op sy mielieplaas naby Delmas oorval. Hy was omstreeks 01:30 in sy bed toe hulle hom met ʼn panga oor die kop en gesig geslaan het. Hy is in die linkerbors geskiet toe hy teen sy aanvaller teruggeveg het. Die koeël het sy hart rakelings gemis. Sy gesin was saam met hom in die huis, maar is ongedeerd.

Die aanvallers het weggehardloop sonder om iets te steel. “Tot nou toe is niemand nog in hegtenis geneem nie. Ek wag nou nog dat die polisie my verklaring moet kom afneem,” het hy gesê.

“Ek gaan die saak nie hier laat nie. Dit is tyd dat daar iets daadwerkliks aan plaasaanvalle gedoen word, om net te praat help niks nie,” het hy vasberade gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mathys ·

Hoekom moor hulle? want hulle weet:
daar is ‘n goeie kans dat hulle nie gevang word nie;
as gevang word is daar ‘n goeie kas dat die “docket” gaan “weg raak”;
as hulle gevang word en gevonnia word beland hulle in Vyfster (‘n luukse privaat tronk naby Bloemfontein). Lekker etes en aktiwiteite soos “arts and crafts”
Hulle is werkloos of werk vir ‘n minimum loon, so hulle het niks om te verloor nie (belastingbetalers betaal).
Sit hulle in konsentrasie tipe tronke. Tente, pap en melk, geen TV of radio, of selfone en geen koerante. En laat hulle vanaf 6:00 tot 18:00, ses dae ‘n week ons flenter paaie reg maak en ons vuil dorpe en stede skoonmaak.

alex gous ·

Sus en Daan se Nuuskas
Waar is die nuus oor Eskom Fase 3 beurtkrag

Gerhard Bezuidenhout ·

Gee die varke die doodstraf of lang tronkstraf met kaboemielies as rantsoen soos in die ou tyd en laat hulle hande-arbeid verrig. Dit sal hul bullerigheid demp.

david ras ·

Na SEWE JAAR nog geen verklaring afgeneem nie !! Watter polisiekantoor doen dit ? Kan komm Phiyega van sonder-enige-polisie-opleiding faam dalk vir ons ander belastingbetalers verduidelik ?

ladybug ·

Dis lankal tyd dat ons begin saam staan, opstaan en terugveg teen hierdie gemors wat ons wil uitwis, ons kan nie op die beskerming van enigiemand staat maak nie, net ons eie insig!

Beatrix ·

Ek stem tenvolle saam Ladybug…. die ergste van als is, mense se lewens word verwoes, deur ander wat niks beter het om te doen , as om ( Ou mense en Jong mense aanteval op plase…. self hul vermoor”” vir geld of waardevolle goed””Dit is altyd groot nuus??? maar wat word omtrent dit gedoen?? Maak n plan en doen iets daaraan?? Tronk straf werk nie…. hul doen dit net weer, as hul uitkom”’Die tronke is vir hul soos n Hotel””

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.