Broer sterf ook toe hy suster probeer red

Die sloot vol water. Foto: SAPD

ʼn Broer en suster het Saterdag in ʼn sloot vol water verdrink nadat die suster glo van ʼn houtplank af in die sloot geval en haar broer haar probeer red het.

Die polisie in Thohoyandou in Limpopo het ʼn geregtelike doodsondersoek na Saterdag se voorval in die Muledane- informele nedersetting in die Vhembe-distrik begin, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Mojapelo het vier sibbe glo van die een deel van die informele nedersetting geloop toe hulle oor ʼn plank, wat net tydelik oor die watersloot gesit is, gestap het. ʼn Agtjarige dogtertjie het glo gegly en van die plank af in die water geval. Haar 10-jarige broer het in die water gespring om haar te probeer help.

Adivhaho Mathikhi en haar broer Ntakadzeni het egter albei in die voorval omgekom. Die ander twee sibbe het na die voorval onmiddellik begin alarm maak.

Volgens Mojapelo was die sloot vol water weens onlangse reën in die gebied.

Die plank is oor die sloot gesit vir voetgangers, aangesien strate in die omgewing tans geteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mieke ·

En dis hoe die menigstes nog leef…….
Sal sadly altyd “agtergeblewenis” wees, baie sad vir almal.
Imagine jy moet toekyk hoe 2 sibbes verdrink (omdat hulle so moet leef)

Sophia ·

Baie onsimpatiek….daardie mense leef in die ondenkbaarste armoede!

Elma Maartens ·

Dit is so hartseer, voel so jammer vir ouers. Om kinders te verloor is onbeskryflik.

Magaretha van Heerden ·

Dit lyk my Limpopo raak al hoe meer agterlik.
Hoekom nie behoorlike voorsiening vir voetganfers om oor die water te kom nie. So jammer vir die families. Burgersfort sukkel al weke dat daar lang tye nie water is nie. Nerens in die media sien jy daarvan nie. Dink jou in geen water om toilet te spoel. Wasmasjien kan in die middel van werking stop want daar is nie water nie. Kan nie was of stort of bad voor werk. Hoe kook jy kos, was skottelgoed, algemene huisskoon maak? As jy nie voorsiening gemaak het nie, dan nie eens n koppie koffie of tee. Jy moet nou maar op gekoopte koeldrank of baie duur water leef. Dit is n skande.

Rina ·

Arme kiddies hoekom kan volwasse mense nie meer verantwoordelik optree nie dit maak my so woedend……

TJ ·

Ag nee man. Dit is so tragies. ‘n Held vir ‘n boetie.
So ‘n dun plankie kan mos nou nie die ding doen nie! En waar was die ouers? Of ander volwasse persoon? Hartseer….

Hannetjie ·

Die ouers moet die staat tot verantwoording roep.Hulle sit heeldag in die parlement en daar word nie aandag gegee aan die burgers se behoeftes.Kinders nou die ewigheid in….oppad skooltoe…dit moes nooit gebeur het nie

PJ ·

Dit is nie Limpopo wat agterlik word nie maar sy mense. Waar is die munisipale werkers wat hulle werk moet doen? Sit heeldag onder die koelte bome en slaap.
Dit is hoekom alles in duie stort en……………………………..

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.