Broer, suster glo deur pa gemolesteer

Errol Goetsch.

Die landdroshof in Kempton Park het ʼn beskermingsbevel uitgereik om ʼn tienerseun van Gauteng teen sy pa te beskerm nadat hy die seun en sy suster na bewering reeds jare lank molesteer.

Errol Goetsch, direkteur van die kinderbeskermingsorganisasie Justice and Reconciliation Centre, sê daar is Vrydagoggend ʼn tussentydse beskermingsbevel verkry om die seun teen die beweerde molestering te beskerm.

Goetsch hoop om Maandag ʼn soortgelyke bevel vir die seun se tienersuster te kry.

Intussen poog hy om te reël dat die seun elders by sy ma gaan bly. Die seun gaan intussen tuis by sy oom en tannie.

Goetsch vertel die seun se pa het in 2015 die verhouding met sy meisie beëindig wat toe ʼn klag by die polisie ingedien het oor die beweerde molestering van die twee kinders.

Vier maatskaplike werkers en ʼn sielkundige het egter glo nie die seun se aantygings teen sy pa ernstig opgeneem nie en ʼn staatsaanklaer het die saak geskrap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.