Broer, suster van afspraakmoord-saak se ma ook vas

Zak Valentine. Foto: Facebook

Zak Valentine. Foto: Facebook

In ʼn bisarre wending is die ma van die broer en suster wat van die Krugersdorp-afspraakmoorde beskuldig word, in hegtenis geneem in verband met nóg ʼn saak wat die Krugersdorp-gemeenskap erg geskok het.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Le Roux (20) en Marcelle (18) Steyn se ma is ook in hegtenis geneem. “Die 50-jarige vrou is Sondag saam met ʼn 35-jarige vrou in hegtenis geneem.” Hulle het reeds in die hof verskyn. Die saak is tot 2 Augustus uitgestel en hulle bly in aanhouding.

Die twee vroue is in hegtenis geneem in verband met die saak van Zak Valentine. Dié 31-jarige voormalige makelaar is op 26 Junie in hegtenis geneem. Sy familie was onder die indruk dat hy in Desember in ʼn motorongeluk in Petrus Steyn in die Vrystaat verkool het.

Valentine is op aanklag van bedrog in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn lewenspolis van meer as R3,5 miljoen probeer eis het. Valentine moet weer op 23 Augustus in die hof verskyn wanneer sy borgtogaansoek sal voortgaan. Die twee vroue was glo ook betrokke by die vermeende bedrog.

Die polisie het ook vroeër bevestig ʼn moordsaak word intussen in die Vrystaat ondersoek in verband met Valentine se “dood”, aangesien daar nou vasgestel moet word wie se lyk in die verdagte se motor gevind is.

Valentine se vrou, Mikeila, is in Oktober 2012 in die egpaar se huis in Ruimsig, Roodepoort, vermoor. Die polisie het destyds haar moord saam met drie ander moorde ondersoek, aangesien dit vermoedelik met satanisme verband hou. Sy en die ander drie vermoordes was almal deel van dieselfde bediening. Dit is nie duidelik of enigiemand ooit vir die moorde in hegtenis geneem is nie.

Le Roux en Marcelle word saam met Christiaan Kruger (29) en Fabian Luff (32) verdink van die Krugersdorp-afspraakmoorde op Hanlé Lategan, ’n eiendomsagent, en die versekeringsmakelaars Anthony Scholefield en Kevin McAlphine.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Elsabe ·

EK KAN NIE VERSTAAN EN DINK DAT VOLWASSE MENSE NOG KAN DINK DAT HULLE OOIT NOG MET SO IETS KAN WEGKOM NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!SIEK

Anne ·

Sjoe! En dan huil die ma in huisgenoot oor haar voorbeeldige kinders? Die appels val duidelik nie ver van die boom af nie….

Poppie ·

Dit is Kruger se ma wat in die Huisgenoot was. Dit lyk vir my hier of dit die Le Roux en Marcelle se ma is wat nou ook in hegtenis geneem is.

Poppie ·

Maar die vrou in die Huisgenoot was ook 50. Dalk selfde vrou. Wonder nou self wie pas waar

Marie ·

Dit is Kruger se ma wat in Huisgenoot was. Ek ken haar en hom persoonlik. Sy is Annemarie.

Bosbok ·

Die Kruger Ma en Steyn ma was beide in die Huisgenoot – n week uit mekaar.

Albei was in ·

Hi julle albei se ouers het hul sad storie vertel, eers Kruger se Ma en toe die 2 se Ma, so almal is reg. Kyk ek sal my nie verlekker in hul hartseer nie, ons almal het altyd groen koring op die land, eie of kleinkinders, maar wragtig jy soek nie simpatie vir goeie eerlike kinders as jy dit self ook gedoen het nie. Die Ma se rol is dalk groter in die saak, Valentine was makelaar en die vermoordes was ……. eerste 2 ook in versekeringsbedryf. Dit is net hartseer dat mense vandag so laag daal, te lui om te werk, ‘n vinnige geld wil maak en soveel hartseer veroorsaak. Verder is Marcelle bogemiddeld slim, pleks van kwalifiseer jou en verdien genoeg om almal gemaklik te onderhou, maar nee die kortpad, pleks gaan lees net weer vir Rooikappie!

Tanyia ·

Jy is reg,, sy het so gehuil – Ek wonder of sy betaling gekry het vir daardie storie?

Cindy ·

Liewe genade dis erg. Die saak gaan nog baie interessant word

Landi Slatter ·

Dagsê Deon,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Johanna ·

as ek reg onthou was Mikeila Valentine se liggaam in haar huis in Ruimsig Heidelberg Gauteng gevind op 11 Okt 2012

charlene ·

Ooh goeie genade, die in nou `n storie en `n half. Dis soos `n sepie, daar is heeltyd iets nuuts. Net jammer die is nie tv nie en hulle het mense vermoor. Ek is baie bly die polisie doen so goed ondersoek om alles oop te krap! ek hoop hulle doen dit goed en deuglik dat hulle amla baie lank sit.

Donovan ·

Man wat verwag julle crime capital…. Wys jou soort soek soort… ek kan nie verstaan dat hierdie mense enige simpatie by enige mens nog kan verwag… in Bybelse tyd was die spul al lankal onder die klippe…

Ernst ·

Die Bybel sê tyd was reg. Moordenaars moet die doodstraf kry en ons regering moet dit weer instel.

Hoedannou? ·

As mens nou ook deur jou eie mense in die hakskeen gebyt word! Waar gaan alles heen? Dit is ‘n mallemeule van moord en doodslag! Gebed: “Here, red ons asseblief te midde van ‘n krom en verdraaide geslag….”

Judith ·

Liewe Hemel dit klink soos ‘n seepie op die kassie ….. Het Hulle gedink hulle gaan daarmee weg kom? En Mammie die meesterbrein???..hehehe skrikwekkend!

m ·

Klink my die hele siek familie is betrokke. Onnodige hartseer wat hierdie mal mense veroorsaak het end it vir wat????

KobieJooste ·

Ek dink Deon Meyer moet na die spulletjie kyk, hier kan ‘n uitstekende roman van kom …

Katrien ·

Dit is nou n baie bizarre deurmekaarspul.
Ek sal nie verbaas wees as Valentine se vrou se dood ook hieraan gekoppel kan word nie

Lizelda Janse van Rensburg ·

Katrien ek stem 100% saam met jou. Maar dis rof. Ek het nie gedink mense vervals hulle eie dood nog nie.

Charmaine ·

Wat n evil spul mense,om iemand te vermoor en soveel geld te eis,en mamma hierby betrokke..

FC ·

Ek wou nog kommentaar lewer maar het iewers tussen Stellenbosch en Ruimsig verdwaal.

Ania ·

Goeiste genade, is die ma nie ook ‘n onderwyseres aan ‘n bekende Hoërskool nie, en word hier gepraat van satanisme … hoeveel gaan nog betrek word?

Poplap ·

Jip sy is Afrikaanse onderwyseres maar daar word nie gese aan watter skool nie.
Ander koerante berig dat sy “chosen by God” op haar dog tags gehad het en dat dit ook op haar kinders se lywe getatoeer is.
Die is is siek spul

Dis verstommend dat die hele familie

Illa ·

Dit is absoluut kommerwekkend dat hierdie vrou ‘n onderwyseres is. Sy beskik oor die vermoë om soveel “groen koring” te pluk! Joe, wat weet mens regtig van jou kind se onderwysers se morele waardes en sienswyses? Ons sal nooit weet wat agter ander (oënskynlik normale) mense se toe deure gebeur nie. Maak my bang.

Vlammie ·

Daarsy nou kan Mr Nel bietjie die Oscar saak laat vaar!!!! En bietjie hierdie saak aanvat dit gaan Mr Nel bietjie lank besig hou want elke week is daar iets anders in die storie !!

Belinda ·

Hulle het gesien dit het dalk te gou gewerk en het nog lyke gesoek om polisse te eis hoe siek is die mensdom nie. Regtig jammer oor die mense wat geliefdes aan die dood moes afstaan oor gerigheid.

Hoop Gereg word geskiet ·

Ek sal nie verbaas wees as die Zak ou by al die moorde deel is nie.Te veel goed het toe nie sin gemaak en nou weer.Ek hoop rerig hy sit vir lewenslank want hy het dalk 8 gesinne se lewens verwoes

Karma ·

Goedige genade, maar dié’s ‘n deurmekaarspul! Boeta en Sussa word verdink van moord(e) op eiendomsagent(e) en nou word moeder gekonnekteer aan die saak van ‘n man wat sy eie dood ge-“stage” het om lewensversekering te eis en daar is ‘n ongeïdentifiseeerde, verkoolde lyk êrens gevind (wie kan dit wees – dalk nóg ‘n vermoorde eiendomsagent?). Joh-joh-joh!!!!!!!

RITA ·

Klink na n legkaart waaarvan baie stukke weg is. Hoop die ondersoek beamptes kan al die stukke opspoor en die skuldiges aan die pen laat ry. Ek wed julle dat die klomp mense mekaar gaan verraai en teen mekaar draai tot die volle waarheid uitkom. My innige meegevoel aan die families van die vermoordes. Geregtigheid sal seevier.

tw ·

Lees n bietjie op oor Mikeila se dood en insidentede rondom dit, ek dink hierdie storie strek wyer as wat dit voorkom.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Klink darem asof die polisie iets “reg” doen, verbeel ek my of is kaptein Appel Erns hier besig?
Indien wel,,, het ons hoop dat bewyse nie weer net gaan “verdwyn”

Is kaptein Appel Erns besig met die saak? Dan is daar hoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.