Broer vas vir gru-moorde op familielede

Wesley Julyan. Foto: Facebook.

ʼn Familielid is in hegtenis geneem in verband met die grusame moorde op vier familielede vroeër in Desember.

Maroela Media het vroeër berig Jeffery Shaun Julyan (34), Ethan Julyan (9), Kayla McKenna (16) en Peter McKenna (73) se liggame is in ʼn uitgebrande huis in Mtwalume in KwaZulu-Natal aangetref.

Lt.kol. Zandra Wiid, woordvoerder van die polisie, het destyds aan Maroela Media bevestig die slagoffers is gewurg en vasgebind voor die huis aan die brand gesteek is. Al vier liggame is in die slaapkamer aangetref.

Wiid het gesê ʼn man is buite die huis aangetref. “Hy is hospitaal toe geneem vir rookinaseming, maar is intussen weer ontslaan.”

Maroela Media verneem Wesley Julyan (32), die man wat nou in hegtenis geneem is en vier aanklagte van moord in die gesig staar, is die man wat buite die huis aangetref is. Wesley is Jeffrey se broer.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Wesley is vroeër deur die polisie ondervra, maar nie toe in hegtenis geneem nie.

“Hy het Maandag in die Hibberdene-landdroshof verskyn op vier aanklagte van moord. Hy bly in aanhouding tot 13 Februarie wanneer hy formeel sal aansoek doen om borgtog,” het Zwane gesê.

Wesley is in 2004 tot 13 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Ken van Aardt (51), het IOL destyds berig. Wesley het Van Aard met ʼn skoenveter verwurg en sy motor gesteel. Sy vonnis is in 2006 tot 20 jaar tronkstraf verleng nadat die staat teen sy aanvanklike vonnis geappelleer het. Volgens ander berigte het Wesley nie eens die helfte van sy vonnis uitgedien voor hy op parool vrygelaat is nie.

Kayla McKenna, Ethan Julyan en Jeffery Shaun Julyan. Foto’s: Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Nettie ·

Sien, so laat die jurisdiksiële en korrektiewe dienste stelsels ons as publiek in die steek. Die vermeende familie-moordenaar is in 2006 ‘n verlengde vonnis van 20 jaar opgelê, wat sou beteken dat hy eers in 2026 moes uitkom. Hy is in omgeveer 2015/2016 vrygelaat nadat hy nie eens die helfte van sy tronkstraf uitgedien het nie. En daar gaan staan en vermoor hy (na bewering) 4 van sy familielede ……..

Dafer ·

Jy is natuurlik heeltemaal reg Nettie. Iets wat my al geruime tyd pla is watter kontrole word uitgevoer, en waar is die inligting beskikbaar m.b.t. die uitdiening van vonnisse. Ek dink dit is moontlik dat al die ouens wat ons verwag agter tralies moet wees, in fact vry rondloop om meer dade te pleeg. Kan Maroela miskien aandui waar hierdie inligting dalk besigtig kan word?

Tammy ·

Ja, hier sal iemand moet wakker skrik en besef hierdie is n groot probleem. Geen borg asseblief. Lewenslange tronkstraf maal 4 sal dalk gepas wees!!! Nog iemand gaan seerkry as dit nie gebeur nie, want dit lyk na n lewensstyl van die beskuldigde om mense te verniel. Of is ek dalk heeltemal verkeerd?

Eish ·

Skokkend hoe die hele stelsel die wetsgehoorsame burgers faal. Sekerlik is die hoofoorsaak kapasiteitsgestremdheid van beleidsuitvoerders. Tragies!

Adam ·

Skokkend hoe die kriminele die wetsgehoorsame burgers se reg op die genot van hulle lewe ontneem.

Mimi ·

Die moord op die ‘gesin’ is verskriklik hartseer !! Die broer wat dit gedoen het en aan n persoonlikheids-steurnis ly se situasie is natuurlik vererger deur die gebruik van dwelms en drank. Die feit dat hy onder die invloed van die middels, op die ouderdom 18 al n moord gepleeg het, gee jou net n idee watse stryd sy familie seker met hom gehad het. Hulle het seker vir jare ons sy dwelmgedrag gely. Hy moet verseker vir die res van sy lewe in die tronk bly. Dat hy sy familie van hul lewe beroof het en Kayla wat as n jong meisie soveel drome vir haar toekoms gehad het, is onvergeetlik. Ek kan my net indink as jy instaat is om 4 mense met jou kaalhande te vermoor, moet jy wraggies sterk dwelms in he.

Alida 2 ·

Ek is geskok en verstom.
Hoe werk dinge?
Hy kry 13jaar vir moord en omdat die staat dink dit is te min word dit verleng na 20 jaar. Goed so want 13 jaar vir so ‘n daad is te min.
Hoe laat jy dan die gevangene in minder as die helfte van sy verlengde vonnis vry?
Kyk wat het hy nou aangevang.
GEEN BORG. Wat wil hy in die samelewing doen as hy ander mense nie gun om daar te wees nie.?
Kry ondersoek so vinnig moontlik afgehandel en, as hy skuldig is , sluit hom toe vir altyd.
Al die hoftyd om borgaansoeke af te handel kan beter gebruik word.

Dina ·

Presies. Dieselfde staat wat sy vonnis verleng, laat hom VEELS te vroeg vry…net om weer en erger te gaan moor. HOE verstaan jy dit? Een aspek wat regslui ERNSTIG in gedagte behoort te hou, is die veiligheid en beskerming van onskuldige landsburgers. Dit gaan beslis nie net om die sogenaamde reg van misdadigers nie. Of het misdadigers die reg tot vryheid (parool), maar slagoffers het geen reg om te LEWE nie?

CAROL ·

Uh hu hy sal nie op hou nie. Sluit hom toe en gooi sleutel weg !!!!

Bosbok ·

Jitte, maar ek moet sê, ons lees daagliks artikels van moord en by baie van die artikels word daar foto’s geplaas van die vermeende moordenaar. In die meeste van die foto’s kan jy sommer aan die persoon se gesig sien hy is n moordenaar. Die mannetjie se gesig is so skoon, ek sou laat my dogter met hom uitgaan ! Wys net, looks can be deceiving!

Patrys ·

Ek het presies dieselfde gedink Bosbok. Hy lyk glad nie geweldadig nie! Sjoe dis skokkend!

CAROL ·

nee wat history repeats its self …… sluit toe en gooi sleutel weg !!!!

CAROL ·

history repeats it’s self …… nee wat sluit toe en gooi sleutel weg !!!!

Elvira bothma ·

Hierdie Borg stories moet end kry. 20 jaar is 20 jaar. Krimineke moet nie vrygelaat word op Borg nie. Doodstraf asb.

Andre ·

Was daar ‘n doodstraf, was die familie almal nog met ons en die moordenaar nie.

Geskok ·

As mens na sy foto kyk sal jy nooit dink hys so n gewetenlose skurk nie, Jakkals in skaapklere.

Hannelie ·

Hoe laat jy ‘n moordenaar vry…..om net wéér te gaan moor? Die regstelsel faal ons telkemale.

Theresa B ·

Dis vreeslik. Hy moes nooit vrygelaat geword het nie. Ons stelsel moet verander soos oorsee. Hierdie kriminele sal nooit weer daglig sien nie.

Karien ·

Hierdie is vreeslik, om te dink hy moes nog agter tralies gewees het en nou het hy al sommer 4 mense se lewens geneem. Hulle is familielede, maar is dit nou sy broer en sy broer se twee kinders of wie is die McKenna dogter en oom….is dit sy broer se vrou se pa en sy broer se vrou se dogter, of hoe. Kan nie dink dat iemand dit aan hul eie familie kan doen nie. Wat skrikwekkend is, is dat as ek na Wesley se foto kyk, lyk hy nie soos iemand wat so iets sal doen nie, dan lees ek die berig en sien goeiste, hy HET al moord gepleeg. Aarde, wys net mens kan een so kyk, maar weet nie wat in hul koppe aangaan nie.

Asmain ·

Dit is skokkend dat so n persoon op parool is. Wie het die verslae voorgele dat hy gerehabiliteer is? Daardie persoon is duidelik onbevoeg en behoort aanspreeklik gehou te word vir hierdie tragedie

Alida 2 ·

Hy is seker vir ‘n omkoopbedrag gerehabiliteer verklaar

Skokkend ·

Asof die plaasmoorde nie erg genoeg is nie nou begin mense hulle eie families ook uitroei? Dit is skreiend en die wreedheid van hierdie aanvalle ken geen perke nie. Dit is darem verskriklik. Hy verdien die doodstraf SOOS AL DIE ANDER PLAASMOORDENAARS!

verstom ·

So mooi seun.. mens sal nooit dit van hom kan sê as jy hom opstraat teëkom nie. Wat sou verkeerd geloop het in sy samestelling dat hy SO moes uitdraai. Dis jammer. Sovele mense se lewens verwoes en vir wat.

Dereck Le Roux. ·

Dinge soos die skok nie eers meer die publiek nie en die moontlikheid dat sy geestestoestand en sy konstitusionele regte groter gaan wees as die van sy slagoffers is ‘n uitgemaakte saak, so word die publiek aan die hande van onbekwame paroolrade en wrede misdadigers oorgelewer en onskuldige mense ly gewoonlik daaronder sodat hulle hul regte kan uitleef en uitoefen.

Patrys ·

Hoe doen mens so iets aan enig iemand, wat staan nog jou familie??

pieter ·

die paroolraad wat hom vrygelaat het moet almal in die tronk gaan sit

Madeleine ·

Die staat moet ook van roekeloosheid aangekla word. As hulle hom gehou het waar hy behoort, sou hierdie tragedie nooit plaasgevind het nie.

Kommentaar ·

Aan almal wat kommentaar lewer, let asb op jul spelling! is julle nie TROTSE Afrikaanssprekendes nie?

Jacques Venter ·

Hoe dikwels pleeg moordenaars op parool nie weer moorde nie?
Is die lewe van die moordenaar dan meer werd as die van wetsgehoorsame mense?

Geskok!!!! ·

Ek het net een vraag!

Hoe op dees aarde is dit moontlik dat hy in 2012 dan posts op Facebook geplaas het as hy “agter tralies” was?

Laat mens wonder, want die person wat op hierdie foto is se Facebook dui daar op dat hy 2012 al goed op gesit het…….

Patrys ·

Hy was toe al uit, want hy het net 5 jaar van sy tronkstraf uitgedien!

madels ·

Hierdie is n baie siek man, hy moet nooooit ooooit op vrye voet wees nie, kyk nou net hoe koelbloedig het hy sy eie vlees en bloed vermoor… siek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.