Boiki Lucas Makgorogo het glo sy jonger suster, Ellen Semakaleng Makgorogo (54), op 29 April doodgesteek en haar liggaam in ʼn beboste gebied naby die Rustenburgkloof gestort. Hy het haar glo vermoor sodat hy hul ouers se huis in Tlhabane kan erf.
Ellen het in die huis gebly nadat hulle ouers in 2010 dood is.
Makgorogo het sy hande agter sy rug en sy kop gebuig gehou terwyl die staatsaanklaer getuig het dat die ondersoek na die moord afgehandel is en dat die saak na die streekhof oorgeplaas sal word. Hy moet op 12 Augustus weer in die hof verskyn.
Makgorogo het nie om borgtog aansoek gedoen nie en is dus sedert sy in hegtenisname in polisieaanhouding.