Broer vermoor terwyl hy suster (15) wou beskerm

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

“Dit was een van die ergste tonele wat ons lede in ʼn lang tydperk aangetref het.”

Só beskryf kapt. Lorraine van Emmerik, woordvoerder van die Booysens-polisie in Johannesburg, ʼn voorval die afgelope naweek waartydens ʼn jong man vermoor is toe hy glo sy 15-jarige suster teen verkragters probeer beskerm het.

Van Emmerik het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voorval het Sondag omstreeks 01:00 by ʼn huis in Turffontein plaasgevind.

“Twee gewapende verdagtes het toegang tot die huis verkry waar twee jong mans, in hul 20’s, hul ma en jonger suster woon,” het Van Emmerik gesê.

“Die verdagtes het tydens die voorval die 15-jarige meisie verkrag. Haar twee broers wou haar en hul ma beskerm. Een van die broers is toe vermoor en die ander een is met ʼn skerp voorwerp in sy been gesteek voor die verdagtes met twee selfone op die vlug geslaan het.”

Die kinders se ma kon daarin slaag om tydens die voorval uit die huis te ontsnap en het hulp ontbied.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, verkragting, poging tot moord en gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Mense met inligting kan die polisiestasie by 011 433 4282 bel.

Die jong man wat vermoor is se naam mag nie bekend gemaak word nie om die identiteit van sy suster, wat ʼn verkragtingslagoffer is, te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Vryheid ·

SA n siek plek vol siek mense wat geen respek het vir lewe nie eers vir hulself nie. Ek sak my kop in skaamte.

Alet ·

Moorde en Verkragtings sal in ter ewigheid nie stop in ons land nie. Dit sal oor en oor gebeur, die tronke is feestelik en gerieflik … kom los oor n tydperk… Families sit vir die res van hul lewens met die ontroosbare hartseer en verlange. DOODSTRAF . Sterkte vir die familie.

Viviers ·

Al hoe die kringloop gebreek kan word is deur self beskikking waar verkragters en moordenaars wel gestraf kan word.

Ramapaddapot ·

Wonder of Ramapaddapot trots op S A is – want hy doen niks omtrent die geweld in die land nie.

Jacques ·

Baie sterkte aan die familie . Dit wil egter vir my voorkom of n selfoon nou deesdae geruil kan word met n lewe , kan mens die twee waardes regtig vergelyk met mekaar ? Ek twyfel baie sterk . Die nuwe SA is n plek waar normale mense nie wil bly of n bestaan wil maak nie . Die land het baie siek geword ten koste van wie of wat ?

Sann ·

Jaques, die hartseerste is, hulle wou nie eens regtig daardie selfoon gehad het nie….

Bekommerd ·

My bloed kook sommer oor as ek die goed lees. Vir twee fone, regtig?

Guve ·

Die mooi land van ons is in sy dinges,n lewe is niks werd,moord,korrupsie,dis aan di orde van die dag,en ons geagte President skitter in sy afwesigheid,want n lewe beteken niks,moet ons wat graag nog iets wil beteken ook begin staak of moor of plunder???

bgj van der westhuizen ·

sel hulle sal nie gevang word nie wan moord en verkragting is nou al soo daagliks dit is nie meer snaaks nie al wat dalk nog sal af skrik is as daar dood straf is en die sal nie trug gebring word nie wand 99% wat sal dood straf kry is swart weens hulle is die meeste wat op dood straf was en sal wees weens

Anoniem ·

SIEK, sieker as siek ! Die einde is net nog nie in SIG nie ! God sal met Julle afreken, dit gaan nie LIG wees nie ! Wees verseker ??

Ramapaddapot ·

Wys jou net hoe laag die mensdom gedaal het – geen moraliteit of gevoel vir lewe nie.
Die voorbeelde wat hulle volg is seker maar die Regering se voorbeeld – want net die skurke het regte – nie die onskuldiges nie.

Jane ·

Dis is vieslik man . hoeveel mense moet nog vermoor en verkrag word voordat die Kommissaris van Polisie en die Minister en die President wakker word? Hulle gaan bedel oorsee vir geld terwyl daar DAAGLIKS nou hope mense sterf waaraan hulle hulleself nie steur nie. En die ou verskoning van die HONGER mense is nonsens …jy verkrag nie iemand as jy honger is nie . dit is AFSKUWELIK, slagoffers se families moet die REGERING begin aarde toe bring met SIVIELE EISE . komaan mense .. hoekom sit ons so stil en doen niks? Waar is die WOMENS LEAGUE NOU?? Toe kom toyi toyi nou voor die hofsale of is die verkragting van ‘n 15 jarige meisie nie vir julle belangrik nie? WAAR Is die MENSEREGTEKOMMISSIE? Waar is julle almal wat altyd vir menseREGTE VEG?? TJOEPSTIL .. dit is ‘n absolute skande dat daar so SELEKTIEF geprotesteer word!!

leser ·

sterkte aan familie
wat van: neem voor die voet almal vanaf 16 jarige ouderdom tot ongeveer 35 jaar oud in vir vingerafdrukke,
ek besef dit gaan baie werk wees, maar daars baie polisie lede wat “absoluut” niks doen en net wag vir die einde van die werksmaand,
ek verbaas my nie as daar dan “duisende” sal wees wat ge-arresteer sal word, iewers het hulle iets verkeerd gedoen
merk die wat nagegaan is sodat hy voorlopig nie weer nagegaan hoef te word nie

Theresa ·

Goeie idee. Maar helaas, sal baie van die misdaad steeds nie aan vingerafdrukke gekoppel kan word nie, want dis baie keer mense wat die land insluip. Glo maar – hier is der duisende indien nie miljoene nie – met geen rekord wat wys hul is hier nie. Dit moet voor die staatspresident se voete gelê word, want daar moet ordentlike grensposte wees en grense moet bewaak word. Maar dis oop vir als en almal.

Spike ·

Onthou vir die anc kom die anc eerste, tweede, derde…….. Dan kom mense dalk

Anoniem ·

My hart bloei bloei bloei vir hierdie gesin… Here, hou hulle asb vas, hulle lewens is aan flarde geruk.

SNEL ·

Amen op Anoniem se gebed. Mag die Here hulle dra en krag gee in die tyd.

GP ·

Hoe herstel ‘n familie van so ‘n tragedie? Wat sal mens vir hulle kan se?
Baie sterkte aan hierdie familie.

Rupert Ashford ·

Ons sit nou met die vrugte van die aanneem van “menseregte” toe die regeringsverandering plaasgevind het. Toe ons weggestap het van moraliteit na menseregte. Die siek tydsgees is nou in volle swang met ons.

Andre ·

Rupert jy is heeltemal reg, en 67% van ons mense het daarvoor gestem!

LANS ·

sterkte aan die gesin. ek bid vir julle daagliks. wees sterkte.

Held ·

Die meisietjie sal hierdie trauma oorkom. Die Here sal haar die Krag gee.. Sy sal versterk en gedra word deur die gedagte dat sy twee helde vir broers het. Watter dapper, edele jong manne. Dis jammer die een moes sy lewe verloor maar ek glo hy sal sy Beloning kry daarvoor.

Bollie ·

Was jy al verkrag? Indien nie,is dit ‘n baie ontoepaslike stukkie kommentaar. Hoe weet jy hoe lank ‘n jong meisie wat wreed verkrag is vat om te herstel en of sy ooit herstel? Dapper broers waarvan een met sy lewe moet boet? Jou positiwiteit is nie aansteeklik nie, jammer.

moeks ·

Ek stem saam met Bollie. Hierdie meisie het nie net haar verkragting om te verwerk nie maar die aanval self en ook haar broer se dood. Dit is nou 3 en half jaar terug wat ‘n wapen in my dogter se mond gedruk is en sy is nog steeds nie daaroor nie.

Waarheid ·

Solank die vrugtebome wil hê doringbome moet oor hul heers sal dit net vererger. Die Skrif is duidelik… Jy mag geen een wat nie nie uit jou broers is oor jou aanstel as koning nie. Hartseer en absoluut tragies.

zeno ·

Hoe kan CR sy rug draai op die moorde,hy weet en lees mos al die goed. Ek wens ek kon nou uiter wat ek voel binne in my. Hy is meer behep met grond onteiening wat van minder belang is,dit voel vir my hy gee niks om vir die moorde op blankes.

Connie ·

Bring die doodstraf terug. Gee God weer plek in die skole, universiteite en parlement. Enigste uitweg vir ons probleme.

JH ·

Ai dit is tragies, sterkte aan die mamma en kinders. Die arme meisie dra nou ‘n letsel vir die res van haar lewe’tjie. Sterk wees poplap God sal jou en jou familie hierdeur dra.

Stefanus ·

“Ons slaap vanaand in die oop hand Van hierdie land, die dood-land” -Bittereinder

Wat is nuut.. ·

My polisie vriend het n paar jaar gelede selfmoord gepleeg omdat hy nie meer die tonele waarop hulle afgekom het kon hanteer nie! Hy was n fenominale forensiese polisieman. Diere wat verkrag word, babas wat verkrag word en doodgeslaan word in n drom, en en en so gaan dit net aan! Want ons leef saam met goed wat nie mense genoem kan word nie. Want daar is geen wette en gevolge vir dade nie!

Cobus ·

Ek weet nie eintlik wat om te se nie…..nie een is in daardie mense se skoene nie….ek weet egter een ding en dis dat God nie slaap nie en Sy vergelding gaan enorm wees wat ons nie eers die omvang van sal kan meet nie…..my geloof in God is onmeetlik en ek glo jy sukkel nie met n kind van God nie …Myself probeer so paraat en oplettend as moontlik wees maar as ek vanaand na 12ure by die huis om is ek moeg en kwesbaar….maar ook al hoe meer kwater oor alles wat met ons gaan die gebeur is….ek glo en vertrou egter dat God ons nie bo ons kragte sal troef nie en dat die waarheid baie naby is……ons moet net onwrikbaar glo…..Jesus liefde en genade
vir die gesin….

Driekie ·

Baie sterkte aan die familie! Hier is n paar demokratiese feite: dit gaan nie om die selfone of wat ook al geroof word nie. . (Dis n bonus vir hulle,)…..dit gaan oor haat, wraak en uitmoor….die misdadigers word nooit gevang nie…..die regering wil nie mense in gevangenisse plaas nie, want dan moet hulle gevoed word deur die regering. …. Daarvoor sou die begroting aangepas moes word….wat hulle nie doen nie…want dit sal minder geld in hul eie sakke beteken….. Nog n feit is dat die tronke reeds oorlopens toe vol is…en weereens…..daar word nie begroot om meer tronke op te rig nie… Alles gaan agteruit weens die ‘gebrek aan begroting’ agv wanbesteding, selfverryking en korrupsie in die regering…..en die groter meerderheid van ‘our people’ vir wie hul kamstig beter vooruitsigte voorhou, is blykbaar nie intelligent genoeg om te sien dat hulle deur hul eie leiers beroof word nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.