Broer wou broer ‘help’; albei vas

'n Foto van die omkoopgeld. Foto: ANA

‘n Foto van die omkoopgeld. Foto: ANA

Twee broers van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat die een glo die ander een wou help deur ʼn polisiebeampte te probeer omkoop.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê een van die broers is glo Donderdag in Lenasia, suid van Johannesburg, met dwelms betrap en in hegtenis geneem. Die ander broer het glo hierna ʼn polisiebeampte omkoopgeld van R27 000 aangebied om die saak te laat vaar.

Minnaar het gesê die eerste verdagte is met die dwelm Cat betrap met ʼn straatwaarde van nagenoeg R40 000. Albei verdagtes is van die besit van en handel in dwelms en omkopery aangekla en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Pompies ·

Geen simpatie teenoor ‘n dwelm handelaar, dwelms verwoes mense en hul familie, gooi hom in die tronk, vir die broer wat deel van bedrog saak is, ook tronk toe met jou!

Tiger ·

Bly daar is nog polisie manne wat nie omkoopbaar is nie.En ja,hierdie is potensiele moordenaars omdat hulle dwelms smous so hoop hulle kry lang tronk straf termyne.

Stem saam ·

Tiger ek stem 100% saam, so trots op hierdie Polisie beamptes, mag daar net elke meer en meer van hulle kom!!!! Dwelm gemors mag julle nooit weer die lig sien nie, jul neem mens daagliks mense se lig sonder om te skroom weg!!!!! Families word deur hierdie verslawing geraak en meeste kere is dit hoogs inteligente mense wat jul net op die regte tyd van en hul sukkel om dit te stop.

Jaco Hoffmann ·

Nou is wat Jacob Zuma gedoen het toe hy al di ANC parlementslede omgekoop het om sy agterent te beskerm teen die openbare beskermer se verslag en aanbevelings nie presies dieselfde nie? Hoekom is hy dan nie in hegtenis geneem nie. Wonner maar net!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.