Broers gevonnis oor dubbelmoord

Argieffoto

Argieffoto

Twee broers is in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gevonnis vir die moord op ʼn bejaarde egpaar van Zwelisha in KwaZulu-Natal.

“Sifiso Freedom Mncwango (29) en Sanele Thembinkosi Mncwango (24) is Woensdag tot twee keer lewenslank en 24 jaar tronkstraf gevonnis,” het brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê.

Bhekuyise Mthabela (84) en Ntombini Mazibuko (66) is op 19 Desember 2012 in hul slaap aangeval. “Hulle is met messe gesteek en aangerand,” het Naicker bygevoeg. Die saak is aanvanklik by Gluckstadt-polisiestasie aanhangig gemaak voordat dit na Paulpietersburg-polisie oorgeplaas is vir verdere ondersoek.

“Die twee broers is ná ʼn intensiewe ondersoek in hegtenis geneem waar dit aan die lig gekom het dat hulle die oorledenes van heksery beskuldig het,” het hy gesê. “Hulle was sedertdien in aanhouding tot hul skuldigbevinding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Riaan ·

Ons is terug in die steen tydperk,waar hulle aan heksery geglo het

Gertjie ·

Ek stem saam met die vonnis. Maar hoekom word die twee bejaarde egpaar bevoordeel teenoor wit mense wat vermoor word???

Sue ·

Gertjie ek stem saam met jou. Gelukkig het hulle die skuldiges gekry van die 2 oumense. Die witmens moorde is 90% nog geen persone in hegtenis geneem nie. Hulle gaan net meer en meer van die boere doodmaak voordat hulle gevang word.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Die moord en roof in swart nedersetings se syfers laat plaas anvalle soos fulletjies lyk daars baie meer ons weet net nie daar van nie almal in SA loop deer .

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Daar is baie meer moorde en rooftogte in swart nedersetings as plaas aanvalle ons hoor net nie alles nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.