Broers kry 15 jaar elk vir bylmoord

Argieffoto

Argieffoto

Twee broers van Mpumalanga wat ʼn man met ʼn byl vermoor het, is Dinsdag in die Nelspruit-streekshof tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis.

Landdros Amos Khumalo het die moord as “grusaam” beskryf en gesê dit was onaangenaam om na die foto-album van die oorledene se beserings te kyk, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Eric Tibane (33) en sy halfbroer Bongani Msimango (25) al twee van Driekoppies naby Malelane, is in April 2009 in hegtenis geneem ná Wiseman Sibusiso Vilane se moord. Vilane se liggaam is in die vroeë oggendure op 4 April 2009 by die Koyoyo-taverne in Driekoppies opgespoor.

Die twee broers het al twee onskuldig gepleit op aanklag van moord.

Khumalo het gesê die getuienis van Vincent Mthethwa het bo redelike twyfel bewys dat die twee skuldig is. Mthethwa, wat saam met Vilane by die taverne opgedaag het, het gesien hoe een van die beskuldigdes met hom baklei. Hulle het mekaar glo aan die klere gegryp en toe hy en nog ʼn man wou ingryp, is hulle al twee met die dood gedreig. Die tweede beskuldigde, wat die kroegman was, het ʼn byl gegryp en Vilane op sy voorkop en nek geslaan. Hy het die byl toe aan sy broer oorhandig wat Vilane op sy bene geslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.