Broers soek ná vrou doodskok

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal soek na twee broers nadat ʼn onwettige elektrisiteitsverbinding gelei het tot die dood van ʼn vrou in Stanger.

Sphelelo Ngobese, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen. Volgens Ngobese het die twee broers glo onwettig elektrisiteitskabels aan hulle plakkershut en diefwering gekoppel.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê Princess Ntuli (37) het Maandag doodgeskok nadat sy kaalvoet en met ʼn emmer water op haar kop onderdeur die kabels gestap het.

Volgens Mckenzie het die emmer glo aan die kabels geraak waarna daar water uit die emmer gemors het en dit vonke veroorsaak het. Ntuli is op slag dood.

Ngobese het gesê Ntuli se eggenoot het haar probeer help en is ook geskok. Hy het ernstige beserings opgedoen en is in die hospitaal opgeneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Die kragstelers moet verantwoordelik gehou word, passop daai ding kan byt!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.