Broers sterf in Pta-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Twee broers is dood nadat hul motor Dinsdagaand teen ʼn vragmotor op die N4-snelweg in Pretoria gebots het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 21:30 naby die Watermeyer-afrit in Lydiana, in die ooste van die stad, plaasgevind.

“Die twee mans het met ʼn VW Polo teen die agterkant van ʼn swaarvoertuig gebots,” het Steinmann gesê.

Die mans was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die brandweer moes hul liggame uit die motor se wrak sny.

Die oorledenes se name en ouderdomme is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek waag dit om ‘n vinger te wys na die vragmotor.

Johann ·

Ons gaan julle mis my Neefs, Julle is nou saam julle Ma in die Hemel. :(

Bianca van Niekerk ·

Sterkte aan die familie en hul verlies. Beide is so jonk en vol lewe gewees.

hardus fourie ·

Dalk spoed en nie mooi opgelet nie,sal dalk nooit weet ni,sterkte aan di familie

Yris du Plessis ·

Dis baie hartseer. Die 2 manne was baie gewild onder hulle vriende. Julle gaan gemis word. Baie sterkte aan almal.

Angela ·

So sad and so young. Condolences to the family and may the two brothers rest in Peace.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.