Broers swaar gevonnis vir moord op pensioentrekker

Argieffoto

Argieffoto

Twee broers is swaar tronkstraf opgelê vir ʼn huisroof verlede jaar wat gelei het tot die dood van ʼn 64-jarige pensioentrekker van Ladysmith in KwaZulu-Natal.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die twee broers, Bongumusa Magasela (21) en Mxolisi Magasela (22), is op 3 Maart 2015 in hegtenis geneem weens die moord op die pensioentrekker, Satyaprakash Mangru.

Die broers het Mangru en sy vrou op 16 Februarie 2015 omstreeks 09:40 in hul huis in Kandaharlaan oorval, vasgebind en beroof.

“Die egpaar se bure het die polisie ontbied nadat hulle gille uit die huis hoor kom het. Toe die polisie by die huis opdaag, het hulle die egpaar vasgebind aangetref,” het Mbhele gesê. “Mangru was reeds dood nadat hy versmoor het.”

Die broers is borgtog geweier en het in aanhouding gebly tot hulle verlede week in die hooggeregshof gevonnis is nadat hulle skuldig gepleit het.

Bongumusa is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir roof en 22 jaar vir moord. Mxolisi is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir roof, vyf jaar vir aanranding en lewenslange tronkstraf vir moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Carel ·

En daar stap hulle lewenslank in ‘n 5 ster hotel terwyl ons vir hulle sorg. Laat hulle klippe kap en harde werk doen om self te betaal vir julle verblyf.

Cherokee ·

Julle kan ongelooflik oordryf. Natuurlik is tronkstraf te lig vir moord maar jou oordrywing is nie snaaks nie.

BS ·

Swaar gevonnis? In vergelyking met wie? Jammer soos Poppie se mense die doodstraf verdien, so ook hulle.

Ali ·

Yup verseker n 5 ster hotel glad nie meer n tronk nie. Hul gaan axitionele regte by kry ini tronk natuurlik. En ja oor 10jaar is albei weer buite en doen presies weer dieselde.

Liendempers ·

Ek wonder nou so: as jy in my huis inkom om te roof/aan te rand/te moor, moet jy sommer net aan moord skuldig bevind word en klaar. Maak nie saak of ek geskiet, gemartel, versmoor, gesteek of my dood geskrik het vir jou nie. Jy is ongenooid op my eiendom en dus die oorsaak van my dood. Punt. Dit maak nie saak of jy wou steel nie. En ook nie waarom jy wou steel nie. Die feit dat jy daar was het die dood veroorsaak. Dus dan, die doodstraf vir jou. Punt. Sou ek gelukkig genoeg wees om myself te kan verdedig en ek skiet jou op my erf/in my huis dood, dan is dit ook jou skuld. Want wat soek jy daar in die eerste plek. Sou jy enigiets in jou boedel he, moet dit dan aangewend word om vir my trauma behandeling te betaal voordat dit aan enige erfgenaam/familielid oorbetaal word. Ek was nie van plan om uit te gaan en te moor nie, maar jou presence op my erf het veroorsaak dat ek n lewe moes neem. Dus, jou skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.