Broers vas oor man se moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee broers is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 25-jarige man in Dutywa in die Oos-Kaap.

“Die slagoffer en die broers, onderskeidelik 21 en 22 jaar oud, het Vrydagaand begin stry,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die man is omstreeks 20:00 met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.”

Manatha sê die slagoffer se naam kan nie bekend gemaak word totdat sy familielede in kennis gestel is nie. Dit is nie duidelik waaroor die mans gestry het nie.

Die mans sal na verwagting binnekort in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.