Brokkoli, pynappel, koek … en als smaak soos KFC

KFC het dié diepgebraaide brokkoli as deel van die #MakeItKFC-veldtog gemaak. (Foto: KFC)

Verbeel jou ʼn kostafel met diepgebraaide, krokante brokkoli, pynappel, koek, melktert en selfs mielies wat alles soos KFC-hoender smaak …

Dit is waarskynlik nie ʼn resep wat jy in die Kook-en-Geniet sal aantref of op ʼn tradisionele kostafel sal sien nie, maar dit is presies wat dié gewilde kitskosrestaurant onlangs op versoek van sy aanhangers opgedis het.

“Alles het met ʼn twiet begin,” het Grant Macpherson, bemarkingshoof van KFC, vandeesweek gesê.

Hy verduidelik dat ʼn plasing op die sosialemediaplatform X wat lui “ek sal graag die brokkoli wat my tannie my as kind gevoer het in KFC wil omskep sodat dit ʼn bietjie smaak kan hê”, gou in ʼn massiewe #MakeItKFC-veldtog ontaard het.

Nadat KFC op dié plasing gereageer en ʼn video van die gebruiker se droombrokkoli – omhul in ʼn vingerleklekker laag van KFC se geheime speseryeresep – op sosiale media gedeel het, het ander gebruikers gou met nog voorstelle vorendag gekom.

KFC het dié diepgebraaide pizza as deel van die #MakeItKFC-veldtog gemaak. (Foto: KFC)

“Kan pynappel in KFC omskep word? Wat van verjaardagkoek?” wou gebruikers weet.

“Idees het ingestroom en ons het besluit om Suid-Afrikaners te vra watter kossoorte smaakliker sou wees indien dit in KFC omskep is.”

Meningspeilings is gevolglik op sosiale media gehou om ʼn #MakeItKFC-spyskaart saam te stel. Sestien kossoorte het uiteindelik op dié spyskaart beland en is soos volg ingedeel:

  • “Suid-Afrikaanse stapelvoedsel”: Melktert, mielies, biltong en steak-pastei
  • “Eet jou groen groente”: Brusselse spruitjies; brokkoli en spinasie
  • “Sout en soetigheid”: Roomyshoring, verjaardagkoek, pynappel, druiwe en springmielies
  • “Braai die kompetisie”: Kaasburger, pizza, geroosterde hoender en sushi.

Grant sê ʼn KFC-koswetenskaplike en sjef is ingespan om die resep oor ʼn warm diepbraaier te vervolmaak.

KFC het 16 kossoorte op aanbeveling van sosialemediagebruikers omskep om soos KFC te proe. (Foto: KFC)

“Toe die spyskaart gereed was, is ʼn paar ondersteuners van die #MakeItKFC-veldtog na ʼn KFC-restaurant genooi wat vir die dag in ʼn eksperimentele kombuis omskep is. In plaas daarvan om gebraaide hoender te bestel, kon hulle die disse beproef wat hulle gehelp het om te skep.”

Selfs die verpakking is aangepas, met boksies waarop onder meer gestaan het “ek was voorheen pizza” of “ek was voorheen sushi”.

Volgens Macpherson het aanhangers die disse én veldtog soos soetkoek – oftewel KFC-soetkoek – verslind.

“#MakeItKFC het sommer as ʼn bietjie pret ná ʼn twiet begin, maar dit het gou ʼn lewe van sy eie aangeneem.

“Dit was ʼn kragtige herinnering aan die ewigheidswaarde van kolonel Sanders se geheime resep, wat hy 84 jaar gelede vervolmaak het. Dit kan enigiets werklik beter laat smaak.

“Maar kom ons wees eerlik: Niks troef die smaak van ons oorspronklike resep van vingerleklekker hoender nie.”

 

#MakeItKFC

Thanks to everyone who vibed with us at our ultimate 11 Herbs and Spices challenge! #MakeItKFC ???????? No worries if you missed out… Our OG chicken still reigns supreme, and it’s ready for you whenever you want it.????????????

Posted by KFC on Thursday, March 7, 2024

#MakeItKFC

ProVerb you asked for it…???? Now here it is. Get ready for your wildest food fantasy – an Italian classic meets our iconic original recipe. ???????? #MakeItKFC

Posted by KFC on Monday, February 26, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.