Bron van listeriose: Pick n Pay verwyder vleisprodukte van sy rakke

Argieffoto

Pick n Pay het Sondag gesê hy het alle verwerkte vleisprodukte wat met die listeriose-uitbreking verband hou van sy rakke verwyder.

David North, Pick n Pay se uitvoerende hoof vir strategie en korporatiewe sake, sê dié handelaar het met onmiddellike inwerkingtreding opgetree nadat die bron van die listeriose-uitbreking Sondag bekend gemaak is.

North sê klante kan gerus wees dat alle produkte, selfs dié wat deur Enterprise Foods en Rainbow Chicken Limited (RCL) vervaardig maar onder ander handelsmerke verkoop word, van die rakke afgehaal is. Dit sluit onder meer Enterprise Foods-handelsmerke soos Bokkie, Renown, Lifestyle en Mieliekip in.

Hy sê die handelaar gaan ook veiligheidshalwe alle verwerkte vleisprodukte van Rainbow Chicken Limited se Sasolburg-fabriek van die rakke afhaal. Boonop sal Pick n Pay se eie polonie, vervaardig deur RCL, ook onttrek word.

Pick n Pay het die versekering gegee dat alle yskaste en kosvoorbereidingsgedeeltes in sy winkels landwyd skoongemaak sal word om enige kruisbesmetting te voorkom.

North sê die produkte wat herroep is, sal vernietig word. “Die veiligheid van ons klante is altyd ons topprioriteit. Enige klant wat bekommerd is dat hy verwerkte produkte by een van ons winkels gekoop het wat moontlik die bakterie kan dra, kan die produk terugbring en sal sy of haar geld terugkry.”

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het tydens ʼn mediakonferensie by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes (Nios) gesê ʼn ondersoek het bepaal dat dié uitbreking direk na Enterprise Foods se Polokwane-fabriek in Limpopo herlei kan word.

Motsoaledi het bevestig dat ʼn ondersoek na Rainbow Chicken Limited (RCL) se Wolwehoek-fabriek ook onderweg is. Polonieprodukte van dié fabriek het reeds positief getoets vir Listeria monocytogenes maar nié die ST6-bakterie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Willem ·

Blykbaar is Enterprise en Rainbow se produkte die probeem, maar die escort produkte is heel in orde, sal hoog in aanvraag bly.

Adri ·

Wat staan mens te doen as jy onlangs (2 dae voor die afkondiging) van die produkte geeet het? Hoe lank voor simptome wys… Blykbaar tot 7 weke?

Susan ·

Baie goeie vraag wat ek ook n antwoord op soek wie sal ons nou antwoord

Jollies ·

Hoe seker is n mens dat gevriede of vars hoenders van Rainbow dit nie ook het nie?

GM ·

Wanneer is produkte verwyder? Ons het vandag nog Enterprise-produkte by ‘n PnP gekoop? Of word dit net by sekeres verwyder, en nie landwyd nie?

Carol ·

Ja ek wil graag ook weet. Kan n mens iewerste bloedtoetse laat doen. Moet n mens wag vir simptome….dan is dit dalk te laat.

Sarel swartbrand ·

Hierdie is n regte probleem ek het saterdag n hodog geëet is dit nou net enterprice en rainbow hoender of is dit nou net wat hulle weet ,hoekom toets al die voedsel produkte hierdie klomp sal maak dat ek weer by spur begin eet

Susan ·

Bietjie moeilik om produk te gaan terug gee aan pick n pay as dit reeds geeet is. Sal ook graag wil weet moet ons bekommerd wees het naweek ook chicken viennas geeet. Ek en kids al verkoue simptome voor dit gehad.

marie Groenewald ·

Ek het gistermiddag, net voor die aankondiging gemaak is, ham & polonies gekoop by Pick ‘n Pay EN daarvan al geeet. Nou wat nou?

Willie ·

Ja nee, so stort als in duie… waar is vleis beheer raad?

Henry59 ·

Nou wie betaal die Mediese onkoste en tyd af van die werk vir die van ons wat dit reeds gekry het, en behandeling ontvang het ?…………………

Peet ·

Ek sou dink mense wat van die produkte ge-eet het so gou moontlik by n doktor uitkom, veral jong kinders. Koop maar liewer by Woolworths of wie vervaardig hulle koue produkte ?

Andrea van Vuren ·

Die bron van die skandaal lê by swak higiëne by vervaardigers. Die owerhede moet gesondheidwerkers met kennis na die fabrieke stuur om die werkers ‘n paar lesse te gaan leer.

Magda ·

Woolworth het ook hul verwerkte vleisprodukte van die rak afgehaal

Liefie ·

Hene mense kan darem op hol gaan. As dit nie in die nuus was sou julle nie eers bewus gewees het van die gevare nie. Miskien moet julle begin bid dat God die voedsel seen wat julle eet.

Ronell ·

Sjoe ek wonder of min Motsoaledi nie weer die kar voor die perde span deur te verklaar die oorsprong van listeriose is afkomstig van Enterprise en Rainbow nie. ‘n Ruk gelede is ‘n veganis aan listeriose oorlede. Daardie oorledene het nie vleisprodukte geëet nie, slegs groente en vrugte, so wat nou?

E.K. die eerste ·

Ronell – ek stem – daardie spesifieke persoon het glo graag sagte kaas geëet wat by ‘n plaas/mark gekoop is wat blykbaar oorsaak was. Kaas wat van ongesteriliseerde melk gemaak is of sagte kase soos bv brie kan ook die oorsaak wees. Mens sou hoop dat hulle nou nie gelukkig is en dink dis nou die uiteinde en enigste oorsaak nie. Ek hoop hul sal steeds GEREELD verdere toetse op ander produkte doen! Die wat bekommerd was omdat hul reeds produkte gekoop het neem dit terug jul sal vergoed word, dis reeds so op die nuus gestel. As jy simptome het of onseker is gaan sien jou dr!

Alida ·

Ja wel die oorsaak van ALLES begin by Aaron. Die mense wat doodgaan in sy hospitale, die hospitale wat vrot is want hulle “skep werk” en stel enige een aan sonder enige integriteit. Wat het van die gesondheidsinspekteurs geword? Ek onthou daardie inspekteurs was baie streng en het weekliks die fabrieke, winkels en restaurante besoek sonder vooraf waarskuwing. Waar is hulle? En dit was nie net ‘n gewone “werksoeker” nie hulle was opgeleide mense met grade wat geweet het wat hulle doen. Niks is meer skoon en veilig nie. Mense werk met kos met vieslike lang naels sonder handskoene, kou kougom terwyl hulle jou bedien, hare wat los is en verpleegsters ploeter in crocks dan praat ek nie eers van die verwerkingsfabrieke nie. Daar is GEEN beheer oor die toestand waarmee daar met kos gewerk word nie. Dit alles kan voor die ANC se deur gele word.

SA Boer ·

Gesondheidsinspekteur word nou
” Environmental Health Practitioners” genoem . In terme van WHO se voorskrifte moet daar een EHP vir elke
10 000 van bevolking wees, ons werk tans teen 1: 60 000. Nou wonder julle hoekom Esidimeni en Enterprise Listeriosis plaasvind. Ons kan nie by alles uitkom nie.

Wonder Net ·

Daar is ‘n verskil tussen Enterprise en Rainbow. Die een is Tiger Brands wat Enterprise is en dan Rainbow se produkte. Lees die artikel. Enterprise se fabriek het hulle die ST-6 virus getoets wat hulle positief was. Hulle het wel ook by Wolwehoek getoets maar kon nie die ST-6 virus daar optel. Media kan ook met so iets vining op hol gaan.

Amelia ·

Die wortel van die kwaad is ons vuil water. Niemand gaan my anders oorreed nie. Waar kry dai mense hul water wat die vleis verwerk?????? As stoelgang ens in die riviere gepomp word, want van al die kieme en goeters soos listeriose? Hoe meer onbehandelde gemors in ons water voorkom, hoe meer gaan plae ons treister. Maar ja die slim Menere soos my tuinjong hul noem, warry nie, hul dra net suits en sorg vir hul rekenings.

Mich ·

Amelia,jy is absoluut reg. Dink ook dis water wat die oorsaak is.
Ons hoendertjies is juis so opgepomp van die “soutwater” wat daarin gespuit word ensovoorts. En wat van moontlike sabotasie by Munisipaliteite (reservoirs)nadat DA paar metros oorgeneem het?

fm ·

Ek lees vandag dat die sogenaamde “Wit Slym” wat van Brasilië ingevoer word die grootste oorsaak is. Die “White Slime” soos hulle dit noem is meganiese ontbeende hoenderbene en murgbene wat by verwerkte vleisprodukte gegooi word.

Poppie ·

Nou waar kom Audtralie aan hul listeriise? Vanoggend gehoor 3 is dood en 15 in hospitaal. Hul het spanspek geeet.

Elize ·

Poppie, dit kom natuurlik van vuil besmette water af wat die boere gebruik. Die kiem kan alles oorleef, is amper soos n kokkerot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.