Brondal-plaasaanval: ‘Veiligheidstelsels veral nóú nodig’

’n Veiligheidswag is dood en ’n boer ernstig beseer in ’n skietvoorval Maandag op ’n plaas buite Mbombela (Nelspruit). (Foto: Albert Gryvenstein / Bossies Community Justice)

“Hierdie aanval is ’n duidelike bewys, veral gedurende die Covid-19-inperkingstydperk, dat die polisie nie sy plig behoorlik sonder die hulp van plaas- en buurtwagte asook gemeenskapspolisiëringsforums kan nakom nie.”

Só het die Vryheidsfront Plus Maandag in reaksie op ’n plaasaanval in die Brondal-omgewing buite Mbombela (Nelspruit) gesê. ’n Veiligheidswag is tydens die voorval doodgeskiet en ’n boer is ernstig beseer.

“Die VF Plus het dit reeds verskeie kere aan Mpumalanga se LUR van gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, duidelik gemaak dat veiligheidstelsels weer ingestel moet word om die gemeenskap te beveilig en te hulp te snel indien nodig.

“Landelike gebiede en die boeregemeenskap is veral tydens die inperkingsperiode in ʼn kwesbare situasie,” sê Werner Weber, lid van die provinsiale wetgewer en provinsiale leier van die VF Plus in Mpumalanga.

Daar word ook verneem dat die drie verdagtes in uniforms soortgelyk aan dié van veiligheidswagte geklee was toe hulle op die plaas toegeslaan het.

Weber het dié toedrag van sake as kommerwekkend bestempel, juis aangesien aanvalle waarin dié uniforms gebruik word meer en meer begin plaasvind.”

Albert Gryvenstein van die organisasie Bossies Community Justice sê die boer, wie se naam en ouderdom nie in dié stadium bekend is nie, is volgens sy inligting onder meer in die skouer geskiet en dat sy long gevolglik ook beskadig is.

Maroela Media het berig dat die veiligheidswag op die toneel dood verklaar is terwyl die plaaseienaar met ernstige skietwonde in ’n noodhelikopter na ʼn hospitaal vervoer is.

Nóg ’n veiligheidswag en twee vroue het ligte beserings opgedoen. Dit is onduidelik wie die vroue is.

Gryvenstein sê die veiligheidswagte, albei van J&M/Fidelity ADT, is vermoedelik na die toneel ontbied om ondersoek in te stel toe hulle paaie met dié van die aanvallers gekruis het.

Die “swaar gewapende” verdagtes het aanvanklik in ’n Ford Ranger-bakkie gevlug, maar was nêrens te sien toe die voertuig sowat 500 meter van die huis gevind is nie.

Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem is nie. Die polisie het ook nie Maandag op Maroela Media se navraag reageer nie.

“Die VF Plus spreek sy medelye uit teenoor die familie van die veiligheidsbeampte en bid die boer en die ander beseerdes ’n spoedige herstel en beterskap toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Miskruier ·

Miskien as die dames nie daar was nie, was die wagte reg vir oorlog.

Harley Davidson ·

Dit sal baie naïef wees om op die polisie te vertrou ons het almal gesien wat hulle werd is met die afgelope betoging in kzn en Gauteng. Stukture moet in plek gekry word om die boere te beskerm.Ek stel voor ‘n tipe van kommando stelsel met opgeleide wagte en goeie leierskap gerugsteun met finansiële befondsing deur landbou unies.

Kokerboom ·

Dis wat Polisie vir jan publiek skynbaar verkies..verwys na berig oor mnr Serdyn…jy mag NIE boewe skiet in selfverdediging en as jy sodoende geskiet of gedood word …sooo jammer!!! Die boewe lag in hul mou en bang NIE SAPS!!!

Misky ·

Boere moet minder belasting betaal en fondse aanwend vir eie veiligheid. Die staat kan en wil hulle nie beskerm nie, so waarvoor so baie belasting betaal vir ‘n diens wat nie gelewer word nie.

Persheks Adri ·

Polisie gaan en kan ons nie beskerm nie punt pffft! Hulle reageer nie eers op navraag van Maroela nie patete. Ons sal onsself beskerm dankie hoed ons het julle nie nodig nie so gaan maar patete

Anoniem ·

Covid 19 het absoluut niks met plaas aanvalle te doen nie. Die Regering, Polisie, en al die ander Politieke Partye blaf elke keer in die lug as daar ‘n Plaas aanval was maar nog nooit het iemand ooit gepoog om daadwerklik op te tree en veiligheid vir Boere te verskerp nie. Hou op blaf en doen iets daaromtrent.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.