Bronkhorstspruit-kliniek gaan nie herbou word nie

Die polisiestasie wat afgebrand is. Foto: Brig. Neville Malila / Saps

Die polisiestasie wat afgebrand is. Foto: Brig. Neville Malila / Saps

ʼn Kliniek wat tydens ʼn diensleweringbetoging in Bronkhorstspruit afgebrand is, sal nie herbou word nie, het The Star Woensdag berig.

“Die departement gaan nie weer die kliniek of enige ander openbare gesondheidsfasiliteit herbou wat deur booswigte vernietig is nie,” het Hope Papo, Gautengse LUR vir gesondheid, gesê. “Ons sal die begroting aanwend in plekke waar daar ʼn behoefte is.”

Papo het die persone wat die kliniek, ter waarde van R3 miljoen, afgebrand het, as booswigte en kriminele beskryf.

Betogers het verlede maand sewe geboue in Bronkhorstspruit aan die brand gesteek insluitend die kliniek, biblioteek, saal en ʼn huis. Hulle het betoog oor ʼn voorafbetaalde elektrisiteitstelsel. -SAPA

Lees ook:
Skole sluit weens Bronkhorstspruit-betogings
Bronkhorstspruit-betogers brand kliniek ook af
Meer as 50 Bronkhorstspruit-betogers in hegtenis geneem
Bronkhorstspruit onluste: Biblioteek en huis ook afgebrand
Video: “Ons is al ‘n week sonder krag”
Foto: Betogers brand Bronkhorstspruit-polisiestasie af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erika de Klerk ·

Goeie besluitneming. Pas dit toe oral in die land waar plundery betrokke is.

Slim Daan ·

Ja Amanda. Die “ander plekke” waarna verwys word ontaard toe in Zums se privaatkliniek in Nkandla. From bad to worse……as jy my vra!

Jasper ·

Hoe redeneer of voer jy gesprek met mense wat tot sulke dinge instaat is ? Dit is die gemors aan wie die land weg geonderhandel is, ondanks waarskuwings van regse/konserwatiewe kant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.