Bronkhorstspruit-plaasaanval: Egpaar se toestand onveranderd

Waldi en Cynthia van Zyl (Foto: Verskaf)

Die egpaar wat Sondagaand op hul plaas digby Bronkhorstspruit in Gauteng deur ses aanvallers oorval en erg aangerand is, se toestand is onveranderd sedert die aanval.

Waldi van Zyl (64) en sy vrou, Cynthia (53), is steeds in die hospitaal nadat hulle vermoedelik tussen 17:00 en 18:00 deur die aanvallers op hul plaas, Spitskop, oorrompel en gemartel is.

Vasti Mills, koördineerder van die Bronkhorstspruit-veiligheidinligtingsnetwerk (BVIN), is in verbinding met die Van Zyl-egpaar se familie en sê hul toestand is grootliks onveranderd sedert Sondagaand. Waldi is in ʼn hospitaal in Alberton en Cynthia in ʼn hospitaal in Emalahleni (Witbank).

Waldi veg om sy lewe in die hospitaal se waakeenheid.

“Waldi is stabiel, maar steeds in ʼn kritieke toestand. Hy is steeds onder sedasie en nog nie by sy volle bewussyn nie,” vertel Mills. Sy sê die dokters sukkel nog met die wond op sy been en het intussen die aar wat afgesny is, gevind.

“Sy brein is ook baie geswel en hy is in geweldige pyn en daarom sedeer hulle hom nog baie swaar.”

Mills sê Cynthia is erg getraumatiseerd na die voorval en sukkel met erge hoofpyn. Sy is intussen van die waakeenheid na ʼn gewone saal oorgeplaas. “Sy gaan moontlik vir nog breinskanderings moet gaan.”

Waldi het onder meer gesig- en skedelfrakture en wonde aan sy been opgedoen en moes dieselfde aand na die aanval ʼn noodoperasie ondergaan. Cynthia het ʼn kopwond opgedoen en het kneusplekke oor haar hele lyf en snye aan haar bene.

“Met Covid-19 kan die Van Zyls se familie hulle nie besoek nie, wat die situasie vererger.”

Volgens konst. Munyadziwa Ramovha, woordvoerder van die Bronkhorstspruit-polisiestasie, ondersoek die polisie ʼn saak van huisbraak. Al ses verdagtes is steeds op vrye voet.

Waldi was die aand in sy werkswinkel op die plaas besig toe hy skielik deur die ses mans oorrompel is. Ten minste een van hulle was met ʼn vuurwapen gewapen.

Hy het om hulp geroep en Cynthia het ondersoek gaan instel en op die aanvallers afgekom terwyl hulle besig was om haar man aan te rand. Sy is daarna ook aangeval.

Die egpaar is glo met houtplanke en pype geslaan. Een van Waldi se bene is glo met ʼn hoekslyper gesny en Cynthia is met ʼn skroefbek aangerand.

Die aanvallers het ʼn groot bedrag geld geëis.

Die aanvallers is met twee vuurwapens, juwele, selfone en ʼn klein bedraggie geld en ander huisware vort. Hulle het hul buit op Waldi se wit Toyota Hilux-bakkie gelaai en in die rigting van die R104 gevlug. Van daar is hulle moontlik in die rigting van Bronkhorstspruit of Witbank.

Die Van Zyls se seun het kort na die aanval by die huis gekom. Cynthia het intussen haarself losgewikkel en hom geroep, waarna die nooddienste, polisie en gemeenskapslede ontbied is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Persheks Adri ·

Bring die verdomde kommandolede terug! Ons boere is verby dik vir die sinnelose aanvalle!

En Cele sê steeds dis vakansie misdaad die slim man mens sy groot hoed! Useless verby

Wakkerslaper ·

Stem 100% saam! Dis is tyd om self die Boere Kommando sisteem terug te bring! Of die terroriste staat nou daarvan hou of nie. Ons het die reg as volk om ons self te beskerm, hoe ook al, as die staat die nie wil doen nie!

Lorna ·

Daar word so baie optogte gehou en vreedsaam maar vertel my wat help dit??????
Niks
Ons is n bedreigde spesie
Onse Vader tree in asb ons kan onself nie help nie asb
Sterkte aan al2 van julle

Wakkerslaper ·

Lorna, vreedsame optogte, protes en onderhandelinge werk nie in Afrika nie. Ons moet dit nou begin aanvaar en ander planne op die tafel kry.

Tokkel ·

Huisbraak? Cele moet vir ‘n slag sy oë oopmaak en dan praat, want dit lyk my hy sien niks raak nie. So word ons boere uitgemoor dan word dit afgeskryf as huisbraak…iets om oor te braak ja!! Mens wonder net wie sit agter hierdie goed op onskuldige mense!! Sterkte aan julle en die familie.

Dries ·

Hopelik hoor ons spoedig in die nuus dat Bekkie Cele hierdie amper vermoorde egpaar in die hospitaal gaan besoek het om sy kommer te wys, soos wat hy in ander gevalle van misdade teen mense al gedoen het.

FM ·

Daardie groot bêk het gesê ons moet nie huil as ons seerkry nie. Wat se empatie verwag julle?
Dis beter om na die waarheid te kyk soos wat dit is.

ES ·

Ek hoop hulle herstel ten volle – net nog ‘n rede hoekom almal hulself moet bewapen en hul vuurwapens ten alle tye aan hulle dra.

Niemand beskerm ons nie so on moet dit self doen en paraat wees.

Althes ·

Dis blatante rassistiese haat! Hoe kan een pensioenaris ñ gevaar wees teen 6 aanvallers?
Dis onnodig om te martel.
Die motief is baie duidelik. Die ANC kan nie die tipe geweld aanvaar nie, want dit sê baie van ons gemeenskappe.

Wakkerslaper ·

Verstaan ek dalk verkeerd? Die VN erken die reg van volke om hulle self te verdedig, veral wanneer daar ‘n gewapende aanval uitgevoer word teen daardie volk. Is daar nie al genoeg bewyse dat die Boerevolk sistematies en gewapend deur die ANC regime aangeval word sedert 1994 nie?

Wat van die ontkenning van ramaphosa oor plaasaanvalle? Wat van cele se onlangse aanhitsing tot geweld teen Boere? Wat van malema se aanhitsing tot geweld teen Boere en die staat se indirekte ondersteuning daarvan?

Ek wonder maar net…

Niklaas ·

Dankbaar is ek, dat hul nie gedood is deur daai 6 kriminele nie. Ons blankes is in isolasie, op ons eie. Waaksaamheid moet net nie verslap word nie.

Vanessa ·

Ek kan my nie eers indink deur watter hel hierdie mense is nie. Dis net God se genade wat mens kan help om weer normaal te funksioneer nadat mens deur sulke trauma was. Ek bid vir julle en hoop dat God julle volkome sal genees.

Rooikoos ·

Is dit moontlik vir ‘n volk om oorlog te verklaar in ons huidige situasie in RSA?

Wakkerslaper ·

Rooikoos, ek het al baie hieroor gewonder. Is daar moontlik genoeg bewyse en ‘n billike saak vir die Boerevolk?
Die 2de referendum het nooit plaasgevind nie (volksverraad);
die ooreenkomste tydens die sg. onderhandelinge word nie nagekom nie;
daar is sistematiese en toenemende diskriminasie teen ons as blanke (en spesifiek Afrikaner;
daar is pogings om ons te ontwapen;
ons het basies geen reg op selfverdediging binne SA nie (slagoffers van misdade wat uit noodweer optree word dikwels die beskuldigdes);
plaasaanvalle gaan met uiterse geweld gepaard (bv. marteling);
plaasaanvalle word deur die staat en president openlik ontken (terwyl statestieke die teendeel bewys);
die goedpraat van plaasaanvalle en aanhitsing tot geweld teen blankes (Boerevolk) word nie deur die staat veroordeel nie – inteendeel…;
daar is geen daadwerklike poging van die staat om ons as Boere (landelik en stedelik) te beveilig nie;
ons kultuur, erfenis en monumente word toenemend deur die staat as krimineel beskou.

Inkpot ·

Als is al gesê oor hierdie wrede aanvalle en moord op boere, maar niks word gedoen nie, dit raak net erger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.