Bronkies sonder water oor woedende werkloses

Water loop straat af in Bronkhorstspruit. (Foto: Verskaf)

Sommige inwoners van Bronkhorstspruit in Gauteng sit al twee weke lank sonder water in hul krane terwyl munisipale werkers dit nie waag om die dorp se waterkrisis op te los nie.

Dit is omdat munisipale werkers sedert 22 Augustus deur ’n groep werklose lede van die gemeenskap met geweld uit hul kantore gejaag word, terwyl dienslewering op die dorp tot stilstand gekom het.

Vier hoofwatertoevoerlyne het te midde van die onrus op die dorp gebars terwyl ’n pomp by die watersuiweringsaanleg die gees gegee het. Geen herstelwerk kan egter al weke lank aangepak word nie aangesien munisipale werkers vir hul lewe vrees.

Intussen stroom skoon water straataf op die hoek van Joubert- en Genl. Louis Bothastraat.

Pieter Deysel, inwoner van Silwerstraat op Bronkhorstspruit, vertel dat hy die afgelope twee weke emmers water aandra om na sy vrou om te sien wat bedlêend is.

“Ons gaan nou die derde week sonder water binne. Ons is gestrand hier. Ons kan niks doen nie. As ons die badkamer gebruik moet ons ’n emmertjie water saamvat. Ons het ook geen warm water nie. Die water loop so ’n dun straaltjie en daar is nie genoeg drukking vir die geiser om te werk nie.

“Wat van al die elektrisiteit wat ons gebruik om water op die stoof warm te maak?” wil Deysel nou weet. “Ons kry nie korting op die elektrisiteit nie. Ons moet betaal. Elke sent. As jy nie betaal nie, word jou elektrisiteit afgesny.”

Talle inwoners deel Deysel se frustrasie.

“Ons kan nie bad nie. Ons kan nie klere was nie. Ons kan niks doen nie,” beaam Angelique Liebenberg, inwoner van Corneliusstraat.

Liebenberg sit sedert verlede Donderdag sonder water. “My seuntjie het ekseem en dit raak erger want hy kry nie die vogtigheid van ’n bad nie.”

Deta Rossiter, nog ʼn inwoner, het weens ’n gebarste pyp sedert Vrydag net ’n straaltjie water by die huis en by sy werkplek op die dorp. “Ons moet by die werk skedules opstel vir wie volgende badkamer toe gaan. Dit neem ’n halfuur vir die toilet om vol te loop.

“Dit is ’n nagmerrie,” vertel Rossiter.

Onrus

Só lyk die munisipale kantore in Bronkhorstspruit. (Foto: Verskaf)

Inwoners van Bronkhorstspruit sê hulle betaal nou vir die gelag nadat die munisipaliteit se kantore aanvanklik beskikbaar gestel is vir sake wat niks met die munisipaliteit te make het nie.

Daar word beweer dat die munisipaliteit se streekshoof aanvanklik die munisipaliteit se eiendom vir die omliggende myne en Transnet beskikbaar gestel het.

“Advertensies wat onlangs geplaas is vir werk by die myne of Transnet het gelui dat aansoekvorms by die stadsraad afgehaal moet word. Die aansoekvorms moes ook weer daar ingedien word terwyl die onderhoude in die stadsraad se kantore gehou is,” verduidelik Carenesta de Jager, inwoner van Bronkhorstspruit en oudraadslid.

’n Groep werkers wat na hulself as die Regional Mining Committee verwys en erken wil word as ʼn struktuur in die mynbousektor, sien nou rooi nadat hulle nie werk by die betrokke myne gekry het nie. Hulle weier dat munisipale werkers hul werk voorsit en sommige werkers word selfs met die dood gedreig.

“Daar is in elke kantoor van hierdie dorp amptenare met geweld uit hul kantore gepluk,” sê De Jager.

Talle munisipale kantore, waaronder die lisensiekantoor op Bronkhorstspruit, staan toe.

Roeline Kotze, ’n inwoner van Pretoria, vertel aan Maroela Media dat haar seun op 23 Augustus in die ry gewag het vir sy tydelike rybewys. ’n Groep mans in klapmusse het ingehardloop gekom en geskree dat almal die lisensiekantoor moet verlaat.

Die lisensiekantoor is meer as twee weke later steeds gesluit en haar seun sit steeds sonder sy rybewys. “Dit is nie die mense van die lisensiekantore nie. Dit is lyk my dis mense van buite wat moeilikheid maak,” sê Kotze.

Stad Tshwane reageer

Só lyk die munisipale kantore in Bronkhorstspruit. (Foto: Verskaf)

Die Stad Tshwane – wat Bronkhorstspruit bedien – het intussen by navraag aan Maroela Media bevestig dat Bronkhorstspruit tans met slegs een pomp by die watersuiweringsaanleg moet klaarkom.

“Dit het daartoe gelei dat sommige gebiede in die streek wateronderbrekings ervaar as gevolg van die reservoirs se vlakke wat op hul laagste is. Een pomp is nie in staat om die kapasiteit van die hele streek te dra nie,” sê Lindela Mashigo, woordvoerder van die Stad Tshwane.

Mashigo het egter sy versekering gegee dat Tshwane besig is met ʼn proses om kontrakteurs aan te wys om aandag aan die dorp se waterkrisis te gee.

Oor die beweerde oorsaak van dié krisis het Mashigo verduidelik dat munisipale eiendom al vir jare op bespreking vir ander geleenthede beskikbaar gestel word.

“Alle munisipale eiendomme in die streek volg ʼn standaard prosedure rakende besprekings om van die eiendomme gebruik te maak.”

Dít sluit in besprekings vir nasionale sowel as provinsiale geleenthede of sessies, of enige ander verwante geleenthede wat vereis dat raadslede vir ʼn spesifieke doel met ander groepe vergader. “Dit sluit in georganiseerde tradisionele leiers of pastore, soos per versoek van raadslede, sê Mashigo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Miena ·

Rocco – ek woon in Bronkies en ons SAPD stasie is regoorkant die hoek van waar die Munisipale Lisensie kantore asook poskantoor is. Ons polisie beamptes gaan nie eers uit die gebou na die oprukkings toe nie. hulle maak die deure toe en sluit die staalhekke sodat hulle veilig binne is.

Swerwer ·

Lekker lag ek nou. Dit is nou tipiese ruggraatlose beamptes wat deur ruggraatlose Wesens aangestel is. Dit is waarom die w……… weghardloop sodra jy ‘n wapen tevoorskyn bring en skiet.

Nie Verbaas ·

Cele besig om nog n hoed te soek en kan nie eers n donkie ontplooi nie.

Kokerboom ·

Die gemors het oorgeneem!!! Hoekom laat belastingbetalers dit toe? Wanneer gaan hul opstaan?

Swerwer ·

Genade hoe op aarde kan so ‘n skrikbewind deur die wesens gevoer word. Is daar geen SAP of Weermag lede beskikbaar om die die klomp wesens op hul plek te gaan sit nie. Beheer en bestuur nou ‘n “dorp” met sulke wesens dan praat mens nie eers van die land nie! O Nee……………….mag die Sonvloed tog asseblief vinnig plaasvind.

Miena ·

Ek woon in Bhs. en die nood is regtig besig om erg te raak. Gelukkig het ons n boorgat en het op ons plaaslike whatsapp groepe geadverteer dat mense vanaand kan kom water haal met hul eie houers. – omdat ons werk. Maar my hart is seer vir die mense wat deur die dag sit sonder water. Die pype is klaar besig om leeg te loop na die hoeer areas toe. Ons gemeenskap is regtig op ons kniee terwyl ons stadsraadslede en amptenare in hogere posisies net die kop wegdraai van die probleem af.

Mariana ·

Dis tyd dat die oproermakers in hul spore gestuit word en die waterkrisis gaan al vir lang tyd aan. Hoe kan dit toegelaat word. Die klomp maak als op die ou end erger en steeds sal daar nie werk vir hulle wees nie. Polisie is mos soos gewoonlik ook glad nie naby nie.

Elize ·

Die ding is hierdie wesens is nie gepla om te bad nie. Een keer ‘n jaar is genoeg en doen hulle ding agter ‘n bossie

Danie ·

Dit is die probleem wanneer daar organisasies toegelaat word om mense te verteenwoordig vir wie 30% ‘n uiterste prestasie is. Jy begin dus met sulkes op wie grond neersien, wat verstandelike vermoëns betref.

Die 30% sal en kan ook nooit verstaan hoekom hulle die gevolge van hulle uiterste swak besluite moet dra nie. Dit maak ook nou regtig nie saak dat hulle nie verstaan nie. Hulle gaan maar net moet.

Die help nie om dieselfde mislukte reseppie te volg en dan in uiterste onkunde te hoop dat die uitslag darem die keer ‘n sukses sal wees nie.

Hayntjie ·

Die regering sal baie sterk en indien nodig met geweld moet begin optree teen hierdie wettelose gedrag van sekere lede van die gemeenskap. Die regering kan tog nie hulle rug hierop keer nie.

Jacobus ·

Die regerings amptenare is self n klomp skelms, so wat verwag jy.

Elméne ·

Wat se regering?? Praat jy nou van die spul CancER narre??

Pannies ·

Lyk of die skuim die land oorneem en die patetiese SAPS net toeskouers is.

hpven ·

Kom woon in Bloemfontein Fichardtpark, Pellissier wat ALWEER sonder water is en vannaand ALWEER, volgens Eskom, ure sonder krag gaan wees. Boor ‘n boorgat, installeer sonkrag en grawe ‘n put toilet en groet dan die ANC regime en sy meelopers.

Tokkel ·

More staan hulle weer bakhand en huil daar is nie water nie….EISH!

Johan ·

Wonder wat het van die Nattes geword wat ons belowe het alles sou maanskyn en rose wees met die weggee van ons eens pragtige land? Hierdie verraaiers blyk nou nerens te wees nie en FW se beloftes weergalm nou in die vuil gevandaliseerde gange van munsipale geboue in SA.

In 1942 het Addallah se ma, na die slag van Granada aan hom gesê: “Dit pas jou om te ween soos ‘n vrou oor dit wat jy nie wou verdedig soos ‘n man nie!”

Moedeloos ·

Kry hierdie mense nog salarisse wat niks doen nie en eens op kantoor is nie. Dan wonder ek as hul wel salarisse kry hoe en waar word dit gedoen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.