Bronne sê Pierre Korkie leef

Pierre Korkie

Pierre Korkie

Die Gift of the Givers-organisasie het Donderdag gesê bronne in Jemen het bevestig dat Pierre Korkie, die onderwyser van Bloemfontein wat deur militante as gyselaar aangehou word, steeds lewend is.

“Ons het sowat 10 dae gelede bevestiging van meer as een bron ontvang dat Pierre lewe. Hy en ʼn ontwikkelingswerker vir die Verenigde Nasies van Sierra Leone, wat ook verlede jaar ontvoer is, is saam gesien,” het Imtiaz Sooliman, hoof van die organisasie, in ʼn verklaring gesê. “Hulle word van die een streek na ʼn ander verskuif.” Sooliman het egter gesê die bronne kon nie kommentaar lewer oor Pierre se gesondheid nie.

Pierre se vrou, Yolande, het Woensdag opnuut in ‘n videoboodskap ‘n beroep gedoen op die militante vir die vrylating van haar man. Yolande het in Februarie ook in ‘n videoboodskap vir haar man se vrylating gepleit.

Pierre word op 27 Mei reeds ‘n jaar lank aangehou. Hy en Yolande is verlede jaar in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat die Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het.

Daar is in Maart vanjaar vir die laaste keer nuus gehoor oor Pierre. Sy ontvoerders eis R32,5 miljoen vir sy vrylating.

Klik hier om Yolande se nuwe video te sien.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.