Brooklyn-polisie op soek na dié man

Die polisie in Brooklyn, Pretoria, is op soek na dié man Grafika: SAPD

Die polisie in Brooklyn, Pretoria, is op soek na dié man Grafika: SAPD

Die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria het Donderdag gesê hulle is op soek na ʼn man (sien aangehegte foto) wat hulle glo kan bystaan in hul ondersoek in ʼn saak van huisroof.

ʼn 55-jarige vrou van Waterkloof en haar seun is op 27 Januarie deur vyf gewapende mans in hul motorhuis oorval, net toe haar seun na Johannesburg wou vertrek. Die vrou se vriend was in die huis.

“Die rowers het die vrou en haar seun in die huis teruggedwing. Hulle het al drie slagoffers met kabelbindertjies vasgemaak,” het kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een van die mans het die vrou deur haar gesig geklap terwyl hulle juwele, vuurwapens en kontant geëis het.”

Die mans het die huis geplunder op soek na juwele, elektroniese toestelle en ander items. Hulle het met hul buit in die vrou se BMW en ʼn wit motor (fabrikaat onbekend) gevlug. Die vrou se motor is later dieselfde dag in Olievenhoutbosch gevind.

“Een van die verdagtes is ongeveer 1,5 m lank en is slank gebou. Hy is ongeveer 30 jaar oud met kort hare en skeermerke. Hy het Engels en ʼn Afrikataal gepraat en was baie aggressief.” het Weilbach bygevoeg.

Enigiemand met inligting kan ao Frank Radue kontak by 082 961 5252 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Zoos ·

Ek werk in Brooklyn en dit gaan deesdae baie rof hier. Ons kan nerens meer veilig voel nie. Hulle het al van 01/01/2017 3 mense buite ons werk beroof

Shame ·

Sterkte aan die gesin, maar MOENIE hulle ‘n kans gee nie, beveilig WEEREENS jou eiendom . elektriese heinings .. doen alles om seker te maak hulle kom nie by jou uit nie, dat jy nog ‘n fighting chance het of ‘n kans op oorlewing .. Ongelukkig gaan hulle vir sagte teikens en ongelukkig val hulle jou aan as jy dit die minste verwag. Die klap in die gesig is maar net weer ‘n MAGSVERTOON van ‘n swartman jeens ‘n witvrou. Sy moet geklap word want hy wys sy DISRESPEK teenoor haar .. wat hy nie verstaan nie . as hy my disrespekteer se dit alles van SY KARAKTER, nie van myne nie . hulle het nog nie so ver gevorder om dit te verstaan nie . dit is nog net altyd CHAOS< MINAGTING , aanranding, brandstigting wat hulle gelukkig maak. Shame.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.