Brooklyn-polisievideo: Man wat klaer glo afjak stel sy kant

Argieffoto

Argieffoto

Die ondersoek na ʼn onlangse voorval by die Brooklyn-polisiestasie waarvan ʼn video wyd op Facebook versprei is, duur voort. Die video wys glo hoe ʼn man ʼn jong vrou van Pretoria se foon in die polisiestasie uit haar hande klap.

Die vrou, Jeanevie Swart (19), het op 23 Augustus die video op Facebook gelaai nadat sy glo ná ʼn traumatiese beweerde padwoede-voorval nie die nodige ondersteuning by die Brooklyn-polisiestasie gekry het nie. Die beweerde padwoede-voorval het tot ʼn botsing gelei. Lees meer hier.

Swart het destyds aan Maroela Media gesê die man, wat homself intussen as Kalafo Tlailane geïdentifiseer het, het geweier om haar te help om die ongeluk sowel as sake van aanranding, en diefstal van twee bankkaarte te rapporteer. Die bankkaarte is na bewering ná die botsing deur die ander party, twee vroue, uit Swart se motor gevat.

Die ander vroue wat in die botsing betrokke was, was reeds in Tlailane se kantoor toe Swart saam met haar ma, Monique, daar opgedaag het. Swart snr. het die twee kaarte op dié man se tafel sien lê en wou ʼn foto daarvan neem as bewyse. Die man het glo geweier en die foon uit haar hande probeer klap. Dit is toe dat Swart ʼn video begin neem het, waarin dit voorkom of die man die foon uit haar hande klap.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat daar kort ná die voorval ʼn klag teen die polisie aanhangig gemaak is en dat die ondersoek voortduur. “Die nodige prosesse is aan die gang gesit en word gevolg,” het Weilbach gesê.

Weilbach het ook verduidelik dat die man slegs ʼn administratiewe klerk is, en nie ʼn polisiebeampte soos wat aanvanklik berig is nie. Administratiewe klerke word onder die Staatsdienswet aangestel en help die polisie slegs met administratiewe take, soos onder meer die opstel van botsingsverslae.

“Administratiewe klerke is nie by magte om kriminele verslae te neem nie. Dit moet deur ʼn polisiebeampte in die gemeenskapdienssentrum gedoen word. Dit is egter baie belangrik dat klerke ook die kliëntediens lewer wat van polisiebeamptes verwag word,” het Weilbach gesê.

Tlailane het sy weergawe van wat tot die voorval gelei het, in die vorm van ʼn verklaring aan Maroela Media gestuur. Volgens Tlailane het ʼn vrou die dag van die botsing sy kantoor binnegekom om dit aan te meld.  Die vrou het verduidelik hoe die botsing gebeur het en haar inligting is afgeneem. Die vrou het glo beweer sy is verbaal deur Swart aangeval en dat sy en haar ma ook fisiek deur Swart aangerand is. Volgens Tlailane het Swart ook sy kantoor binnegekom en het die vroue mekaar verbaal aangeval.

Tlailane het Swart glo versoek om na die klagtekantoor te gaan om ʼn saak van aanranding aan te meld. Tlailane het glo voortgegaan om die ander vrou se verklaring af te neem en volgens hom het sy ʼn petrol- en ʼn kredietkaart op sy tafel gelos.

“Toe die verweerder [Swart] weer in my kantoor inkom, het sy my van diefstal beskuldig en wou sy bewyse hê en het gesê haar prokureur gaan my vervolg. Ek het aan haar gesê aangesien sy my van diefstal aankla, ek nie haar verklaring van die ongeluk gaan neem nie en het haar aangeraai om dit by die gemeenskapdienssentrum af te lê. Sy het toe voortgegaan om foto’s van my te neem en ek het haar gevra om nie foto’s sonder my toestemming te neem nie. Sy het my gevra wat my naam is en ek het gesê ek is Kalafo Tlailane.

“Ek het toe voortgegaan en probeer om die foon uit die verweerder se ma se hande te neem. Ek het ook probeer om die foon uit die verweerder se hande te neem. Die verweerder het my geïntimideer en gesê sy gaan haar kêrel kry om my te slaan. Die verweerder het my kantoor verlaat. Ek het daarna nog ʼn kliënt gehelp en toe ná dié emosionele ervaring die stasie verlaat.”

Swart snr. het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy het nog nie terugvoer van die polisie ná die voorval gehad nie. “Ek was vir ʼn ruk uitstedig, maar onderneem om volgende week na die stasie te gaan en uit te vind hoe dinge vorder,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Janine N ·

Vir al wat ons weet, het die 19jarige haar soos ‘n brat gedra.

Asjas ·

Heel moontlik. Ek gedra my al soos ‘n brat wanneer ek parkering buite die Polisie Stasie in die straat soek (want sien in ons dorpie is jy nie welkom IN die Polisie Stasie nie). Die rede daarvoor is dat ek nog nooit ‘n positiewe ervaring in ‘n Polisie Stasie gehad het nie.

Dave ·

Pragtige antwoord Asjas. Bes moontlik is Tania en Janine jaloers op die 19jarige girl se kamera, bloes, halssnoer of populariteit in hierdie forum.

Asjas ·

Chris, ek was al by genoeg Polisie Stasies om verklarings to probeer afle om te glo dat wat die dame se is die waarheid en ek kan maklik insien hoe dit kan eskaleer na waar jy so boos is jy dink nie meer reguit nie en wil daai mense agter die toonbank die kant van die toonbank ruk en ‘n helse pakslae gee!
Sien! Ek lees net die berig en my bloed kook!!!

Elzaan ·

Tania, glo jy vir Kalafo? Jy dink tog nie Swart sou haar kaarte op sy tafel neergesit het nie???

Chris ·

Lees gerus Kalafo se weergawe… Hy moet net nog vlerkies kry!!!!

Kobus ·

Lees sy verklaring sorgvuldig om te sien how ‘n groot leuenaar hy is. Neem in gedagte dat hy nie ‘n polisie beampte is nie, maat weerspreek hy homself oor die afneem van verklarings. Hy sal nie Swart se verklaring afneem nie, want sy het hom beskuldig van diefstal. Hy het wel die regte diewe van die kaarte se verklarings afgeneem. Oeps, gelukkig hoef ek hom nie in die hof te verteenwoordig nie.

Gawie de Beer ·

Stem saam met wat jy sê verder waarom sal die dame haar krediet kaart en Petrol kaart uithaal om haar self te identifiseer??

Jaco ·

Die saak het drie kante, haar kant, sy kant en die waarheid. Albei het hulle self nie gedra nie, dus glo ek hulle altwee vruif hulle stories so bietjie blink. Ek kan nie se dat Poliesie stasies n uithang plek vir my is nie (gelukkig nie) maar al die keure toe ek by een was, was dit OK gewees.

susan ·

Kom nou mense het julle na al die jare in hierdie land nog nie geleer nie. Die ander groepie erken nooit iets, aanvaar nooit enige aanspreeklikheid of praat nooit die waarheid nie. Dit begin heelbo by die prez regdeur onder toe. ALTYD onskuldig. Piet Retief het dit op die harde manier geleer. Lyk my hier is van ons wat nog moet leer…

Wim Kotze ·

… en jare se ondervinding sê vir ons dit is hoogs onwaarskynlik dat Kalafa Tlialane homself sondermeer geidentifiseer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.