Brooklyn-sentrum: Vier verdagtes by mislukte rooftog betrokke

rowersDie Brooklyn-polisie is op soek na vier gewapende mans wat Sondag by ʼn mislukte rooftog by die Brooklyn-winkelsentrum in die ooste van Pretoria betrokke was.

Kapt. Colette Weilbach, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 19:00 plaasgevind, nadat die Woolworths-winkel vir besigheid gesluit het.

“Drie gewapende mans met klapmusse het toegang tot die winkel bekom,” het Weilbach gesê. “Die mans het die personeellede gedwing om op die winkel se vloer te lê. Al die werkers is vasgebind en van hul selfone ontneem. Iemand het intussen die polisie ontbied en hulle was spoedig op die toneel.

“Die verdagtes het gevlug nadat hulle nie die winkel se kluis kon oopkry nie,” het Weilbach bygevoeg. “Daar word vermoed dat die vierde verdagte in ʼn wegkomvoertuig vir sy medepligtiges gewag het.”

Weilbach het bevestig dat niks gesteel is nie, en dat die personeellede se selfone op die toneel opgespoor is waar die verdagtes dit gelos het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Enigiemand wat meer inligting het word versoek om die Brooklyn-polisiestasie by 012 366 1735/6 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

Lees ook:
Mislukte rooftog by Brooklyn-sentrum

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veronica ·

Geen vingerafdrukke op die selfone nie? Ek wonder of hierdie skurke nie eers dit ‘n gedagte gee deur watter hel hulle onskuldige mense sit nie. Hoop hulle word een-vir-een vinnig aangekeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.