Brown keur Molefe-heraanstelling goed

Brain Molefe Foto: ANA

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Vrydag gesê sy keur die besluit goed dat Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, weer in dié amp aangestel word om die res van sy kontrak uit te dien. Sy het hom teen bewerings van korrupsie verdedig.

Brown het aan verslaggewers gesê sy glo die reëling is ʼn beter waarde vir openbare fondse, as die raad se vorige besluit om ʼn pensioen van R30 miljoen aan Molefe uit te betaal, ʼn besluit wat sy teengestaan het.

“Kragtens die raad se voorstel, sal Molefe die res van sy oorspronklike kontrak tot September 2020 uitdien en die bepalings van vorige pensioenreëlings sal heroorweeg word.”

Maroela Media het vroeër berig Molefe sal sy amp as ANC-LP verlaat en weer as die hoof van Eskom terugkeer.

Die besluit is deur politieke partye, insluitend die ANC, veroordeel.

Die kritiek is gebaseer op bevindings deur die vorige openbare beskermer, Thuli Madonsela, in haar sogenaamde staatskapingsverslag, dat Molefe gereeld in kontak was met die Gupta-familie en dat Eskom, tydens sy bewind, alles in sy vermoë gedoen het om ʼn steenkoolkontrak aan te gaan met die familie se maatskappy, Tegeta Exploration.

Molefe het aan die einde van verlede jaar by Eskom bedank nadat die verslag vrygestel is.

Brown hou egter vol dat Molefe nie skuldig is aan enigiets nie, totdat die bewerings in Madonsela se verslag bewys is.

“Hy is nog nie skuldig bevind nie. Die verslag het ʼn aanbeveling gedoen dat verdere ondersoek ingestel moet word. Totdat die president nie ʼn kommissie van ondersoek aanstel of daar ʼn ander vorm van ondersoek is nie, is Molefe nie skuldig nie.”

Daar is verwag dat pres. Jacob Zuma Molefe as minister van finansies sou aanstel nadat hy as ANC-LP ingesweer is, maar Malusi Gigaba is in dié amp aangestel toe die president die kabinet in Maart geskommel het. Daar was gerugte dat die ANC se topleierskop geweier het dat hy in die portefeulje aangestel word.

Lees alle vorige berigte oor Brian Molefe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hendrik

gaan hy weer miljoene ontvang as hy weer die stoel verlaat? wie paat die waarheid? die persoon wie bekend gemaak het dat hy bedank het, of die persoon wie nou bekend maak dat hy vroeg uitgetree het.
hoe kan mens hierdie belaglikheid beskyf?

Chris

Mens kan net jou hande in ongeloof saamslaan en jou oë na Bo, vanwaar ons hulp vandaan sal kom. Ek het regtig nie meer woorde of die lus om die situasie te beskryf of te ontrafel nie. Dit was op ‘n stadium amusant maar genugtig so kan dit wragtag nie aangaan nie. Dit is ‘n komedie wat absurd is.

Fires

As daar gekyk word na die grootskaalse korrupsie en diefstal in die anc is R30 miljoen nie juis iets nie, so dit is ‘n swak verskoning van brown,sy is tien teen een ook deur die guptas aangestel

apie

niks wat hierdie regering doen dra ‘n greintjie integriteit meer nie. Dit het hulle ontbloot vir wat hul klaarblyklik is en dra geen skaamte dat die buitewereld dit weet nie . Ek wonder hoeveel van die kaders in die privaatsektor nie maar in wese hierdie selfde klad dra nie. Hulle maak dit onmoontlik vir die vele opregtes en talentvolles om erens te kom en gesien te word as mense wat wel integriteit het. Hulle trek almal af na rommelstatus vir die laaste happe aan die tafel van vreters….vir eie gewin terwyl armoede groei. Erger kan dit nie maar dit sal… Lees meer »

humor

Dit is waarom 1 Aprilgrappe so skaars was dit is alhoemeer oorskadu met n tragiese werklikheid. Ek glo z besef sy tyd loop uit en daar is bykans n besete gedrewenheid om sy planne deur te druk. Gelukkig kalwe dit ernstig aan sy eie magsbasis. Ons wag op die mosie wat moet dien, moontlik bied dit uitkoms.