Brown keur Molefe-heraanstelling goed

Brain Molefe Foto: ANA

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Vrydag gesê sy keur die besluit goed dat Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, weer in dié amp aangestel word om die res van sy kontrak uit te dien. Sy het hom teen bewerings van korrupsie verdedig.

Brown het aan verslaggewers gesê sy glo die reëling is ʼn beter waarde vir openbare fondse, as die raad se vorige besluit om ʼn pensioen van R30 miljoen aan Molefe uit te betaal, ʼn besluit wat sy teengestaan het.

“Kragtens die raad se voorstel, sal Molefe die res van sy oorspronklike kontrak tot September 2020 uitdien en die bepalings van vorige pensioenreëlings sal heroorweeg word.”

Maroela Media het vroeër berig Molefe sal sy amp as ANC-LP verlaat en weer as die hoof van Eskom terugkeer.

Die besluit is deur politieke partye, insluitend die ANC, veroordeel.

Die kritiek is gebaseer op bevindings deur die vorige openbare beskermer, Thuli Madonsela, in haar sogenaamde staatskapingsverslag, dat Molefe gereeld in kontak was met die Gupta-familie en dat Eskom, tydens sy bewind, alles in sy vermoë gedoen het om ʼn steenkoolkontrak aan te gaan met die familie se maatskappy, Tegeta Exploration.

Molefe het aan die einde van verlede jaar by Eskom bedank nadat die verslag vrygestel is.

Brown hou egter vol dat Molefe nie skuldig is aan enigiets nie, totdat die bewerings in Madonsela se verslag bewys is.

“Hy is nog nie skuldig bevind nie. Die verslag het ʼn aanbeveling gedoen dat verdere ondersoek ingestel moet word. Totdat die president nie ʼn kommissie van ondersoek aanstel of daar ʼn ander vorm van ondersoek is nie, is Molefe nie skuldig nie.”

Daar is verwag dat pres. Jacob Zuma Molefe as minister van finansies sou aanstel nadat hy as ANC-LP ingesweer is, maar Malusi Gigaba is in dié amp aangestel toe die president die kabinet in Maart geskommel het. Daar was gerugte dat die ANC se topleierskop geweier het dat hy in die portefeulje aangestel word.

Lees alle vorige berigte oor Brian Molefe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hendrik ·

gaan hy weer miljoene ontvang as hy weer die stoel verlaat? wie paat die waarheid? die persoon wie bekend gemaak het dat hy bedank het, of die persoon wie nou bekend maak dat hy vroeg uitgetree het.
hoe kan mens hierdie belaglikheid beskyf?

Chris ·

Mens kan net jou hande in ongeloof saamslaan en jou oë na Bo, vanwaar ons hulp vandaan sal kom. Ek het regtig nie meer woorde of die lus om die situasie te beskryf of te ontrafel nie. Dit was op ‘n stadium amusant maar genugtig so kan dit wragtag nie aangaan nie. Dit is ‘n komedie wat absurd is.

Fires ·

As daar gekyk word na die grootskaalse korrupsie en diefstal in die anc is R30 miljoen nie juis iets nie, so dit is ‘n swak verskoning van brown,sy is tien teen een ook deur die guptas aangestel

andrea van vuren ·

Fires, jy het voorwaar ‘n teer punt aangeraak. Ek kry die gevoel die Guptas skuil steeds iewers in die agtergrond en voer die arme ou Brown met inligting. Een van die dae bars Molefe weer in trane uit…

apie ·

niks wat hierdie regering doen dra ‘n greintjie integriteit meer nie. Dit het hulle ontbloot vir wat hul klaarblyklik is en dra geen skaamte dat die buitewereld dit weet nie . Ek wonder hoeveel van die kaders in die privaatsektor nie maar in wese hierdie selfde klad dra nie. Hulle maak dit onmoontlik vir die vele opregtes en talentvolles om erens te kom en gesien te word as mense wat wel integriteit het. Hulle trek almal af na rommelstatus vir die laaste happe aan die tafel van vreters….vir eie gewin terwyl armoede groei. Erger kan dit nie maar dit sal seker. In hierdie land is daar niks meer wat kan skok nie want jy verwag eintlik nou al die ergste van hierdie mense elke keer

humor ·

Dit is waarom 1 Aprilgrappe so skaars was dit is alhoemeer oorskadu met n tragiese werklikheid. Ek glo z besef sy tyd loop uit en daar is bykans n besete gedrewenheid om sy planne deur te druk. Gelukkig kalwe dit ernstig aan sy eie magsbasis. Ons wag op die mosie wat moet dien, moontlik bied dit uitkoms.

Johann ·

Skuis???? Aangestel deur n ANC Minister….maar die ANC wil dit nie so hê nie? Of word ons weer gwano gevoer? Ht seker sy Shebeen rekening om te betaal teen hoeveel honderde duisende rande se belasting geld n maand?????? SIEK SIEK SIEK!!!

Johann ·

Hehehehe. En party mense kla oor die apartheidsjare, daardie tyd het mens nog ‘n kans gestaan.

Francois ·

Hy was op kontrak by Eskom. Hy het bedank. As daar pensioen maandeliks afgetrek is kom dit hom toe, net die gedeelte wat hy betaal het. Ook opgehoopte verlof word uitbetaal, verder niks geen goue handdruk. Wie gaan die R30 miljoen betaal ons pensionarisse of die wat nog werk.
Ons pensionarisse gaan dit teenstaan want ons pensioen gaan benadeel word.

Blits ·

Dis regtig die eerste keer dat ek sulke snert hoor, hy het bedank PUNT, as hulle so dink dan kan almal wat voorheen in hulle werk bedank het terug gaan na die selfde pos selfde werk. dit maak geen sens nie. wie het die kamma kontrak so opestel dat as die knaap bedank hy R30 milj uit betaal moet word, is ons dan n welseinsorganisasie of wat, ek dink ek moet ook in die regeering gaan werk want dit lyk na n lekke job, jy kan net sit en niks doen nie dan word jy skat ryk. Lekke man

Steve Stephansen ·

Net nog een van Z se maniere om die Guptas sy spaarvarkie te laat vol word. Hy moet nou vinnig speel om die rykste ou in die wereld te word voor hy aftree….

Grassie ·

Dit is tog baie duidelik wat hier gebeur het. Die Guptas wil vir ou tjankbalie weer in beheer van Eskom laat aanstel sodat hul steenkool”kontrakte” kan voortgaan. Hulle het aan Zuma so opdrag gegee en hy het die opdrag oorgedra aan Brown. Die staatskaping wat Madonsela probeer stopsit het is nou weer in volle swang.
‘n Baie bekende ekonoom het ‘n tyd gelede verduidelik dat hierdie land se ekonomie soos ‘n stoomtrein sonder remme volspoed op pad is na ‘n baie diep afgrond, daar is nie meer omdraaikans nie. Sy woorde word byna daagliks reg bewys.

Justice ·

Het `n minister nog enige rol te speel in hierdie patetiese regering? Soos gesien met Dipeo Peters het Brown ook geen beheer oor hoe die ge-allokeerde fondse op buitensporige salarisse in hul onderskeie departemente gehef word nie. Dit is jammer maar uit my beskeie oogpunt maak vrouens soos voorheen gesien in Landbou nie effektiewe ministers uit nie. Hulle word huidiglik te maklik oordonder deur hul korrupte manlike kollegas.

Darius Els ·

cANCer bly maar net eenvoudig n terreur organisasie war danksy pink Frikkie aanbewind gekom het.
Molefe ,R30m? Pink Frikkie 40m?
Dis heerlike skelmstreke in SA.
MAAR ONTHOU MENS KAN NIE MAMMON EN GOD DIEN NIE!
So AL die dinge het begin by pink Frikkie.Nie eers n veiling gehou nie,sommer die land oorhandig.
WORTEL VAN ALLE KWAAD : NGK,NP EN DIE BROEDERBOND.PUNT

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.