Brown ondersoek Molefe-hofdokumente

Brian Molefe

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, bestudeer hofdokumente wat Brian Molefe ingedien het om sy afdanking as uitvoerende hoof van Eskom te daag, het haar kantoor Maandag gesê.

“Ons het Molefe se dokumente ontvang. Minister Brown se regspan bestudeer dit,” het haar woordvoerder Colin Cruywagen gesê.

Molefe het die arbeidshof genader nadat Brown die kragvoorsiener se raad verlede week opdrag gegee het om sy omstrede heraanstelling as hoof van Eskom te herroep.

Khulani Qoma, woordvoerder vir die Eskom-raad, het gesê Molefe het dokumente bedien op die minister en die raad. Die minister het nog nie ʼn repliek ingedien nie. “Die dokumente is Saterdag op ons beteken. Ons repliek is ook nog nie gefinaliseer nie, so ek weet nie wat die omvang van die raad se reaksie gaan wees nie.”

Die Demokratiese Alliansie het intussen gesê hy sal dadelik Molefe se arbeidsaak teenstaan. “Ons is van plan om dadelik in te gryp in die verrigtinge,” het James Selfe, voorsitter van die party se federale uitvoerende komitee, gesê. “Sy saak is gebaseer op die basis dat sy heraanstelling by Eskom op 11 Mei 2017 ʼn rasionele besluit was deur die raad van Eskom, maar die DA hou vol dit was definitief nié.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GES ·

Ek raai Molefe is nog steeds op die betaalrol. Wat pla … ? Dit is net die publiek wat skade ly. Hierdie situasie kan vir jare so aangaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.