Brown ontken Gupta-broer en vennoot was by haar huis

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Lynne Brown, die minister van openbare ondernemings, het Woensdag ontken dat sy enige foonoproep van pres. Jacob Zuma in 2015 ontvang het wat haar opdrag gegee het om drie van Eskom se hoof uitvoerende beamptes af te dank.

Dit staan in skrille kontras met Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van die Eskom-raad, se getuienis Woensdag tydens die ondersoek na bewerings van staatskaping by die kragreus.

“Ek weet nie van die gesprek nie, hoekom vra jy nie die president nie?” het Brown aan adv. Ntutuhuzelo Vanara, getuienisleier in die ondersoek, gesê toe sy haar oor die beweerde instruksie van Zuma uitgevra het.

Brown is deur Vanara gepols oor Tsotsi se bewerings dat hy ʼn vergadering met Dudu Myeni, omstrede voorsitter van die staatsbeheerde lugdiens SAL, gehad het waartydens sy glo vir hom gesê het om die drie beamptes af te dank.

Tsotsi het gesê die vergadering het by Zuma se ampswoning in Durban plaasgevind. Volgens hom het Zuma die vertrek binnegekom en gevra of hy weet watter drie beamptes geskors moet word. Volgens Tsotsi het Brown kort na die vergadering die skorsing van die beamptes – Tshediso Matona, Matshela Koko, Dan Marokane en Tsholofele Molefe – goedgekeur.

Brown het Woensdag net ná Tsotsi voor die komitee verskyn en onmiddellik sy getuienis bevraagteken. Volgens Brown was sy geskok dat Tsotsi haar nie van die beweerde ontmoeting met Zuma vertel het nie.

Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het vir Brown gevra hoekom sy nie dié oorsig onder die president se aandag gebring het nie. “Ek het nog nie vandag met die president gepraat nie, Tsotsi het die storie vandag eers vertel,” het Brown geantwoord.

Zola Tsotsi, voormalige raadsvoorsitter van Eskom (Foto: Chantelle Presence, ANA)

Volgens Brown was die skorsings die raad se besluit en het sy nie ʼn standpunt daaroor ingeneem nie. Sy het wel gesê sy is spyt dat talentvolle mense hul werke verloor het selfs al was hulle nie skuldig aan enige oortreding nie.

Volgens haar het die skorsings laat in 2014 plaasgevind toe Eskom fase 3-beurtkrag begin toepas het en hulself in ʼn power finansiële toestand bevind het. Sy het gesê dit was haar prioriteit om die oorsaak van dié probleem te vind.

Gordhan het haar gevra of sy spyt is dat die skorsing van die beamptes die afgradering van Eskom deur S&P tot gevolg gehad het. Brown het ontken dat dít die rede vir die afgradering was. Gordhan was opsigtelik geïrriteerd met haar antwoord. “Al waarmee ons in die gesig gestaar word, is ontkenning, ontkenning, ontkenning.”

Tsotsi het gesê hy is in Desember 2014 na Brown se huis ontbied en met sy aankoms was Tony Gupta en Salim Essa, ʼn bekende sakevennoot van die familie, reeds teenwoordig. Hulle het tydens dié vergadering die pligte van raadslede bespreek.

“Essa het sy idees oor hoe die raad moet lyk aan my gestuur en gevra om dit dan aan die minister te oorhandig,” het Tsotsi gesê. “Ek het ʼn lys van Essa gekry en ek sou die lys verander volgens dit wat ek gedink het dit behoort te wees. Sy [Brown] het dan die lys terugverander… kom ons stel dit só – my hande was afgekap.”

Brown het gesê Essa en Gupta was nog nooit by haar huis nie. “In dié stadium is dit my woord teen hulle s’n.” Brown het haar getuienis begin deur ʼn verklaring voor te lees en te sê haar regsverteenwoordigers het haar aangeraai om nie voor die komitee te verskyn nie, aangesien die proses “onbillik en onbehoorlik beskuldigend is en dat my verskyning net sal dien om ʼn voorafbepaalde tussentydse verslag wat ʼn herhaling van ongetoetste inligting bevat, te regverdig”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Mielie ·

Ek het wakker gebly vir PG se ondervraging en dit was deur en deur die moeite gewees. Hy het haar en haar regs verteenwoordigers n mondvol gegee. Ek het baie tyd en respek vir daardie man. LB se gesigsuitdrukkings was klassiek. Haar oë het vuur gespoeg. Sal die Guptas en Zumas ooit daar verskyn? Glo nie.

Johann ·

Hy sê sy sê hulle sê ons sê; almal sê! Wanner gaan wie wat DOEN om die vrot miernes behoorlik oop te krap en oop te hou vir n sarsie goed geplaasde uitroei kappe?

Buitestander ·

Al is die leuen hoe snel die waarheid agterhaal om wel.
Dit maak nie saak wat se posisie jy in die lewe bekleë!!!!
Omdat ek ‘n possie bekleë is nie te sê my woord is waar nie.

Alida ·

Dit is tyd dat daar van AL hierdie korrupte ministers ontslae geraak word SONDER vergoeding.

linda ·

Hierdie Lynn Brown ken al Zuma se geheime ens sy moes al lankal die trekpas gekry het !!

Carl ·

Die probleem het op Robben eiland begin, en dit moet dalk weer daar eindig.

kat ·

Bek-af, meer bek-af, mees bekafste!!!
Waarom dink ek daaraan?
Hoop dit is reg-gespel!!

Nita ·

Vir ons is gese: Sus praat die waarheid dan sal pa jou nie pakgee nie. Jy het net eenkeer probeer lieg en dan daai loesing gekry. Vandag se mense het nie so groot geword nie. En hulle lieg en bedrieg so! Geen mens kan n woord glo wat uit enige een se mond kom nie.

wilma ·

Sy is minister van openbare ondernemings en sy lyk so wild en onversorg!! Ag sies man sy grillerig sal eer met n tang aan raak..

Eish ·

Vra eenvoudig die Amerikaanse CIA om vir die datum n kopie te kry van die beweging van voertuie en mense by die adres. Hul zoom so pragtig in dat jy tot die Cabana Dolce kan ruik.

Johanna Botha ·

Ons weet mos al …as jy ontken is dit eintlik waar …so hulle was daar HALLOOO ….Lees die anc mense al soos n boek !

CHRISTA ·

Hoe kon ons regering en staatsdepartemente talentvolle werknemers links en regs afbetaal, maar as ons gewone burgers ‘n skoonmaker of tuinier wat stokkies draai en net by die werk opdaag wanneer en hoe laat hulle wil, afbetaal is jy KNIEDIEP in die moeilikheid!! HOE WERK DIT? Of kan die ANC net wegkom met ALS?

Johann Marx ·

Christa, dis omdat jy nie afbetaal met ‘n goue handdruk van miljoene nie….

kat ·

Nooit hulle skuld nie – totale ontkenning-Hulle lieg nou al so dat hulle hulself glo.

Pim72 ·

Glad nie ‘n ou prentjie nie…. As sy haar week gedoen het soos sy lyk dan was dit glad nie goed nie.

Frans C ·

Daar is ‘n leemte in die ondervraging nl. daar word bewerings en ontkenning van alle kante gemaak,sonder werklike konrete bewyse. In so’n atmosfeer is dit maklik om alles te ontken en te beweer.Dit wou voorkom of LB se advokaat dat op ‘n stadium as ‘excellent’ beskou het.

In die agterbanke was daar twee mans wat eerder dit wat hul op een se selfoon gesien of gelees meer belangrik as die gebeure wat voor hul ontvou ,beskou het.Waarom word daar nie vereis dat getuies hul e-posse of selfoongeskiedenis moet toon om hul bewerings en ontkennings te staaf nie.

Dit lyk my selfs notules en agendas van staatsinstansies is nie meer betroubaar nie.
Wat ‘n verotte administrasie. Geen wonder die land leef in ‘n rommelstatus.

A Mac ·

Teen die tempo wat van ons parlementslede lieg is dit moeilik om deesdae te onderskei wie die waarheid praat en wie nie. En as jy vantevore gejok het en jou antwoorde verkeerd bewys is gaan dit nie so maklik wees om jou nou te glo nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.