Brown steek stokkie voor betaling van R30 m. aan Brian Molefe

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Eskom se aanbod vir ʼn pensioenuitbetaling aan sy voormalige uitvoerende hoof Brian Molefe van R30 miljoen, verwerp en die raad skerp veroordeel dat hulle haar in die duister gehou het oor die saak.

“Ek het die raad van Eskom se besluit oor die voorgestelde pensioenbetaling oorweeg, en ek kan dit nie ondersteun nie,” het Brown Sondag gesê.

“Na my mening kan die pensioenbetaling nie as ʼn prestasiebonus beskou word nie, omdat Molefe reeds ʼn prestasiebonus ontvang het vir sy bydrae om Eskom om te draai. Die voorgestelde betaling is ook nie geregverdig nie in die lig van die huidige finansiële uitdagings wat nie net deur staatsbeheerde maatskappye in die gesig gestaar word nie, maar die land in sy geheel,” het sy gesê. “Ek het Eskom en die vyf ander staatsbeheerde maatskappye in my portefeulje in die verlede versoek om finansieel omsigtig op te tree en maatskaplike bewussyn te toon wanneer uitvoerende vergoeding oorweeg word.

“Gegewe die feit dat ek nie deel was van die kontrak tussen die raad van Eskom en Molefe nie, het ek die raad opdrag gegee om dringend met Molefe in gesprek te tree en binne sewe dae terugvoer te gee aan my met ʼn behoorlike voorstel vir ʼn pensioenbetaling.

“Dit is jammer dat só ʼn sensitiewe en privaat saak só roekeloos hanteer is. Ek het die raad uiteindelik ook versoek om ondersoek in te stel hoe die aanbod publiek gemaak is voordat ek die geleentheid gehad het om dit te oorweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Johann ·

Die ANC dink mos gedane sake het geen keer nie. Dis hoekom hulle mense nie vooraf inlig nie.

Jan ·

Klink vir my na ‘n positiewe stap in die regte rigting. Wat egter pla is die vraag hoeveel pensoengeld hy op geregtig is na n uiters kortstondige termyn by Eskom wat uitgeloop het op sy bedanking. Ons verbruikers betaal deur ons nekke en hy word begunstig met R 30 m na n paar maande????!!!!.

Loeis ·

Presies!!!

Maar gegee ‘n vorge Eskomhoof, Brian Dames, se miljoen Rand ‘n maand salaris, terwyl Eskom se skuld dramaties onder sy bestuur vergroot het, is hierdie seker nie in Eskom terme buitensporig nie.

Dit klink wel om Brown so bietjie ruggraat wys en gesonde oordeel aan die dag le. Ek wonder sommer of sy iets te se het oor Eskom en kernkrag, ‘n sakie waarvoor die land nog generasies gaan betaal, sou die Rosatom kontrak deurkom. Dit kan vir haar ‘n warm aangeleentheid word, synde haar president dit blykbaar graag wil laat gebeur. En ons weet uit ervaring wat met ministers gebeur wie met numba one vassit, maak nie saak wat die prys is nie.

André ·

Om homself te verryk, is hom self te verarm wat hom nie toekom nie!
2 Timothy 3:4 – ‘Lover of own pleasure’!

Hasie ·

Dankie Lynn Brown dat jy ook wakker geword het. Hierdie mense het geen benul van geld nie. Dit afgryslik om die minste te sê.

Louis ·

Ek wonder indien hierdie saak nie publiek gemaak was nie of sy dit sou goed gekeur het nie. Die publiek moet weet van sulke omstrede sake

Anoniem ·

Stem saam. Of is hierdie nou ‘n oëverblindery om die volk te laat dink die regering tree uiteindelik op teen korrupsie?

Vog die skems ·

Hulle roof ons en die persoonlike belasting is weer op met 1% , die land is af gegredeer en hulle teer maar net verder .

Big daddy ·

Die groot probleem is die mense het geen maar geen maar geen konsep van geldwaarde nie. Hulle hanteer n miljoen rand soos n R1000.

Hennie ·

Wanneer ‘n Eskomwerknemer bedank, kry hy net die pensioen wat hy inbetaal het, plus ‘n paar persent rente, hoekom word Molefe nie dieselfde behandel nie???

Johann ·

Maar volgens Molefe self her hy gekry wat hom toekom? Seker vir sy uitvoering van NUMBA WHINE se poppekas opdragte?

Cherokee ·

Hoe(veel) moet iemand presteer om benewens ‘n astronomiese salaris plus ‘n reeds gegewe prestasiebonus, na enkele maande diens, meer as R2m per maand as goue handdruk te kry? As molefe bietjie langer gebly het, het hulle dalk ‘n Nkandla vir hom gebou.

marous ·

In die duister gehou ? As dit onregmatig is , moet sy korrupsie sake laat ondersoek , nie weer die ligte afskakel deur hom te vra wat se voorstelle hy het nie.

Cherokee ·

Eerste keer wat Lynne Brown ‘n goeie indruk op my maak. Soos Hennie sê.. ag lees hom self, maar ek stem saam met Hennie. Nou bied hulle molefe (klein letters nie per ongeluk) sowat R2m of selfs meer per maand? Ek verwys weer na Hennie se skrywe.

Seker het die vorige regering (lees PW-spul) ook geskep maar verdômp(!) hulle het soort van, hulself nie (sò) vergryp nie!

andrea van vuren ·

En dan is daar die Vrystaatse skole wat moet sluit omdat daar nie fondse is nie. Hierdie korrupsie strek nog wyer as Eskom!

Johanna Botha ·

Die anc bewerg van skande na skande en daar is geen keer nie

Stoney ·

Hoeveel hop-huise, opgradering van gesondheidsorg en skole bou waar klasse tot 45 leerders in 1 klas sit, en die arme drommel help homself? Is daar geen kontrolering by finansie afd nie? Gee hom tee en koekies en ‘n koevert met 5 bloues en laat hy toer!

Johann ·

Wel, as julle nou R30 milj terugvat, en na julle weer somme gemaak het hom R10 mil gee, dan het julle ‘n wins van R20 mil. Daarby kan julle rente tel. En as julle so R1 mil vir my gee, sal julle dit nie een voel nie, dit kom sommer so uit die rente uit.

Manie ·

Die man gaan seker weer in trane uitbars nou dat sy geld gaan verminder. Hy het mos n traan gepik toe hy bedank. Seker toe gehoor van die 30 miljoen met sy bedanking vandaar die trane

sioux ·

ek dink hy was R30miljoen belowe on te bedank. hoekom moet hy enigsins “pensioen” kry as hy steeds vir die anc werk? dis miskien tyd dat die OB die persone wie veelvoudige posts of is dit portefeuljes in die guvie beklee, ondersoek en kyk na watse vergoeding hulle vir elk kry.

jaco ·

watse regstellende aksie is dit dat Lynn Brown wat ‘n Kleurling is, weier dat Molefe, wat swart is, sy golden handshake by Eskom kry? Dis mos rassisme vanaf iemand uit ‘n “not black enough” minderheidsgroep? Moenie my kruisig oor hierdie kommentaar nie: ek weet van BAIE Kleurlinge vir wie daar al met werksaansoeke gesê is “sorry bout you are not black enough”. Hierdie vrou moet oppas. Sy gaan binnekort haar werk kwyt wees.

Justice ·

Dankie vir persvryheid en ondersoekende joernaliste – dit speel beslis `n rol en gaan nog meer van `n rol in die toekoms speel.

andre ·

elke pensioenfonds het reels oor uitbetalings by verskillende maniere van uitdienstreding.
volg net die reels mnre die raad van eskom.
FSB kan ook betrek word om te sien of hulle die reels nagekom het
enige ander uitbetalings moet uit eskom se eie reserwes kom

Chris ·

Mooi man. Hy gaan seker nie meer R30m kry nie, maar seker nou net R20m? Ek kan dit nie verstaan nie, hoe groter en meer jy aanjaag, hoe groter is jou “goue hand druk”

charmaine ·

Wat wil hy in elk geval met R30miljoen maak? As hy daar uit stap, stap hy maar net in die volgende korrupte pos in. Het hy gwerk daarvoor?glo nie, verdien hy dit? glo ook nie.

So good for Lynne Brown, you go girl!

John ·

Die’ tjankbalie is skynbaar gewoond daaraan om al die pad na die bank toe te huil. Nou gaan hy huil omdat hy nie kan huil nie.

Pietsepan ·

Die vermetelheid van hierdie boewe het geen perke nie. Dan is hy die man wat die spoorweg pensioen fonds ook leeg gesuig het. Wat ‘n skurk.

Scalla ·

Wonder hoeveel ander korrupte uitbetalings is reeds gedoen en geen haan het gekraai nie, die minister wat in die duister gehou is moet mos optree teen die skuldiges, geen gelde is aan hom verskuldig nie. Hul het geen benl van geldwaarde nie.

Tammy ·

Die land is al leeg gemelk, Dit kan nie so aanhou nie, Die melkers moet tronk toe gaan. Wie het hierdie fenominale bedrag goed gekeur???? Smyt hom in die tronk vir so n roekelosese besluit.

vytjie ·

Hy ht nie meer trane om te huil nie. Nou wil hy met daai geldjies trane oor die Toonbank koop vir sy volgende goue handruk

Rynhardt ·

As Eskom weer kragprobleme sou ervaar, moenie die held kom soek by jan publiek nie, gaan soek liewer daai R30miljoen by Brian Molefe, vriend van die Guptas.Brian kry reeds as LP n groot salaris waarvoor Jan publiek moet opdok.Te veel ouens in politieke spektrum word oornag miljoeners, soos bv.Ramaphosa wat R226000p.m.verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.