Brown vra PA om te bedank ná Gupta-aantygings

Lynne Brown. Foto: Ntswe Mokoena/Flickr/GovernmentZA

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Woensdag haar persoonlike assistent, Kim Davids, gevra om te bedank ná berigte oor haar beweerde bande met die omstrede Gupta-familie.

“Ek is die afgelope week gekonfronteer met die bewerings teen Davids. Ek het in belang van regverdigheid haar gevra om te reageer op hierdie aantygings. Ek is tevrede met haar terugvoer maar voel die voortslepende aantygings teen haar sal die legitimiteit van my kantoor in twyfel trek,” het Brown gesê.

“My besluit beteken nie ek dink sy is skuldig nie, dit is egter belangrik dat my kantoor bo enige verdenking bly. Ek bedank haar vir haar diens en wens haar voorspoed toe.”

Brown se aankondiging kom ná mediaberigte oor die Guptas se beweerde invloed op Davids, op Brown se lewensmaat en op Richard Seleke, direkteur-generaal van die departement van openbare ondernemings.

Volgens die onafhanklike niewinsgewende sentrum vir ondersoekende joernalistiek, amaBhungane, is daar deur middel van die sogenaamde #GuptaLeaks-e-posse vasgestel die drie het bande met die Guptas. Dit het glo tot bedenklike aanstellings by staatsinstellings gelei en is glo ook die rede vir Brown se huiwering om aantygings van staatskaping by staatsinstellings te hanteer.

Davids het glo onder meer persoonlike aanstellings by staatsinstellings behartig en in 2015 Dubai besoek waar sy in die vyfster Oberoi-hotel oorgebly het. Die Guptas het glo vir hierdie reis betaal.

Davids het die reis na Dubai bevestig, maar kon nie verduidelik hoekom die Guptas glo daarvoor betaal het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andre ·

………dat my kantoor bo verdenking bly! Ag nee verstaan u wat dit beteken?

Neels ·

Die P,A. gaan definetief nie loop sonder n skikking nie want sy is nog nie skuldig bevind nie en dit gaan n arbeids saak word.Nou wonder ek hoekom bedank sy nie ook nie sy en haar lewensmaat word dan ook betrek by die saga. Beter sy ook maar die eerbare ding doen en bedank, maar hoekom sal sy dit is mos elke keer die ondergeskikte wat die houe moet vat namens hulle hoofde.

Chris duPreez ·

Jy kan nie iemand vra om te bedank nie, dit kom neer op statutêre ontslag. Dit is so goed of sy is onskuldig gefire.

Piet Pille ·

Chris jy is reg, maar ek dink die Me Brown het die PA ‘n goeie omkoopsom aangebied, of sy stel haar in staat om ‘n eis in te stel. Me Brown is eintlik die een wat moet bedank, maar nou ja sy is hand om die blaas met Guptas en Zumas

jack daniel ·

Die skuldige wys altyd vinger na die ander. Haar hand is dieper in die pie as wat almal dink.

Ouman ·

Dis nou tipies die ou klerkie moet die houe vat maar die minister klou aan haar pos. Duidelik dat sy soos meeste van haar kollegas geen skaamte of integriteit het nie. Weereens bevestig haar optrede my siening dat politici die laagste vlak van lewe is. Sal my nie verbaas as die agbare minister binnekort weer in een van die sogenaamde Gupta Leaks ontbloot word nie. Sy is duidelik een van die bende.

Ouman ·

Dalk moet iemand die agbare minister inlig dat haar kantoor en haar integritreit lankal in sy maai is. Inteendeel dit het nooit bestaan nie. Sy leef in ‘n droomwereld.

Ernst ·

Haar persoonlike assistent sal seker ‘n groot goue hand druk kry en dan sal sy weer in ‘n ander pos aangestel word met ‘n verhoging vir haar moeite.

John ·

Al gewonder oor die tannie en waar sy vandaan kom… vreemde keuse.

Jaco Grobler ·

Wat ‘n bisarre opmerking. “Ek dink niebjy is skuldig aan iets nie, maar jy moet waai” En dit van’ n minister! Goeie aarde, ek voel jammer vir SA’ners wat deur sulke swak leiers regeer word.

wilma ·

Verstaan ek die berig verkeerd daar word verwys na Brown se lewensmaat , is dit nou die Kim Davids????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.