Bruce Fordyce aangerand, beroof tydens drafsessie

Bruce Fordyce (Foto: Facebook)

Bruce Fordyce, die wêreldbekende langafstandatleet van Johannesburg wat al nege keer die Comrades-maraton gewen het, is Vrydagoggend tydens ʼn drafsessie aangerand en beroof.

Fordyce het aan Maroela Media vertel hy draf elke Vrydagoggend sowat 10 km, en was maar vyf kilometer weg van sy huis toe ʼn motor met twee insittendes hom genader het.

Die kranige drawwer sê hy het vermoed die mense is “verlore en wou aanwysings vra”, en hy het daarom na die motor gestap.

“Toe ek afbuk om met hulle te praat, het die mans vuurwapens op my gerig. Hulle het toe uit die motor geklim en my begin skop en slaan, voor hulle my horlosie en drafskoene gesteel het,” sê hy.

Fordyce sê sy huissleutels was in sy broeksak, en die rowers het ook sy broek probeer aftrek omdat dié sleutels vermoedelik na ʼn selfoon gelyk het.

“Hulle kon egter nie daarin slaag nie omdat ek terugbaklei het, en toe ek in die bosse val toe een van die mans my slaan, het hulle weggejaag.”

Hy sê die horlosie en drafskoene was van geen waarde nie.

“Ek het al voorheen gehoor van rowers wat drawwers se tekkies steel, maar dit bly vreemd. Dié tekkies het al meer as 1 000 km voltooi, en dit ruik nie eens meer vars nie, so hulle kan dit maar hou. Ek was in elk geval van plan om dit binnekort te vervang.”

Fordyce het kort ná die voorval ander draftekkies by die huis aangetrek om die res van sy 10 km-drafsessie te voltooi.

“Ek het ʼn paar snye en kneusplekke, maar dis niks erger as wat jy in ʼn rugbywedstryd sou hê nie – en daaraan is ek gewoond omdat ek ook dié sport gespeel het.”

Die voorval is aan die polisie aangemeld, en ʼn ondersoek duur voort.

“Die polisie het kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn huis in die omgewing aangevra, so ons wag maar om te kyk wat gebeur. Ek is eintlik meer benoud oor my kaal boude wat op die video gaan wys,” skerts hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

André ·

‘n Mens is nêrens meer veilig nie. Moet maar volgende keer draf met ‘n pistool?

Mariaan ·

Ek wou so bitter graag my 10keer die Comrades doen. Het al 6 gedoen maar dit raak net te gevaarlik om te hardloop in die aand. So word als van ons weg gevat. Hulle draf die hele wereld vol maar ons opgevoede mense met verstand sal hulle nooit leed aandoen nie. So word mens se vryheid weg geneem deur satan!!!

Riaan ·

Volg eerder Bruce Fordyce se voorbeeld. Hyt onmiddelik daarna weer gaan draf. Hoekom die kwaad laat wen? Geniet jou lewe.

Nefie ·

Ai dis slegte nuus. Bruce is my held. Sy vertonings in die Comrades jare terug was amper bomenslik. Maar Bruce is ook ‘n held vir my omdat sy Parkrun ‘n groot rol gespeel het met my pad om my “gesondheid” terug te kry. Sy visie met die Parkrun is so onselfsugtig dis eintlik verstommend.

Maria ·

ha,ha,ha te oulik en darem taai man !mooi man! Haal my hoed af vir jou! Niks gaan sport mense keer nie
Ek ook een van drawers dra niks saam nie self my gehoor apparaat nie dra net ou stukkende tekkies aan doooood veilig “lyk baie arm”

Luan ·

Ek’t iets vermoed” maar tog na die kar gestap,ai. Nogsteeds nie jou skuld nie, maar die lot sn

Cherokee ·

Ag nee tog, lees weer asseblief en lees stadig die keer. Hou jou wysvinger daar waar jy lees,

Louwboepens ·

Luan lees asseblief dIe berig weer noukeurig.Hy het vermoed en NIE IETS VERMOED NIE!Daar is n hemelsbreë verskil.

Veritas ·

Ek sê mos dat die drawwery nie goed is vir ‘n mens nie. Hier is nou ‘n bewys daarvan. Gelukkig maar dom rowers wat dink dat drawwers baie waardevolle items saamdra wanneer hulle gaan draf.

Annatjie Z ·

Veritas – jy sit sekker die hele dag agter ‘n rekenaar en kry geen buitelug oefeninge nie.

Jakobus ·

Ons stap ‘n paar maal in die week, so ses kilometer op ‘n slag, dit is op ‘n pad wat teen ons drop in Die Laeveld verby loop. Daar hou nou en dan mense by ons stil om aanwysing na bv die Gemeenskap sentrum of die groot kerk, te vra, baie keer besoekers. Partykeer is die mense toetentaal op die verkeerde pad en sommer aan die verkeerde kant van die dorp. En ja, mens is maar gedurig bedag op misdadigers, want fietsryers was al in die verlede daar op die pad uit beroof. Maar wat maak mens, gebruik jy dan liewers glad nie die pad as drawwer of as stapper nie? Jy kan tog nie weghardloop as iemand aan die oorkant van die pad stilhou en beduie hy het hulp nodig of wil aanwysing vra nie.

Petro ·

Hoop hulle voete vrot morsaf..bly Bruce is ok…so ‘n legend ?

Engela de Klerk ·

Ek het vanoggend in digte misreën en op ‘n staproete tussen geplante lande van boere langs ons stad vêr gaan stap en sopnat gereën. My hart is seer vir Suid-Afrika. Ek woon in Kanada.

Cherokee ·

Natuurlik Engela, verkiesliker om tussen sneeuberge te woon as tussen skelms.

Ashlee ·

Puik gestel Bruce Fordyce. Klein pakkies kom met n gewedige knal!!

Boerseun ·

Interessant dat die struikrowers ook wit liberaliste en Mandela-aanbiddaars aanval. Het Fordyce nie jare gelede met ‘n swart bandjie om die arm die Comrades voltooi nie? Ons onthou… Ja, welkom in ons wereld waar wittes daagliks deur swart rassiste verniel word.

Dan ·

Heeltemal korrek, Boerseun. Toe haal die nuwe SA waarmee Fordyce nog altyd vreeslik ingenome mee is, hom ook in

toubs ·

het ek ook aan gedink, dis nou die libs wat gehardloop het met swart bandjies om die arm.

Johan. H. ·

Die omdat jy hulle wou help,,, Die naiewietyd is ons ondergang,

Michael ·

Die media moet ophou om polities korrek te wees en beter beskrywing gee oor die aanvallers gladnie diskriminerend of rasisties om die aanvallers te verwys nie ek wed julle Bruce het vir die polisie gese die kleur en ras van die aanvallers toe hy dit gerapporteer het.

jan van riebeeck ·

ek draf gereeld , my draf maatjie se naam is CZ , ook bekend as Mr PO7
Ek het nog net een keer probleme gehad langs die pad met mense wat my selfoon wou hê ek het vir hulle gesê jammer dit is myne , toe raak hule ongeskik daaroor , maar gelukkig toe my vriend CZ skielik na vore tree het hulle ongeskiktheid vinnig na benoudheid verander en hulle het onverskoning gevra en hulself vinnig uit die voete gemaak , dit was n lekker dag vir my , lekker gedraf en toe nog lekker gelag oor die hele grap na die tyd , my vriend CZ en ek het n hegte verhouding, ons gaan oral saam , hy lê in die nag langs my bed en is binne arm lengte selfs as ek stort , een vriend wat my baie gemoedsrus in die lewe gee , en nee hy is nie swaar nie , hy is soos n broer ;)
eendag as ek sterf sal CZ die laaste ding wees wat hulle van my sal vat , tien teen een nog uit my koue stywe hand , ek wens alle boere mense het n vriend soos CZ gehad , sou baie minder van hierdie hartseer stories moes lees

JoeV ·

Die persone wat jou foon wou afneem weet nou jy draf met ‘n vriend… wakker wees want hulle wil hom ook hê!

Oom Piet ·

Ek onthou nog toe Bruce die Comrades gehardloop het , het ons altyd gewonder wie gaan tweede kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.