Brug-ineenstorting: Derde persoon sterf

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Nóg ʼn persoon wat beseer is toe ʼn voetgangerbrug wat nog in aanbou was oor die M1-snelweg naby Sandton ineengestort het, het gesterf.

Dit bring die dodetal van dié voorval op drie te staan. Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, het die derde sterfte bevestig. “Ons spreek ons medelye aan die familie uit en ons sal die hospitaal besoek,” het Tau op die toneel gesê.

Die “Great Walk”-brug, wat die konstruksiefirma Murray & Roberts besig was om op te rig, het Woensdag ineengestort. Ten minste 22 mense is beseer toe die steierwerk geval het op motors wat op pad was op die M1. Van die beseerdes is in ʼn ernstige toestand.

Ondersoeke na die voorval is reeds aan die gang.

Die Grayston-afrit in ʼn suidelike rigting is oop vir motoriste en werkers is druk besig met opruimingswerk op die snelweg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Debs ·

Dis nou al die tweede persoon wat vir my vertel het, hulle ry elke dag onder daardie brug deur, en het gesien dinge lyk nie goed nie, en gewonde hoe veilig is hierdie brug……… Standaard, Inspeksies en goedkeurings is van uiterste belang.

Pierre Celliers ·

Murray &Roberts was al die jare ‘n baie gesiene en gerespekteerde instansie oor hul kwaliteit werk. Daarom was ek uiters verbaas om van hierdie geval te sien en te hoor!
Ek kan net raai wat gelei het tot hierdie gebeure, en dis regtig ‘n jammerte!
Geen steen raak on-aangeroer deur die huidige bestel om alles, uiteindelik, in puin te laat le nie!!!

Paul ·

Onthou die ineenstorting van die brug naby Bosbokrant in 1998? Dit was onder konstruksie deur Concor, wat ‘n deel van M&R is.

GB ·

Wat is die kans dat daar dalk dele van die konstruksie verwyder is vir “scarp metal” en dit gelei tot die ineenstorting ?
Murray & Roberts sowel as Dhv Haskoning het internasioanle aansien en hulle is spesialiste in hulle bedryf.

Paul ·

Selfs al was dit die oorsaak, sou dit nie juis ‘n verskil maak nie, want so ‘n struktuur moet deurgaans geïnspekteer word vir enige los of beskadigde komponente vir watter rede ook al.

GB ·

Wat is die kans dat daar dalk dele van die konstruksie verwyder is om te verkoop vir “scarp metal” en dit gelei tot die ineenstorting ?
Murray & Roberts sowel as Dhv Haskoning het internasioanle aansien en hulle is spesialiste in hulle bedryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.