Die departement van arbeid sal na verwagting Woensdag sy voorlopige verslag oor die ineenstorting van ʼn brug oor die M1 tussen Sandton en Wynberg in Gauteng vrystel.
Twee mense is dood en 20 beseer toe die steierwerkstruktuur op 14 Oktober ineengestort het. Verskeie ondersoeke is van stapel gestuur oor die voorval. Die stad Johannesburg, die polisie, die Ingenieursraad van Suid-Afrika en Murray & Roberts is besig met ondersoeke.
Murray & Roberts het tegniese-, ingenieurs-, reg- en forensiese spesialiste aangestel om die voorval te ondersoek.
Die departement van arbeid se verslag is die eerste wat gepubliseer word.
Lees alle vorige berigte oor die Grayston-brug op Maroela Media.
© RDM News Wire
Volgens berigte elders het ‘n vragmotor met die struktuur gebots..
Dit sal natuurlik deel vorm van die ondersoek. Daar was wel fotos gepaardgaande met sulke bewerings. En natuurlik ssou dit dan ‘n trefkrag van vele tonne veroorsaak het wat beteken dat so iets ‘n teiken kan wees vir terrorisme selfs al was die brug slegs tydelik. Betonversperrings voor die strukture kon/kan dit beskerm het teen sulke botsings. Vele dinge om te ondersoek.
Gaan kyk by voetgangerbrug oor die snelweg en langs Pretoria se Waterkloof sekondere skool wat `n vragmotor kan doen selfs met `n beton struktuur.
`n Tydelike staalstruktuur sal net meer kwesbaar wees.