Vyf mans is Saterdag in die Oos-Kaap doodgeskiet, ʼn dag nadat een van die slagoffers getroud is. Die voorval het op dieselfde plek plaasgevind as waar die troue gehou is.
Volgens brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het die familie Saterdag in Zwelitsha naby Katkop bymekaar gekom om die trouseremonie af te sluit.
“Die bruidegom en vier ander mans, tussen 30 en 50 jaar oud, het in ’n rondawel op die terrein waar die troue plaasgevind het, gesit. Daar word beweer dat ʼn onbekende aantal mans die rondawel binnegegaan en op die vyf mans geskiet het,” bevestig Kinana.
“Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan en spoorloos verdwyn.”
Volgens Kinana is die motief vir die skietery in hierdie stadium nog nie bekend nie.
Die polisie in Katkop het vyf aanklagte van moord aanhangig gemaak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Genl.maj. Zithulele Dlala, waarnemende polisiekommissaris vir die Oos-Kaap, het ’n 72‑uur-aktiveringsplan in werking gestel om die verdagtes op te spoor en beskryf die moorde as “harteloos en onsensitief”.
Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan die ondersoekbeampte, kol. Mtshiyo by 071 475 2292 skakel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ja Nee !!
GTA South Africa. A crime paradise to explore where you can kill just for the fun of it.
Te lekker in ons ou Suid Afrika maar skuim verwag, of nee wag, vereis respek. Ek het meer respek vir n dooie rot!
So ook die boere wat uitgemoor word, is ok iemand se pa of man of kind, maar daaraan word daar boggerol gedoen nie
Shame