Bruidegom “jammer” oor brand by trouplek

Jean en Lianné Greyling.

Jean en Lianné Greyling.

Jean Greyling (28), ʼn bruidegom van Bloemfontein wat ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek het nadat hulle sy troue gekanselleer het, het Donderdag in die hof om verskoning gevra, het Beeld Vrydag berig.

Greyling het vroeër in die Bloemfonteinse landdroshof erken dat hy die brand op 27 Julie by die Emoya-landgoed buite Bloemfontein gestig het.

Hy en sy vrou, Lianné Meyer-Bekker (nou Greyling), het die plek geboek vir hul troue, maar die troue is die dag voor die tyd gekanselleer omdat hulle na bewering nie die deposito betaal het nie. Greyling en sy vrou het later in ʼn restaurant in Bloemfontein getrou.

Buks Wesrand, die eienaar van Emoya, het Donderdag in die hof gesê hoewel hy Greyling se verskoning aanvaar, kompenseer dit nie vir die verlies wat hy gely het nie.

“Wat ek gedoen het, is glad nie reg nie. Dit was ’n aand van waansin. Ek wou niemand seermaak nie,” het Greyling aan die hof gesê.

Hy het gesê hy het besluit om skuld te beken, want hy is ’n Christen wat sy drie stiefdogtertjies van die Here wil leer.

Die verhoor is tot 25 Oktober uitgestel wanneer Greyling gevonnis gaan word.

– SAPA

Lees ook:
Bloem-bruidegom skuldig aan brandstigting
Bruidegom brand trousaal af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alweri Brand ·

Maroela, is dit nie “bespreek” ipv “geboek” nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.