Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die strooijonker, wat ʼn Jaguar bestuur het, is omstreeks 10:00 in hegtenis geneem nadat hy teen 180 km/h in ʼn 120 km/h-sone betrap is op die N1-suid. Hy het glo gejaag om betyds by die kerk te kom.
Volgens Minnaar is die bruidgekom kort hierna in hegtenis geneem nadat hy teen 161 km/h betrap is in ʼn Proton. Albei mans is later op borgtog van R1 500 elk vrygelaat.
Minnaar het gesê 39 mense is reeds oor die Paasnaweek vir spoedoortredings en 500 vir dronkbestuur in Johannesburg in hegtenis geneem.
“Get me to the church on time . . . da-da-da-da-da-da-daaaaaaa . . . .”
(My fair lady)
“Get me to the church on time . . . da-da-da-da-da-da-daaaaaa . . .”
(My fair lady).
Die Metropolisie moes hulle op die voorwaarde laat gaan het dat wanneer die seremonie verby was die twee moes inklok vir die nag om oor te slaap in die selle. Dit sou ‘n goeie trou geskenk gewees het.
Ja dis goed die twee, bruidegom en strooijonker, saam op hulle honeymoom aand in die selle. Dan sal die bruid dalk besef waarvoor sy haar ingelaat het
Hierdie is vir my een van die snaakste berigte wat ek nog gelees het. Ek kry die bruid, gaste en vir hulle baie jammer. Maar het hul nie geweet dis Paasnaweek, en ORALS was spoedlokvalle. Ek was al op troues waar die predikant vergeet het, en van bruide wat laat was omdat hul veteraan kar gaan staan het….. MAAR HIERDIE BERIG VAT DIE KOEK.