Brussel-aanval: IS aanvaar aanspreeklikheid

Reddingswerkers buite die metrotreinstasie in Brussel ná 'n ontploffing op 22 Maart 2016 (APTN via AP)

Reddingswerkers buite die metrotreinstasie in Brussel ná ‘n ontploffing op 22 Maart 2016 (APTN via AP)

Militante van die Islamitiese Staat is verantwoordelik vir die bomontploffings Dinsdagoggend in Brussel, België, het die ekstremistiese groep se Amaq Agency gesê.

Amaq, een van die groep se multimedia-instansies, het gesê “vegters van die Islamitiese Staat” het in Zaventen-lughawe skote gevuur voor selfmoordgordels afgegaan het. Een van die selfmoordbomplanters het die Maelbeek-metrostasie geteiken.

Die kort verslag, wat eerste op Amaq se Engelstalige webwerf gepubliseer is, beskryf België as “ʼn land wat deelneem in die internasionale koalisie teen die Islamitiese Staat”.

Intussen het die uitvoerende hoof van die lughawe in Brussel gesê die lughawe bly Woensdag ook gesluit.

Die openbarevervoernetwerk het intussen ook weer begin werk. Een tremlyn en 11 buslane het omstreeks 16:30 (plaaslike tyd) weer bedrywighede hervat, het die operateur STIB gesê. Alle ander ondergrondse trein-, trem- en buslane bly gesluit.

België se krisissentrum het intussen gesê persone hoef nie meer binnenshuis te bly nie.

Volgens die krisissentrum is ongeveer 230 persone in die terreuraanvalle by die lughawe en metrostasie beseer, volgens die Belga-nuusagentskap. Minstens 31 persone is dood.

Lees alle vorige berigte oor die Brussel-aanvalle op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Nogal bekend ook in SA met o.a. die Kerkstraatbom (Pretoria) en die Magoo’s Bar bomaanval om maar net twee te noem. Alles vir sg. vryheid om ook onskuldige mense dood te maak en dan ook boonop amnestie te kry van die destydse lieg-en-bieg-kommissie.

wonder maar net ·

Solank as wat die liberale dink hulle kan hierdie bedryging met diplomasie en gesprekke oplos, sal dit met ons wees vir ‘n baie lang tyd. Terloops, kon nog nooit verstaan hoekom die VSA grootbroer wil speel in die streek – bly weg, los dit bv. vir Duitsland, hulle blyk baie lief te wees vir hierdie klomp. Konsentreer op die veiligheid van julle eie mense in julle eie land, ala Trump !!

juan ·

Hoe tragies wat gebeur het, dood gewone Belgiese burgers word op die mees barbaarse wyse doodgemaak. Selfmoord godsdienstige kranksinniges wat weier om te assimileer met die Belgiese bevolking en op die mees lafhartigste bloeddorstige wyse hulle boodskap die wereld instuur. Is dit dan nie n regering se 1ste verantwoordelikheid om sy burgers te beskerm nie, waarom dan volhard die Europeuse regerings met hulle liberalisme? Die enigste persone wat voordeel hieruit trek is juis hulle wat die tereur saai. Gaan liberalisme ons nog almal dood maak of dwing om ons Christelik Westerse beskawing prys te gee? Liberalisme sal nooit die stryd kan wen teen n politieke stelsel wat n monoteistiese geloof as kern het nie.

Michael ·

Ek dink dit is net ‘n kwessie van tyd dan gaan die Muslims Suid-Afrika ook teiken wonder tot watter geloof behoort die Guptas.Gaddafi het in 1989 gesê die Muslims sal Europa oorneem sonder om ‘n skoot te skiet hy was was 50%reg gewees

Rupert Ashford ·

Miskien moet jy bietjie meer uitkom…:-) Die muslims is alreeds stadig maar seker besig om Suid-Afrika oor te neem. Kyk hoeveel van hulle is in top poste in die ANC en die regering.

jaco ·

Europa is vol atheïste. Vrye seks, alcoholgebruik en n hele rits ander goed wat vir Islam sonde is, word algemeen in Europa aanvaar. So ek wonder maar net: hoe gaan die moslems hierdie miljoene sondaars in Europa tot islam bekeer? Die europeers stel dan nie eens meer in die christendom, met minder reels as islam, belang nie

Grassie ·

Michael – ek glo nie ISIS sal Suid- Afrika teiken nie. Die ANC- regering is so min of meer aan hulle kant.

m ·

Met hierdie mense in die samelewing kan niemand ooit rustig slap nie. Baie siek mense hierdie!!!!!!!!!!!!!!!!

Johann Marx ·

In my woonbuurt het “iemand” ‘n eiendom gekoop met ‘n leë erf langsaan…..en elke Vrydag tussen 12 en 2nm staan daar ‘n horde duur karre…..Volksvreemde mense stap in deur groot staal hekke, met baie wagte…..en die res van ons sit maar net en kyk en wonder.

Eliza-beth ·

Wat vir my die hartseerste is is dat hulle wyd en syd aankondig hulle is verantwoordelik vir hierdie moorde – want dis tog wat dit is. Dis ons julle, kyk wat het ons gedoen – asof dit iets is wat mens trots op moet wees. As dit iets was wat sou bydra to wêreldvrede, as dit iets was wat die mens se bestaan gaan vergemaklik of siektes hokslaan maarnee, dis nisk anders as moord op grootskala en hulle is gemaklik daarmee om verantwoordelikheid daarvoor te neem. Spul lafaards

elize naude ·

die mens vergeet dat moord en doodslag vanaf die 1ste ure van die skepping ons begelei toe daar nog geen geloof of ras die oorsaak was nie…. maar slegs en alleen die faktor MENS!!!

jaco6 ·

Ek moes my dinges afsukkel net om n toeristevisum vir Europa te Kry. Eks intensief oor my verlede, hede en toekoms uitgevra. Nou wonder ek maar net: hoe kom die bomplanters dan so maklik in Europa in?

Piet Pompies ·

Die aanmerking wat gemaak word dat SA nie vir ISIS hoef bang te wees kan dalk waar wees, die groter gevaar is die omgekeerde van die muntstuk. Die bewering word gemaak dat ISIS aktief is in SA en van hier af aanvalle beplan. Johannesburg (Fordsburg) en gedeeltes van die Wes Kaap word genoem. As hierdie instellings aangeval sou word deur anti-terroriste soos Amerika gaan onskuldige mense in die slag bly.

Trolle ·

Nou verander hulle daai lande in n police state ,en nou ly die gewone mens dit terwyl die lords van die wereld alles toegelaat het om te gebeur.Dit tyd dat daai mense in beheer vasgevat word vir hulle voute.

elize naude ·

die bomplanters woon en leef hier in europa… meestal onder haglike omstandighede sonder enige perspektiewe… sulke ghettos is ‘n broeiplek vir sulke onmenslike dade… en politici het ‘n groot aandeel daaraan met hul heb- & magsug….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.