Bryan Habana hang sy rugbystewels op

Die foto wat Bryan Habana op Instagram geplaas het.

Bryan Habana, voormalige Springbokvleuel, het Dinsdag op Instagram gesê dat hy aan die einde van dié seisoen finaal uit rugby sal tree.

Habana (34) het al 124 toetse gespeel, waarin hy 67 drieë gedruk het. Hy het al die Springbokke, Leeus, Stormers, Bulle en Toulon op die rugbyveld verteenwoordig.

“Die onvermydelike oomblik het aan my deur kom klop, en ek het dit ingenooi vir ʼn drankie,” het Habana op Instagram geskryf.

“Dit is nou meer as ʼn jaar van hoop, probeer, druk en gewilligheid om terug op die veld te kom, om vir ʼn laaste keer die soete oorwinning of die hartverskeurende wanhoop te proe. Om weer die bal uit die lug uit te vang. Om die laaste groot duik te kry, of om die wendrie te druk. Maar dit is ongelukkig nie bedoel om so te wees nie.”

“Ek, soos baie ander, sou daarvan gehou het as my loopbaan anders kon eindig, maar partykeer draai dinge nie uit soos ons gehoop het nie,” het hy geskryf.

“So teen die einde van die seisoen is dit vir my tyd om totsiens en dankie te sê aan die spel waarvoor ek so lief is.”

Habana het onder andere sy vrou, Janine, sy twee kinders, Timothy en Gabriel, sy afrigters, spanmaats, opponente, borge en aanhangers bedank vir die aandeel wat hulle in sy rugbyloopbaan gehad het en vir die ondersteuning wat hulle gebied het.

“Maar die grootste dankie is aan rugby, want vir my is dit regtig ʼn spel wat in die hemel gemaak is. Ek is ongelooflik dankbaar vir die herinneringe wat ek saam met my kan vat na my volgende hoofstuk,” het hy geskryf.

Lees ook: Bryan Habana, een van SA rugby se heel grootstes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hannatjie ·

Dankie Habana vir jou mooi gesindheid op en van die veld en vir jou opwindende lopies! ons gaan dit mis.

Pastoor ·

Baie begaafde speler gewees. Habanna nanna jy was een van die bestes ooit

Stephan ·

Ja, hy wie ookal die beste betaal het vir die seisoen veteenwoordig. Sport is dood.

Daan Erasmus ·

Aan alle jong rugby spelers. Leer hierdie les. Rugby is ‘n werk, dit is nie ‘n loppbaan nie. Maak nie saak hoe goed jy is nie. Dit kom tot ‘n einde. Jy moet ‘n plan B hê.

Stoney Steenkamp ·

Brian ou maat, baie geluk met n uitstekende era van rugby en jy sal onthou word as een van die bestes. Sterkte vir die volgende hoofstuk en onthou daai gras reuk vergeet jy nooit nie..

rollie ·

Dankie tog vir kwotas in ons rugby. Hierdie ou was briljant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.