BTW-verhoging: ANC maak seker arm mense betaal vir foute, sê Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: ANA)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het aan sy lede gesê die verhoging in BTW is die ANC se manier om seker te maak dat arm mense vir hul foute betaal en dat staatsgeld geplunder kan word.

Maimane het meer as ʼn honderd lede van die DA toegespreek, wat Dinsdag na die tesourie opgeruk het om die BTW-verhoging, wat deur die voormalige minister van finansies Malusi Gigaba aangekondig is, teen te staan.

Die BTW-verhoging van 14% na 15% tree volgende maand in werking.

“Ons verwerp die regering se planne om te vergoed vir hul spandabelrigheid en hebsug deur die arm mense selfs nog meer te belas. Ons verwerp die argument dat die enigste manier, om ons uit dié finansiële verknorsing te help, ʼn hoër BTW-koers en hoër brandstofheffing is,” het Maimane gesê.

Volgens hom sal die BTW-verhoging mense teiken wat die grootste deel van hul inkomste aan kos en vervoer spandeer. Hy het gesê die regering het nie alle moontlikhede ondersoek om geld te bespaar nie. “Die antwoord lê daarin om die luukshede uit te sny. Ons moet uitgawes besnoei wat ons nie kan bekostig nie.”

Maimane het gesê die regering is in ʼn posisie om bykomende inkomste te genereer deur sommige staatsbeheerde ondernemings te verkoop en die kabinet te verklein. “Ons het een van die grootste kabinette in die wêreld en ons het byna die grootste hoeveelheid internasionale besendings ter wêreld. Waarom? Want dit is hoe die ANC hul kaders vergoed. Ministers, adjunkministers, ambassadeurs en al die ander poste wat deur hierdie yslike regering geskep is. Dit is alles deel van ʼn buitensporige lojaliteitskema.

“Die waarheid is, ons het die helfte van hulle nie nodig nie. Ons kan begin deur die paar laaste Gupta-ministers af te dank, soos Malusi Gigaba en Bathabile Dlamini. Ons kan ons kabinet verklein tot 15 ministeries en ons kan ons internasionale besendings tot 69 besnoei. Dit alleen sal al R18 miljard bespaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Respek ·

Nou net verneem dat Ramaposa al met chartered vliegtuig gevlieg het wat aan die Guptas behoort.Interessant.Ek wonder nou of hy ook by die trour van die Guptas by Sun City.was? Ek weet Pandor was want sy was op n foto.op die voorblad van n koerant destyds.miskien moet iemand n slag die fotos van hierdie troue wys dan kan almal sien wie was almal.”gaste”? Dalk Ramaposa ook? Hy het dan so lekker met n Gupta vliegtuig gevlieg? en verlede naweek het hy met sy eerste buitelandse visit ook n vliegtuig gebruik wat vrae laat ontstaan het.Waarom gebruik hy nie SAL nie? Hy wil mos kostes bespaar? Hy het sy respek aan die Guptas uitverkoop kom dit voor.

Johanna Botha ·

Wel die meeste arm mense hou aan om vir die verkeerde party te stem ja anc …so nou sal hulle asb maar moet help betaal vir hulle zuma se foute .

Yvette Boshoff ·

Die woord ‘besendings’ in die berig moet seker ‘bestedings’ wees?Baie dankie vir goeie verslagdoening.

Sune van Heerden ·

Dagsê Yvette

Dit verwys inderdaad na die “missions” wat in oorsese lande gestig is – die ambassadeur en sy span.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Krappie ·

Dis wel “besendings”, soos in buitelandse konsulate en ambassades.

Willie ·

Ja wel did tyd dat almal betaal, nie net n gedeelte van die land se inwoners nie….

Nettie ·

@Willie – sê ek ook. As BTW verhoog word, word die poel van belastingbetalendes verbreed. ALMAL betaal dan belasting (soos reeds). Dan is dit nie net die arme salaristrekker soos ek en jy, die sowat 1,7m wat 80% van die land se belasting moet betaal, sodat die sowat 17½m SASSA-geld kan trek nie.

Lola ·

Daar gaan die laaste paar stemme vir die DA…….. Maak BTW 20% en verminder persoonlike belasting met 50%. Mense sal twee keer dink voor hulle 6 kinders elk kry want hulle sal moet help betaal aan die guptas en stralers en oorsee se vakansies en hotel verblyf. Hulle sal minder skole afbrand, minder toi-toi. Die DA moet hulle self bepaal by munisipale snert wat eskaleer en die strate skoonhou.

Grassie ·

Dit is net ongeveer 10% van die bevolking wat persoonlike inkomstebelasting betaal, en hierdie 10% word swaar belas. Daar is miljoene mense wat inkomste het waarvan die ontvanger niks weet nie. Dit is onbillik – almal wat in die land woon en die land se infrastruktuur gebruik moet help om die staatskas te vul, in verhouding tot hulle inkomste. Dit sal meer regverdig wees as persoonlike belasting verlaag en BTW daarby aangepas word. Die armes kan tegemoet gekom word deur noodsaaklike voedselsoorte vry te stel van BTW. Hierdie verhoging waaroor Moesie nou kla beloop maar R10 as jy R1000 spandeer. Dit is bloot politiekery. Hy moet hom liewers daarop toelê om die plundering van daardie staaskas waarvan ek praat, deur ‘n onbevoegde, korrupte regering, hok te slaan.

Karin ·

@Grassie, gaan maak jou somme, dit is beslis nie net R10 nie. Onthou alles wat gebruik word om ‘n produk te vervaardig gaan met 1% opgaan, en jy as gebruiker gaan daarvoor betaal maw jy gaan baie meer as net ‘n 1% verhoging op goedere betaal, in werklikheid is dit ‘n 7.14% verhoging, meer as inflasie.

Grassie ·

Karin – vervaardigers en produsente is almal by die ontvanger geregistreer en betaal nie BTW nie, of eis die BTW wat hulle wel betaal terug. Al een wat dit betaal is die ou op die eindpunt van die betaalketting, dit is die verbruiker by die betaalpunt. Al maak jy nou jou somme hoe mooi, niemand gaan jou R71,40 op aankope van R1000 meer betaal nie, dit bly steeds R10.

Niel ·

“ANC steals from the poor” correction Mmusi, ANC steals from EVERYBODY but themselves. Ons weet waar ons met jou staan nou, draai jouself teen jou party, en baklei slegs vir dié wie se votes jy probeer werf. Nee dankie DA, totsiens.

Devils Advocate ·

The DA and its Supporters are NOT Thinking Further Than What Their Noses Are SHORT….. It is the So Called Poor Masses that have and will be in the Future, That are Voting for the ANC……. So I fail to Understand / Comprehend the Rational of the DA and OTHER like minded…. Let The So Called POOR Masses that have ensured that the ANC are in Power and Stays in Power NOW also take Collective Responsibility and be held Accountable for the Mess this Country has been in for over 20 years now…. I Have NO Issue with the 15 Percent VAT…..

Beesbal ·

Ek voel niks vir die arm mense wat ANC stem nie , kry vir julle , hulle moet julle VAT sommer 50 % maak , julle dien mos julle masters

BTW ·

Geld wat deur die verhoging van BTW gegenereer word, gaan hoofsaaklik gebruik word om gratis tersiêre onderrig te help befonds…

Lerato ·

Met Zuma uit die pad gaan meer en meer van die sogenaamde ” clever blacks” weer vir die ANC stem.
As teenvoeter teen die ANC, is daar net twee werkbare alternatiewe:
DA of EFF. Ander partye het gewoon nie die midele om die ANC te baklei nie.

Lola ·

Jy is reg Lerato. Maar waar los dit my en my lelie wit alie? Cope dalk? Want defnitief nie DA of EFF nie.

Lerato ·

Dankie Lola
Cope is pro-wit, maar het nie die middele nie. Bly by DA. Ek glo steeds DA is die beste teenvoeter. Hulle beskik oor werkbare kundigheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.