Buang Jones dalk nuwe adjunk- openbare beskermer 

Adv. Buang Jones, hoof van die MRK se regsafdeling. (Foto: Twitter)

Adv. Buang Jones, die omstrede hoof van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se regsafdeling, is op die kortlys van kandidate vir die pos van adjunk- openbare beskermer.

Jones is heftig gekritiseer oor uitlatings wat hy vroeër die maand gemaak het met betrekking tot ʼn klag van haatspraak wat die MRK teen die Bok-slot Eben Etzebeth ondersoek.

Die portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste het Donderdag hul lys van agt kandidate bekendgemaak. Die posisie van adjunk- openbare beskermer is vanaf Desember 2019 vakant.

Bulelani Magwanishe, komiteevoorsitter, sê in ʼn verklaring onderhoude met die kandidate sal op 12 en 13 November plaasvind.

Tydens ʼn openbare vergadering in Langebaan het Jones gesê Etzebeth “het met moord weggekom” en dat die MRK “van hom ʼn voorbeeld wil maak”.  “Ons wil aan ander rassiste wys dat die k- of h-woord pynlik en skadelik is en bruin mense verontmenslik”, het Jones tydens die vergadering gesê. Die MRK het intussen gesê hulle gaan ʼn ondersoek begin na Jones se uitlatings.

Die saak spruit uit ʼn beweerde voorval in Langebaan aan die Weskus waar Etzebeth en/of vriende van hom na bewering rassisties opgetree het. Etzebeth het intussen die hooggeregshof versoek om die MRK se klag teen hom in die gelykheidshof ter syde te stel.

Om te kwalifiseer vir die pos moet die kandidaat ʼn Suid-Afrikaner wees wat “geskik is om die amp te beklee” en ten minste vir die afgelope tien jaar as advokaat of prokureur praktiseer, klasgee in regte of lid is van die parlement vir ten minste tien jaar. Die ander kandidate is:

  • Moshoeshoe Jeffrey Toba;
  • Sonwabile Mancotywa;
  • Shadrack Nkuna;
  • Noxolo Mbangeni;
  • Lwazi Pumelela Kubukeli;
  • Puleng Matshelo; en
  • Kholeka Gcaleka.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mossie ·

Ag Vader tog! Hy is so min geskik soos ek vir daardie job!!!

Johan ·

Die kantoor van die OB word ‘n al hoe groter verleentheid vir die land

Gert van Wierdapark ·

As dit van die houdingkie afhang, sal die ander 7 sekerlik hard moet werk om by die spreekwoordelike “Keeping up with the Jones’es” by te hou!!!

Peet ·

Bewys nou weer in hierdie skewe land van ons.
Hoe groter die b…up hoe groter die promosie. Sê baie van ons land. Verwys ook na geval Mphithi. As mens ooit illusies gehad het………..!

Winnie ·

Oe ê ê ek wonder teen watse salaris nogal. Dit klink vir my na reddingsboei vir daai kantoor

Infanteris ·

Is dit nie n bietjie rassisties dat daar geen blanke se naam op die lys van kandidate vir die OB pos is nie? O ja nou onthou ek, BEE word hier ook toegepas, geen blankes sal oorweeg word nie. Komminustiese stelsel

Tinus Coetzee ·

Jy bly seker in die buiteland iewers?????
Wat se reg het enige witmens nog in die land wat ons ons agterente voor afgewerk het?
Maar ek is hier om te bly, ongeag wat.
Mooi naweek vir jou.

Gert van Wierdapark ·

Die Jones kerel het seker nie b(u)ang hare op sy kop nie. Onthou hy het deel van sy “tande geslyp” by die MRK. Nota: Diegene wat die kortlys van 8 saamgestel het, was seker onder die indruk “Jones” is ‘n Ingelsman! Die ander 7 se name het seker ook darem die keuse van die 8 uitverkoo-ringes, vergemaklik! Indien daar dalk’ n Botha of Van der Merwe naam opgeduik het, was dit gou na mandjie nr 13 verplaas!

Michelle ·

Wat is fout met die pos dat daar kort kort een aangestel moet word , maar ai die een wat jul nou in gedagte het eerlik waar lyk hy gaan nie die pyp lank rook nie.

Johan ·

Die een wat die meeste ‘new world order’ of kommunistiese strewe het tussen die klomp sal die job kry.

Leon ·

Die lys skreeu van swart rassisme. Geen blankes, geen kleurlinge, geen indiërs nie. Dit is nie verteenwoordigend van Suid Afrika nie. So wie is nou rassiste. Definitief nie die blankes nie.

jakes ·

Soos alreeds bekend kan sekere regsgeleerdes se bevoegdheid bevraagteken word. Dit sluit sommge prokureurs, landroste, advokate en regters in. Die MRK se geloofwaardigheid word telkemale bevraagteken en word n rassistiese klankie dikwels bespeur soos bv met die benoeming van die 8 kandidate op die kortlys.

Joke! ·

Die klein mannemerak bevoegd om so n hoog geplaaste amp te beklee? Ek dink nie so! Maar natuurlik in so n sirkus regeer die hofnarre mos die land..

Anoniem ·

Dis hoe dit in SA werk, jaag hier strooi aan en word verplaas met bevordering.

Corrie Bresler ·

Nou wat kwalifiseer ‘n parlementslid vir ‘n regte pos. Ons het 8nog nie vergeet van die ‘Travelgate’ skandaal nie.

Piet left the Building ·

Indien hy julle moet beskerm het julle probleme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.