Buchan kanselleer Loftus-gebedsaamtrek

Die evangelis Angus Buchan. (Foto: Shalom Ministries)

Die evangelis Angus Buchan het die “Staan op vir Jesus”-gebedsbyeenkoms wat in Februarie aanstaande jaar by die Loftus-stadion in Pretoria gehou sou word, gekanselleer.

Hy het die aankondiging ʼn paar uur gelede op sy Facebook-blad gedoen.

ʼn Herrie het om die prediker se kop losgebars ná ʼn bemarkingsvideo van die byeenkoms versprei is waarin gehoor kan word hoe Buchan sê dat daar “onthou moet word dat slegs twee nasies ter wêreld ʼn verbond met die God van Abraham, Isak en Jakob het. Dit is Joodse mense en Afrikaanse mense”.

Buchan het dié stelling later onvoorwaardelik teruggetrek en om verkoning gevra vir enige pyn of verdeeldheid wat dit moontlik veroorsaak het.

Die EFF het verlede week nietemin aanstoot geneem en Godrich Gardee, die party se sekretaris-generaal, het selfs so ver gegaan as om op Twitter te sê kleefmyne moet voor die byeenkoms om die stadion geplant word om te sien wat dan met God se verbondsvolk gebeur.

Gardee het die stelling later teruggetrek, terwyl die burgerregtegroep AfriForum besluit het om ʼn klagte van aanhitsing van geweld teen hom aanhangig te maak.

Buchan het Dinsdag in die inskrywing gesê “ek is baie jammer oor wat gebeur het, ek vra om verskoning, ek bely en verwerp die idee van enige spesiale nasie. Ek vra dus vir julle vergifnis”.

Hy het gesê hy is self ʼn boer en dat die ervaring van een van die ergste droogtes in Afrika suid van die Sahara – en die ongekende skade wat dit fisiek, verstandelik en geestelik veroorsaak het – hom “gebreek” het.

“My enigste bedoeling was om te bemoedig en om hul lyding te verlig deur hulle te herinner dat God hul nooit sal verlaat of versaak nie (Hebreërs 13:5),” het Buchan in ʼn hartroerende en baie persoonlike boodskap geskryf.

“My mense is die weduwee en die weeskind, die bankrot sakeman, die gevangene wat al 25 jaar in die tronk sit sonder die moontlikheid van parool. Die persoon in die intensiewe sorgeenheid vir wie daar gesê is daar is geen omdraaikans nie.

“Die ma wat my bel en vra dat ek vir haar en haar vier klein kindertjies bid wat saam met haar in die kombuis van hul klein plaashuis sit, waar hulle die dood van haar man, wat homself geskiet het omdat hy nie die droogte meer kon hanteer nie, probeer verwerk,” het hy gesê.

Hy het gesê sy mense is die jong man wat nie verder kan gaan studeer nie omdat sy enkelma dit nie kan bekostig nie. “Of die pensioenaris wat sy hele kudde (wat uit drie diere bestaan het) verloor het en my vra om vir hom te bid.”

Buchan het gesê hy wil help om Suid-Afrikaners aan mekaar en aan God te verbind.

“Ons het ʼn lang pad as ʼn land gestap om te kom waar ons vandag is en my optrede en uitlatings was betreurenswaardig. Ek het vandag met die Christian Leaders Forum vergader en om vergifnis vir die uitlatings gevra. Ek bely dit ook hiermee.

“Ek het die beoogde byeenkoms by die Loftus-stadion in Februarie volgende jaar gekanselleer,” het Buchan bygevoeg.

Honderde mense het op die plasing gereageer en hul steun aan Buchan toegesê. Talle het hom ook geloof vir die manmoedigheid wat hy gewys het deur die verskoning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

192 Kommentare

Sophia ·

Meeste mense het die doel van hierdie byeenkoms heeltemal verkeerd verstaan omdat hulle nie behoorlik kan lees en verstaan nie. Hulle vat ‘n woord of deel van ‘n sin en hardloop daarmee! Wat ‘n jammerte!! Oom Angus, ek vra namens ons volk vir u om verskoning!!!

Werner ·

Verstaan nie mooi nie namens watter volk vra jy omverskoning en hoekom

Johann ·

Askuus? Namens watter volk is jy die aangewese om verskoning te vra? VERAL nie vir hierdie selfverheerlikte vals profeet nie!!!!!!

Joe ·

…ek beaam ook dat niemand namens my verskoning hoef te vra nie….ek is nie n aanhanger van Angus B ÒF EFF nie….

Gaitsigubib ·

Sophia ek is ook nie n ondersteuner van Angus nie, maar dit is irrelevant, die ANC is in rep en roer oor sy uitlatings. Vra jy namens hulle omverskoning? Is jy in die ANC?

AnysBeskuit ·

Die mense van wie Angus daar praat kort skenkings (n GoFundMe bladsy). Sal graag meer wil weet oor die student wat sy studies moes staak. Daar is moontlik ander opsies in terme van beurs aansoeke, ek sal help skryf daaraan.

Anoniem ·

Anysbeskuit,
Ek dink nie jy besef hoe moeilik en amper onmoontlik dit is om ‘n studie beurs te kry nie! Watter ander opsies praat jy van? Studente lening? Wie gaan borg teken daarvoor? Vir arm mense is daar geen ander opsies nie!

Valerie ·

Watse “volk” praat jy van? Praat namens jouself; ek het niks met die valse prediker en manipuleerder uit te waai nie. Hoe blind is jy?

Elize ·

Ek stem saam jou Sophia. dis jammer die byeenkoms is gekanselleer. Ongelukkig is daar baie mense wat baie te se het oor oom Angus maar baie wat hul monde uit was oor die oom was nog nie eers by ‘n byeenkoms van die oom nie. Ek glo die Here werk absoluut deur oom Angus.

Agnes ·

Jammer Angus dat u die byeeenkoms gekanseleer het. U het nie fout gese dat die Afrikaners en die Israëliete die volk is wat n gelofte aan God gemaak het, SA op 16 Des. , dit is die waarheid. Ons hoop dat u tog nog weer n saamtrek oorweeg, ons het u wysheid en insig nodiger as wat ons Suis Afrikaanse volk besef. God seen u.

Wagter ·

Geestelike gebed teen die demoniese gees van pyniging sy doel en aanval is om emosionele geestelike pyn en pyniging ens. te veroorsaak in ñ gemeenskap, groep of organisasie ens.
Beeld: figuur wat ketting met ysterbal vol skerp punte agter hom aan sleep. Die skerp punte dui pyn seer pyniging lyding aan.
Ons geestelike geveg is nie teen vlees en bloed nie
Vir die wat hierdie geestelike waarskuwing verstaan tree in gebed
as 1 geleentheid ongeag die geestelike leier afgestel moes word weens sekuriteits dreigemente skep dit geleentheid vir ander christen byeenkomste om ook geestelik aangeval te word en gedreig te word met terreur optrede dis ñ aanblaas van godsdiens/geloofs onverdraagsaamheid
En dit bring vryheid van geloof en aanbiddingsgeleenthede in gedrang vir die hele Christen Gemeente in SA
Waak daarteen dat jou tong meegesleur
word om sonde te doen teen die Wilsplan van God Almagtig
Ons is almal mense en ons word duidelik in die Woord gewaarsku dat ons menslike oë net ten dele sien Niemand ken die Volle Plan van God nie
Wees dus versigtig wat jy sê en teen wie jy dit sê
Jou Woorde word opgeskryf en word as rekord gehou teen of vir jou op die oordeelsdag
Dus laat jou woorde min wees

Ilze ·

Sophia. Jy praat beslis nie namens my nie. Waar kom jy daaraan om jouself so aan te matig.

Madelein Ferreira ·

Ek hoor wat jy sê Sophia, maar ek stem nie heeltemal saam nie. Daar is mense wat daarop uit is om te kyk waar hulle kan fout vind met blankes. En dit voel al meer vir my of die blanke volk heeldag en aldag moet verskoning vra vir wat meer dikwels die waarheid is. Watter verbond het die swartmense met God? Die Jode is God se verbondsvolk en ons het op 16 Desember 1838 gesluit. Waarom moet ons dit ontken of daarvoor verskoning vra? Kyk na die gemors met die springbok embleem. Kyk na die gemors met die foto van Richard Branson waarop net blankes verskyn, dit nadat hy miljoene rande spandeer om nie-blanke entrepreneurs te help. Dis ongelooflik hoe niks ooit goed genoeg is nie.

Haan ·

Wys asseblief vir my waar in die Bybel God n verbond met die Jode maak??
Israel =/= Juda. Israeli =/= Israeliet

PietS ·

Verstaan nie mooi wat jy probeer se nie. God het verskeie kere n verbond met Abraham, Isak en Jakob, die vader van die 12 stamme van Israel, aangegaan. Die Jode, of dan die afstamminge van Juda ingesluit.

Schalk ·

Sophia. Eerstens, jy kan nie namens die volk verskoning maak nie. Ek vir een het n probleem met die man, hierdie was beslis nie sy eerste vals aanname wat hy gemaak het nie. @ Haan, watter nasie bly in Israel? Ek was onder die indruk dit is juis Jode. Tensy jy van iets bewus is waarvan ek nie kennis dra nie.

M ·

@Schalk … lees jou bybel. Die Jode is een van die stamme van Israel. Daar was 12 … daar was n verbond met Abraham gesluit. Jesus is uit die stam van Juda gebore. God se verbond bly vir ewig staan. Die boere het n gelofte afgele teenoor God. Dit was in alle waarskynlikheid wat hy bedoel het maar het nie rugraad gehad om te staan by sy siening nie. Net soos sekere kerke oor homoseksualiteit … elk geval

Iamand ·

Wys waar in die Bybel het God n verbond met die Afrikaners gemaak…. ‘n Verbond is n ooreenkoms wat meer as een party insluit. Ons Afrikaners dink wel ons het n verbond met God gesluit, maar ons weet nie of God daardie verbond aanvaar het nie. Ons het net rekord van ons kant van die saak…

Susan ·

Al wat ek wil hê is dat ons, wat onsself Christene noem, moet leer om te vergewe. Buchan het meer goed as kwaad gedoen. Ons almal kry glipsies. Vergewe. Werk sagkens.

Duiwel se Advokaat ·

Lamand, die verbond was op voorwaarde van die Boere se oorwinning op daardie dag. Die feit dat hulle die dag geseevier het sou ek se is die bewys dat die verbond aanvaar is.

Lukie Carelsen ·

Angus het niks verkeerd gesê nie.
Dit is ‘n droewige dag vir Suid Afrika.

Johann ·

Ja Lukie. Droewige dag is dit beslis wanneer n “me-myself-and I” vals profeet deur die bose self terreggewys moet word?

Naomi ·

Die Afrikaner HET ‘n gelofte teenoor God afgele. God HET die ooreenkoms aanvaar. Die Voortrekkers HET die Zoeloes verslaan. Angus is reg.
Ons almal het al een of ander tyd so gebid: Here, as U my …. sal ek …
DIT is ‘n gelofte. Ons eer nie meer daardie gelofte nie, want wie gaan hou nog gelofte fees? Wie weet nog WAT die gelofte was? Sou ons nie elke dag 16 Des herdenk nie? Is dit nie wat Sarel Cilliers gebid het nie? Doen ons dit? Jy wat sou skel oor jou medemens en Angus, wat is jou persoonlike verhouding met God? Of weet jy net van Hom?
Die Jode IS die verbondsvolk. Los hulle uit. Dis hulle. Ons moet worry oor ons gelofte wat nie nagekom word nie. Nou sal jy se jy het nie daardie gelofte afgele nie. Dan het jou ouers, grootouers en onderwysers nie regtig ‘n impak gehad nie. Dis dalk die rede hoekom ons vergeet wie ons regtig is.
Ek is ‘n trotse, wedergebore, Godvresende Afrikaner. Ja, ek woon nog Geloftefeeste by…en ek is blessed. Ons het verantwoording om te doen. Angus was reg.

Jan Alleman ·

Korrek. Dit moet einde kry. Die tyd vir verskoning vra is verby. Miskien moet mense eerder ophou om so verdomp ontsteld te raak.

Kasper ·

Jammer ou maat, jy is geweeg, en hopeloos te lig bevind. Vir iemand wat hom voorgee as ‘n prediker , laat jy jouself maar baie gou van stryd bring deur die polities korrekte euwel van die modern samelewing.

Amen ·

Onthou, hy het hom téén Swart Maandag, die afrikaner christenboere se protes uitgespreek. Hy het die Evangelie gepolitiseer met vlae en “rainbow nation” uitsprake. Nou het hy ‘n skadu oor ons gegooi asof hý die Afrikaner Christen se spreekbuis is. Hy het geen teologiese opleiding nie en skep ‘n verkeerde indruk met sy Cowboy kostuum, die kritici dink dat hy ‘n Afrikaner boer evangelis is! Verder is Mighty Men nie korrek nie maar eerder humble men of the Almighty God!

Whitemouse ·

Sjoe , sjoe ek voel nederig, as afrikaans sprekende, Christen. Hoekom daal ons tot die vlak van EFF? Angus B word gekruisig, ek lees woorde vals profeet, profeet met voete van klei….. wonder net hoekom die profeet aangevat en gekruisig word. ( is jy bereid om GOD se woord te versprei, is jy bereid om n samekoms te reel om te BID vir reen in die droogte
Maar jy is bereid om soos die EFF woorde rond te slinger, te dreig met kleef myne , en die taak van iemand, wat wou BID te stop?
Regtig! Oom Angus was dan oor een ding regtig verkeerd, die verbonds volk ! Ons is nie eens volk! Kla oor die droogte, oor die profeet, plaas moorde, werkloosheid, politiek….. tog daal hulle so laag soos die EFF wat nie eens Glorie kon sien in sport! Slaag daar in om BID geleentheidheid te stop!
Saam staan , saam BID bly hierdie klaende volk nie beskore! Want saam kan hulle niks doen!
Die rooi oorpakke het voorwaar weer geseevier!

Linda ·

Hierdie ouman is n doemprofeet wat duisende mense belieg en bedrieg sover as wat hy gaan !!! Hou op baklei hier en verwerp hom. Dankie

Al ·

Ek stem saam met Whitemouse. Ons daal tot die vlak van die EFF met ons moddergooiery na Angus.
En almal wat Angus uitkryt as vals profeet – GOD het JOU nie as regter aangestel bo ander mense nie.
Net GOD weet of Angus se hart opreg is!!!

Chris ·

Onthou net een ding, Jesus is alles en die enigste weg! PUNT….
Oom Angus is net die spreekbuis van God…. Punt.
Jesus het deur Angus baie mense tot bekering laat kom (julle wat Oom Angus so kritiseer en toesnou, hoeveel het julle tot bekering gebring?)
Oom Angus doen niks sonder om insette van God af te kry…..nou dit maak my bang dat hy hierdie byeenkoms gekanselleer het, want dit beteken God het hom aangese om dit te kanselleer, nadat Hy aanvanklik vir Oom Angus aangese het om dit te reel!
Dus dit beteken God kanselleer ons land…..en gaan lees die Bybel wat gebeur met mense wat Hy Sy beskermende hand van weggeneem het.
Oom Angus het klaar in sy verskoning die boodskap van Hebrieers 13 : 5 wat God ons wou gegee het op die byeenkoms, deurgegee aan die WARE gelowige Afrikaner en ook alle WARE gelowiges wie Jesus as hul Verlosser en die ENIGSTE WEG TOT GOD, aanvaar het.

Dus, ons moet Jesus ten volle volg….. want ons land gaan nou vinnig in ‘n mini-hel verander (o ja, ons almal het lekker geleef tot nou toe) en net Jesus gaan ons beskerm.
Maar Jesus SAL oorwin….PUNT.

TDW ·

Chris die kansellasie van die byeenkoms was nie van die Here af nie. Jy praat van Hebreërs 13:5 , maar lees bietjie vers 6.
Angus het knie gebuig, hy moes dit nie doen nie. Ek veroordeel hom nie, die druk was erg en hy bly net mens, maar jy kan nie gehoor gee aan mense wat nie eers in die Bybel glo nie. Hy moes aangaan met die byeenkoms. Kyk gerus ook na Whitemouse se goeie kommentaar.

Annoniem ·

Maar hy is engelssprekend en afrikaners vir hom beteken almal.

Verkeerd ·

Die verbond was nie tussen Afrikaanse mense en God nie, maar tussen Boere en God. Dit is ook die waarheid dat so verbond gemaak is en dat ons vandag swaarkry want ons het nie ons kant na gekom nie.

Pop ·

Verkeerd, daar slaan jy die spyker. En al hierdie mense wt Angus so kruisig gaan jammer wees. Dis n man vir wie God baie lief is. Ek skaam my vir mede (kamptige) christene. Oordeel en skel en se sleg so ver julle gaan. En vanaand seker gevra dat julle sondes vergewe word. Rerig???? Klip christene. Dis hoekom dit so gaan met die wereld. God is moeg vir almal se klip gooiery.

Saartjie ·

As jy verwys na die gelofte by Bloedrivier, is die ‘verbond’ op toepassing op die afstammelinge van die groepie Voortrekkers wat daardie oggend teenwoordig was – beslis nie op die breë gemeenskap boere, Boere, Afrikaners, Afrikaanses, en Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners nie. Ek wonder of die afstammelinge almal van die verbond bewus is? En as die gelofte met ontsag van geslag tot geslag oorgedra is, hoekom die afstammelinge dit dan nie eerbiedig nie?

Karien ·

Oh my word Dubbel D, wetenskap die enigste waarheid. Elke 2de woord uit hul monde is ongeveer, vermoed en dink, hulle weet niks definitief nie. Die Bybel is nou die oudste boek, deur ingewing van God geskryf. Net 2 voorbeeld, daar is nog baie ander; nog voor hul agter gekom het van higiëne en dat jy kan sterf as jy aan n lyk vat en met daardie hande aan n gesond persoon vat, was dit al in die Bybel geskryf en soos die ark gebou was met n grootte van 30x5x3 ratio, word dit vandag nog vir groot skepe gebruik. So ja, duidelik is die Bybel die enigste waarheid en van die begin af as wetenskaplikes hul oë oopmaak sou hul vinnig dinge daarin gesien het wat hul dan nie “miljoene jare” sou vat om uit te vind nie. In die eerste sin in die Bybel is space, time and matter al vasgestel. In the beginning (time) God created the heavens (space) and the earth (matter).

Antoon ·

Loftus gepak wanneer oom Angus bedien en kerke leeg. Loftus gepak wanneer oom Angus n gebed saamtrek reel en wanneer die kerk n gebed saamtrek reel net die selfde groepie mense (groot waardering) Oom Angus klaar by loftus, Loftus leeg en geen ondersteuning vir die plaaslike gemeentes. So wonderlik en geseënd by Loftus saam oom Angus, wat van jou predikant, dit kan net soveel geseënd wees saam jou predikant. Keer terug na God en sy woord beginsels. (Niks teen oom Angus) Kom Sondag staan kerke se deure oop en daar is mense wat opgewonde is om te ontvang.

Weskusnooi ·

Verbond is met Abraham gesluit en dit sluit sy nageslag in waaruit die Jode vorendag gekom het. En ons almal weet, hulle is ook maar ‘n klomp dwarstrekkers.

‘n Gelofte is afgelê voor die slag van Bloedrivier.
Baie van ons stam af van daai dapper Voortrekkers, maar ongelukkig huldig baie van ons nie meer daardie dag nie.

Die hele storie is so onnodig en hartseer.
Mense oordeel so maklik.
Nou wonder ek, dié wat Oom Angus so veroordeel, as hulle ‘n fout maak, dan mag niemand iets sê of iets weet nie.

Oom Angus het ook onthou van die bomdreigemente van die EFF wat maar net agente is van sekelstert. Daar sal nog ‘n byeenkoms gereël word in die nabye toekoms!

Tyd vir opregte berou voor God alleen is nodig. Voor Hom alleen moet ons bely, NIE VOOR MENSE NIE! Dan moet ons ook wegdraai van ons verkeerde paaie, dan SAL Vader ook ons land herstel en reën stuur waar dit SO SO nodig is.

Mag ons Hemelse Vader ons help met alles wat ons moet sê en doen.

Sterkte Oom Angus, mag u net sterker hier uitkom. Ek is seker Jesus het u klaar vergewe.

Sien uit na die datum van die volgende byeenkoms.

M ·

@Jilopie. Deesdae gereeld deur valse kerke en so genaamde christene ..:

Isabel ·

Wat leer God ons oor vergifnis,kan enige een n klip gooi en is sonder sondes, ons is veronderstel om in eenheid te kom en mekaar te verwoes nie,ek dink hierdie breek God se hart,dat daar soveel oordeel in ons harte is,onthou die maat waarmee ons oordeel sal ons geoordeel word. Ons moet mekaar liefhê met God se liefde wat onvoorwaardelik is,ons behoort ons te skaam en voor n lewende God te belei.Kom ons bid en ondersteun mekaar liewer sodat God Suid Afrika kan genees.

WIEBO ·

Goed so, die oom moet nou aftree, wat het sy gebid al beteken? NIKS

Carien ·

As ons bid vra ons “nie my/ons wil nie, maar laat U wil geskied” so ja, dan berus ons as dinge nie uitwerk soos ons wil nie. God bly in beheer van Sy skepping. Sy Woord leer ons ook ons gaan dit swaar hê op die aarde en ons weet ook, dinge gaan erger word en ons gaan geen onderskeid tussen seisoene kan sien nie, so ja, ons moet bid, maar God sal sy wil laat geskied. Hy bly aan die hoof van alles.

Lady ·

Agge nee. So uitgesien daarna. Ons het die Its Time bygewoon en dit was awesome verby.
Nie nodig gewees om onverskoning te vra nie. Ek steun Oom Angus en sal defnitief gaan as hy n laaste saamtrek reel. Soveel respek vir hom. Geseend is jy oom Angus.

Leon ·

Ek dink ons het sopas vir judas gesien waar hy die Here verraai.

Kraaibakke ·

Ek was by Its Time ,merkwaardig, daar het ons gewys oor al die grense heen vreedsaam ,en nou ,so kry die duiwel vat plek waar hy nie moet nie bid eerder.

Lollie ·

“EFF het aanstoot geneem!” Bog, hulle soek rede om chaos te saai sover hulle gaan!
In plaas van dat die hele EFF een van sy byeenkomste bywoon en “dalk” iets kry om oor na te dink!

EO ·

Lollie, Ek stem saam. Die EFF druk ook hulle neuse oral in. Selfs by dinge waarvan hulle NIKS weet nie. Hulle moet oppas dat die kleefmyne nie om hulle losbars nie!!!!

Juffer ·

So siek en sat vir al die afbrekende kommentare wat deur ons land spoel van alle kante….na alles en almal. Dis om van naar te word…….

Francois nou 'n Kiwi ·

Ek is dankbaar om nou liewer n Kiwi te wees. Ek kan voluit my Here dien, die Kiwis is gelukkig so PC dat as hulle nie n grondige rede het om met jou te verskil, kruisig hulle jou nie.
Afrikaners is aanvallend, onvergewings gesin en regtig nie benkend nie. Wat het Suid Afrika om te verloor as enige iemand vir die gebreukde land bid?
Dit is duidelik aan die kommentaar hier hoekom Afrikaners nie n verbonds volk met God kan wees nie. Julle wil nie meer saam bid nie.
As hulle gebid het kon ek gese het: gaan bid die “Onse Vader” vergewe my soos ek ander vergewe.
Vir n nasie ( volk) wat so graag spog met Christenskap lyk dit vir my na n nasie wat vreeslik baie verloor het. Verseker het julle julle karakter ook verloor, was dit gedurend die staats kaping, droogte of is dit 2019 en julle het God net nie meer nodig?
Ek wonder wat sal julle ouers se as hulle moet hoor watse respek julle vir gebeds byeenkomste toon.
Mooi man!

Johnny ·

Wragtag mense kom by hy is n mens met foute nie n engel nie wie het die moed om om op te staan en te verkondig hoeveel mense het hul bekeer nou gooi jul klippe ja miskien of was hy verkeerd

Schalk ·

Johny, daar is nie n miskien was hy verkeerd nie, hy was verkeerd soos in baie ander uitlatings wat hy al kwytgeraak het. Weet jy hoekom is daar so min wat opstaan en die woord van God verkondig? Want daar is so min wat God ken, en die woord is duidelik oor vals profete. Doen jouself n guns, toets wat hy se aan die woord van God, jy sal heelwaarskynlik dan nooit weer na hom luister nie.

JR ·

Ek stem saam met jou Johnny ons moenie oordeel nie sodat ons nie veroordeel kan word nie

GP ·

Kan hy asb een voorbeeld noem Schalk wat hy gese het wat teenstrydig was met die Bybel. Die gelofte waarvan nou gepraat word, word nou baie bevraagteken maar watter ander voorbeeld kan jy noem?

Marna ·

Strooi man. Hy is n valse profeet en hier wys hy dit. Hoe stupid en blind wil julle wees. Magtig volk word wakker. Draai na God toe terug en hou op n easy way out soek. Luister na wat die Woord sê en nie hoe mense dit vir jou vertel nie. Judas dis wat hy is.

Willem Grobler ·

Hy vra om verskoning? Vir wat? Abraham het ‘n verbond met God gesluit en die Boere het by Bloedrivier dieselfde gedoen. Wat is die probleem?

Jakes ·

Nee.
God het ‘n verbond met Abraham gesluit.
Afrikaners het ‘n gelofte voor God afgelê.
Groot verskil.

Oujongvrou ·

Schalk en JY is die enigste een wat God ken??? Ek vra maar net. En hoeveel mense het jy al bekeer om Hom te volg soos oom Angus. Laat weet ons asb.

corma ·

on n gelofte aan God te doen is nie n verbond nie lees gerus jou bybel. kyk na Jeremia 31:33, 34
Want dít is die verbond wat ek ná daardie dae met die huis van Israel sal maak,” sê Jehovah. “Ek sal my wet in hulle binneste sit, en ek sal dit in hulle hart skryf. En ek sal hulle God word, en hulle sal my volk word.” 34 “Hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: ‘Ken Jehovah!’ nie, want hulle almal sal my ken, van die kleinste tot die grootste onder hulle,” sê Jehovah. “Want ek sal hulle oortreding vergewe, en ek sal nie meer aan hulle sonde dink nie. let op dat die nuwe verbond is met mense wat God we will doen.

Peet ·

So ja, daar kry Satan en sy gewillige ondersteuners toe hulle sin. En dit nogal via sosiale media. Sies.

Alice ·

Jakes jou kommentaar is vir my die akkuraatste van almal. Stem 100% saam

Weskusnooi ·

PEET,

sekelstert wen dalk dié ronde, maar hy het beslis NIE die groot geveg gewen nie!

Ons moet net op ons knieë bly.

Jakes ·

God het nie ‘n verbond met Afrikaanse mense gesluit nie. Afrikaners het net ‘n gelofte voor God afgelê. Daar is ‘n groot verskil tussen die nageslag van Abraham wat God vir homself uitverkies het en deur wie Hy besluit het om die wêreld te seën en ‘n belofte wat ‘n volk uit hul eie aan God maak. ‘n Gelofte aan God is nie dieselfde as ‘n Verbond tussen God en mense nie.

Feite ·

Evangelis Angus het om verskoning gevra en die byeenkoms gekanselleer om die vrede te bewaar. In SA moet leiers soos Angus verstandig, verdraagsaam en die minste wees, veral wanneer hulle n fout begaan ten einde bose denke wat tot bose dade kan lei en onheil oor onskuldige witmense kan bring in die kiem te smoor voordat dit kan posvat en momentum kry, veral in hierdie geval waar dit onskuldige wit Christen gesinne sou wees wie geteiken word. Dit is dus n onselfsugtige daad teenoor sy mede witmense om verskoning te vra en die byeenkoms te kanselleer! Prys dus eerder vir evangelis Angus as om hom te verguis, want duidelik verstaan ons nie altyd te lekker wat die Here van gelowiges vra nie en dan is dit gewoonlik onskuldige mense wie dit moet ontgeld. So laat ons bid dat ons almal verstandig sal raak in die stryd wat vir ons en ons mede gelowiges mag voorle sodat ons ten alle tye kan verhoed dat onskuldige asook weerlose mense in die spervuur beland!

Johnny ·

Dankie vir jou kommetaar mag ons altyd nederig wees in ons geloof die Here sal voorsien in ons geloof

Probleem ·

Ja, hy is Rooms Katoliek en hy het in Noord Ierland vir die Protestante gesê dat hulle hul “nonsens” moet los en terugkeer na die Roomse Kerk tot verbasing vd Noord Ierse Protestanse regering. Dink eers, praat later.

Weskusnooi ·

Dankie Feite,

Ek kon dit self nie beter gestel het nie!

Mag ons almal wat onsself Kinders van die Almagtige God noem, die gesindheid van ‘n kindjie begin kry en vinnig ook!

Z ·

Die vyand sal nie “stir” waar iets/iemand nie vir hom n bedreiging is nie. Hy sou vir Oom Angus en Gretha Wiid gelos het om rustig voort te preek. Maar juis omdat hulle die Waarheid verkondig en mense na Jesus toe lei, word hulle aangeval.
Seënwense asn Oom Angus. Ons gesin is lief vir hom.

BR ·

Z Ek stem saam. Here laat die waarheid oorwin. U genade is genoeg.

Oppervlakkig ·

Gretha Widd het die heilige evangelie vervlak tot op ‘n tipe pornovlak. Moenie handel dryf in die HERE se NAAM nie.

Weskusnooi ·

Z,

Baie dankie, Oom Angus en Gretha word baie gekritiseer, want hulle praat reguit en die waarheid, Hulle is ook net mense wat gewone lewens het en ook foute maak.

Ons, almal wat onsself Kinders van Almagtige God noem, is net mense, maar ons is vergewe en ons lewe met ‘n toekomsverwagting!

Se net ·

Ek hou van Angus, maar wat op aarde het hom besin on sulke nonsens kwyt te raak. Dit is so nie soos hy nie. Die probleem is mense vergewe maar moeilik deesdae. Gelukkig is sy hoop nie in mense nie. So oom Angus, dit was nie baie mooi nie, maar daar is mense wat nog lief is vir jou. Hou moed.

PietS ·

Nonsens? Bewys dit uit die bybel uit. Hy het egter n fout gemaak deur te beweer daar was n verbond met die Afrikaner/Boer. Daar was n gelofte afgele vanaf sekere Afrikaners/boere en hul nageslagte. Beslis nie vanaf die hele volk nie. n Gelofte kom vanaf die mens. n verbond kom vanaf die allerhoogste. Groot verskil

aj ·

Die Slag van Bloedrivier (waar die Gelofte afgelë is) was die bakermat van die Westerse beskawing in die binneland van Suid Afrika.

Dit was BAIE MEER as ‘n veldslag!

Was dit ‘n goddelike ingryping wat die lot van die mense vir ewig verander het?

Kyk na die GROOT PRENTJIE!

Cornelia ·

Ek verstaan ni hoe almal baklei en oordeel ni ..Dit is GOD se aarde ,land ek sal ni kanselleer vir 1 persoon nie…ons moet almal saam staan en GOD dien dan sal alles beter gaan ini land …. daar is te veel negatiewe mense ini lewe….Dankie my Vader ek is ini wereld maar nie VAN DIE WERELD ni… My Oom Angus GOD IS N OORWINNAAR .satan is die looser….My Vader het my gehelp my kanker oorwin satan het die geveg WEEREENS VERLOOR…ek glo God is in beheer….en moet dat geen mens jou oordeel ni my oom of BANG wees OF ONVERSKONING VRA NIE …die HERE het jou ini holte van sy Hande…
Ek bestraf satan in Onse Vader se naam ..

GOD IS IN BEHEER !!!!!

Stefan ·

Nog ‘n geldmaak kans verby vir ‘Oom Angus’ – ag shame, dit gaan seker ook maar swaar met die droogte op sy plaas.

@ b ·

Stefan, Stefan… Waar Val jou appelkar om. Nog nooit betaal enige een vir sy byeenkomste nie. So hoe maak hy geld. Kry eers jou feite voor jy jou naam met n plank slaan

KrokodilBotha ·

Is die nou n tweede siener ? Versigtig, die aarde is mos plat.

Jaco ·

Ek sit hier en lees en skud my kop. Elkeen wat die naam van die Vader aan roep en glo dat Hy Sy enigste seun gestuur om vir ons sonde te sterf sal gered word! Daar is geen kleur genoep en n gunsteling nie! Maak nie saak wat Angus gese het nie, julle almal hier moet hom vergewe want jy sal nie jou oortredinge vergeef word as jy n ander nie kan vergewe nie! Oh en kom ons kyk wat se God se woord oor Judge? Julle wat Angus so Judge, net die Vader het die reg om te judge, dink jy dat jy noy bo God is om n ander te Judge? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter in jou broer se oog uit te haal.” (Lukas 6:41-42) God se woord se ook duidelik dat ons moet uit gaan en aan alle nasies die woord van God verkondig! En Angus het net dit gedoen, julle het geen reg om te se hy is n valse profeet nie, die selfde maat wat jy n ander meet sal jy in op judgement day gemeet word! Kies julle woorde versigtig voor jy praat! Niemand is foutloos op aarde nie

Hannetjie ·

Sjoe, dit is n hewige woorde balspelletjie!!! Enige persoon wat n ongelowige na Jesus lei, kan Darem nou nie in my logika verkeerd doen nie. Ongelukkig weet ek niks van Angus se finansies nie. God alleen ken Angus se hart en God besluit self Wie Hy in watter plek gaan gebruik. So my punt wat ek Wil maak is om voluit vir God te Wil werk, moet jy jou Maar self verloon en die woord van God verkondig. Daar voor het jy God se guns nodig en nie die guns van mense nie. Wees Maar versigtig om nie intussen n Nebekatnezzer te word en jou self te hoog te ag nie, want die een oor Wie dit gaan is alleenlik God. God ken ons harte, laat Hy Maar oordeel. Mense Kom asb terug na God. Net deur Jesus Christus kan jy gered word. Sterkte aan Angus

Kraaibakke ·

Wees versigtig die rooi duiwel is in ons midde en wil net als opblaas as hy nie sy sin kry ,shame soek aandag.

Ander Koos ·

Godsdiens en politiek is persoonlike saak, al wat ek waarneem is dat na elk van Angus se byeenkomste toestande in SA verder verswak en gaan dit slegter. Elkeen moet maar self besluit of sy storie water hou…. I

Presies ·

Ditto. Hierdie Zambiese burger gee voor dat hy die Afrikaner Christen verteenwoordig. Nou ‘n groot skadu op ons gegooi, amper gelei tot terreur!

hercu ·

speel Angus so reg in satan se kraal en kry die ANC & EFF hulle sin!!

Elmarie ·

Hercu, gaan lees Feite se kommentaar.
Dit werp lig op die aangeleentheid.

Abraham ·

Nie een van die kommentare wat ek nou hier bo gelees het, het enige kennis van die verbond wat God met Abraham gemaak het nie. Wat ‘n tragedie.

MiiP ·

Ek stem. Ek staan verbaas oor mense wat so haie te sê het met so min kennis. AB ken die Bybel baie beter as die meeste vd kritici wat natuurlik nie ‘n waarborg is dat hy dit reg interpreteer en verkondig nie. Waarom wag vir iemand anders? Doen self Bybelstudie en moenie alles glo wat verkondig word nie

Heidi ·

Maroela media : ek het vandag die besluit geneem om nooit weer julle blad te lees of te besoek nie. Moet asb nooit weer bel nie. Julle plaas kommentaar wat julle pas. Sodra dit afwyk van die norm, rassisties of krities plaas julle dit nie. Dit help geensins om ons land op te bou nie. Daar is geen verskil tussen Maroela Media en die EFF nie. Julle is die kanker van negatiwiteit en wat ons land teister. Ek verkies om die pad van opbou, positiwiteit en Jesus te loop. Cheers.

KrokodilBotha ·

Gits. Dans jou pad defnitief vol roos blom blare. Totsiens, en sterkte met die opbou.

PietS ·

Ek stem saam. ‘n Dak lek van bo af. In hierdie geval is die dak die redakteur.

Martins ·

Absoluut niks om voor jammer te sê oom Angus. In suid-afrika word daar nie mooi geluister nie net gehoor wat wil gehoor word.

PieterJohannes ·

Al julle klipgooiers! Laat die een van julle wat geen sonde het nie, die eerste klip gooi. Wat van Petrus? Hy het ook gestruikel deur Hom te verloën. Addergeslag. Julle is net sulke Fariseërs soos in die Bybel se tyd. Julle dink julle sal die saligheid beërwe deur julle verdraaide kennis. Intussen staan ons almal skuldig voor God. Besny julle maar. Leer die Hebreeus en wees hoog en verhewe. Julle is losgemaak van Christus.

Christa ·

Wou ook die samekoms bywoon. Jy voel so geseend as jy daar wegry. Al is iemand hoe oud, daar Gaan nie n gebed by God ongehoord verby nie.

Keelvol ·

Nee FEITE.
Die verdrukking van Christendom in SA gaan nou begin.
Tipies wat deesdae aangaan–Ons moet verskoning vra vir die waarheid.

Johnny ·

Ag oom Agnus, kom ek vertel jou ‘n ding. Al was jy nou (ex)No 1 se voete op nasionale TV om jou berou te vertoon, sal die massas nog steeds skree: “kruisig hom”.
Ek wens ONS mense wil op hou omverskoning vra.
Hou op kniel voor die Dier, en neem standpunt in. Nie soos Angus wat sy huis op sand gebou het nie.

Manie van Worcester ·

beter kan ek dit nie stel, hoekom kruip hy voor die duiwel. wat hy gese het is waar ongelukkig het die afrikaanse mense dit weggegooi en kruip nou soos n bang hond stert tussen die bene

Delien ·

ABRAHAM..Dankie! Miskien swyg hulle net, nodeloos!

Verstaan tog asb.oom Angus het die waarheid besef– dit pla my lankal dat hy nooit op sy byeenkomste vir die Boere Afrikaner se, “gaan terug na jul Gelofte!! ” want DIS WAT FOUT IS IN DIE LAND.
ABRAHAM, miskien is die wat dit nie verstaan of wil verstaan, nie (meer) Boere nie, net Afrikasnses.
En ja, Jesus het vir ELKEEN gesterf wat bekeer, uit sondebesef, berou het en bely.
En die Gelofte is n bindende saak wat God met ons het. Hoekom nie bietjie navors oor jou ware geskiedenis nie en besef,by Bloedrivier was getroue swartes(hul werkers) saam met die Boere.
Gaan soon n Geloftediens by (Bv E G Kerke) dis tot eer van God en niks met poletiek te make nie.
Groete.

Angie ·

Ja almal het ‘n eier te lê, dis jammer dat hy gekruisig word oor een verkeerde stelling, baie het al verkeerde goed gesê sonder om te dink maar omdat hy bekendheid het, kry dit nou soveel publisiteit en stertjies. Belaglik, maar dis maar hoe mense is. Jammer sê help nie want vegifnis is iets van die verlede …

Alida ·

En so glip wat oom Angus regtig voel uit in n onbewaakte oomblik ne…

Hans ·

Oom Angus moet liefs nou besin en die tuig neerlê en nie namens ander prat nie.

K P ·

Hierdie sogenaamde boer wat weier om Afrikaans te praat wat benede hom is kan in sy glorie in vlieg

GP ·

Was jy by sy saamtrekke? Hy het baie respek vir Afrikaners. Van sy saamtrekke het hinderde duisende mense gelok van verskeie rasse en tale. Hoekom moet hy juis afrikaans praat?

Essie ·

Hoe aaklig en negatief het ons mense nie geword nie!! Johan, Leon, Stefan en almal wat Angus so slegse – ek dink die Eff het meer integriteit as sommige van julle. Julle is giftig en venynig want jul ken nie die Here nie. Dankie vir Angus wat nog probeer om die volk na God toe te lei.

Stefan ·

Essie, as feite vir sommige persone giftig is, dan moet dit maar giftig wees. Daar is meer integriteit in die fiksies van Hansie en Grietjie en kersvader as in die EFF en die ‘evangelie’ van lekepredikers.

GP ·

Het jy rede vir hierdie belediging of volg jy maar net die ander? Sal graag wil weet waar die belediging vandaan kom.

Linda ·

Gretha Wiid is besig om van haar man te SKEI, want hy loop glo rond !!

Regtig ·

Daar is g’n verbond tussen die Afrikaner en God gesluit nie. Weet nie waar julle daaraan kom nie. Die klomp Voortrekkers het n gelofte geneem. Groot, groot verskil. Wie dink julle is julle na alles? Regtig!

Susan ·

According to the Hebrew Bible, the covenant of the pieces or covenant between the parts (Hebrew: ברית בין הבתרים berith bayin hebatrim) was an event in which Yeshua (God) revealed himself to Abraham and made a covenant with him, in which Yeshua (God) announced to Abraham that his descendants would eventually inherit the Land of Israel.

Deuteronomy 27:12–13 lists the twelve tribes:
Reuben, Simeon, Levi, Judah, Issachar, Zebulun, Dan, Naphtali, Gad, Asher
Joseph (later split into the “half-tribes” of Ephraim and Manasseh)
Benjamin

Where is the Afrikaner / Boere Tribe? Scary how human’s translate The Hebrew Word to fit themselves into Yeshua’s (Gods) plan… We as humans still have a lot to learn.

Z ·

Susan, dié wat in Jesus Christus glo, is die geestelike Israel met wie God n verbond het. Dit gaan nie oor n geografiese plek nie.
As jy in Jesus Christus glo en Hom werklik aangeneem het, is jy aan Hom verbind (verbond).

PietS ·

Z, die geografiese plek bestaan wel en die verbond wat God met Abraham, Isak en Jakob aangegaan het, moet nog in vervulling kom. Die grondgebied wat belowe is, strek vanaf die rivier van Egipte (Nyl) tot by die Eufraat rivier. Die aarde moet net eers vernuwe word, dan gaan hierdie gebied heeltemaal anders lyk as nou.

Johnna ·

Of ons dit nou wil weet of nie,ons Afrkanervolk is n Ballingskap hoekom?omdat ons die gelofte van Bloedrivier versaak het Gaan lees Dr Willie Marais van die NG Kerk waar Hy als verduidelik.Wanneer n Volk nie oor homself regeer nie Dan is Hy in Ballingskap.Oom Angus was nie verkeerd nie,net jammer hy Het omverskoning gevra.Ons moet Walker skrik baie you ook

KrokodilBotha ·

Julle sal maar vir die oomie privaat moet bid. Hyt dit blykbaar nodig.

Hannes ·

Ek het die grootste respek vir Angus Buchan. Die feit dat hy Engels is maak hom nie minder van ‘n Afrikaner of Boer nie. Wys my een blanke Afrikaner wat nog soveel Christen-mense bymekaar gebring het om Jesus te eer en te bid. Net jammer ek was nog nooit self by een van die byeenkomste nie, sou graag nou wou gaan.
Dit is werklik jammer dat hy gedruk gevoel het om verskoning te vra. Die klaers verdien dit nie. Die EFF is amper nes klein brakkies wat blaf en blaf. Geen manier dat hulle enige landmyne sou plant waar ons bymekaar kom nie. Het julle al gedink wat dan met hulle sou gebeur? Mens kan tog nie met ‘n dwaas argumenteer nie, hulle sal dit nooit verstaan nie.
Wat ‘n skande dat daar soveel van ons is wat sulke swak afbrekende kommentaar lewer. Koel af verdomp, drink of rook ‘n ietsie, bid en kalmeer. Lewer dan kommentaar wanneer jul rustig is. Niemand van ons is sonder foute nie. Julle is nou besig om die hele land se mense meer negatief te maak. Wie sou in elk geval met sulke bure wou opgeskeep sit.
Sies – gaan sit in die hoek.

Elize ·

Matt 5 : 10 – 12
Geseend is die wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel. Geseend is julle wanneer die mense julle terwille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle se. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.

Hierdie boodskap is vir oom Angus. Ons bid vir jou oom Angus ons weet jou bedoelings is opreg.

PieterJohannes ·

Mooi Hannes! Al hierdie lelike kommentare wys maar net hoe vêr ons mense afgedwaal het. Party glo glad niks. Sommiges glo hulle blinde leiers. Ander sal eerder vir Siener van Rensburg aanbid as die Lewende God wat die Skepper van die heelal is. Angus Buchan het homself verneder en om verskoning gevra. Hy verstaan dat selfs die slegste mens se siel ook belangrik is vir God. Dit is nie Sy wil dat een siel verlore sal gaan nie, maar dat almal gered sal word. Is hulle God so swak dat hy nie ‘n EFF lid se siel kan red en hom kan verander nie? Wat van “Bid vir jou vyande” en “draai die ander wang” ? Nee ons is te hoogmoedig daarvoor.

Johnny ·

So sal dit wees ons nasie sal onder mekaar stry baklei en beter weet dit is so n jammerte kom ons gaan op ons kniee en se broer suster ek verskil maar ek respekteer jou mening

D ·

Angus, mag ons Hemelse Vader wat jou hart sien en ken, en ons ALMAL se harte sien en ken, jou seën en Sy vrede en goedheid oor jou uitstort. Vrede vir jou.

GP ·

Waar kom al hierdie beledigings van oom Angus vandaan. Wat het hy verkondig wat teenstrydig was teenoor die Bybel of is dit n geval dat mense gladnie meer glo nie? Hy het nooit gese hy is n profeet nie. Wil graag weet wat mense se grief is? Ek was by verskeie van sy saamtrekke en was groot sukses volgens my.

FN ·

Stem GP. Die tyd waar ons in lewe is die tyd waar die kaf van die koring geskei word. Jesus self gese los die onkruid dat dit saam groei. Met oes sal onkruid in die vuur gegooi word. Ek stem vir Oom Angus. Sy bedoelings is suiwer en hy dien die Here met oorgawe. Hy het al BAIE siele na Jesus gelei oor die hele bevolking spektrum. Prys die Here!!

C N ·

Wow, FN jy slaan die spyker op die kop. Die kaf word van die koring geskei. Die kaf is uit op ‘n hekse-jag. Maak nie saak wát Oom Angus kwytgeraak het nie, hy sou verkeerd wees, want die kaf soek iemand om te kruisig. So dit is die koring se werk om saam te bid en saam te staan, want soos die 110 verskillende Afrikaans politieke partye, weet die Afrikaanse volk nie wanneer om saam te staan nie. Dit is elke kewer op sy eie hopie mis. So kom ons bid lewe oor elke negatiewe opmerking hier, oor elke klip en elke doemprofeet en ons vra God om hulle te vergewe want hulle is moeg en hopeloos. Hulle weet nie wat hulle doen nie.

MC ·

Pasop! Die oordeel kom geen mens toe nie, dit kom God alleen toe.
Met die maat waarmee jy ander oordeel sal jy self geoordeel word.
Dan vra ons, waarom hierdie land so lyk?
Omdat ons nie saam staan en die Almagtige GOD van hemel en aarde in krag en waarheid aanbid nie..

JJS ·

So een van Angus se mense in Suid Afrika is darem Janus Walus, hy is immers die enigste wat 25 jaar sonder parool nou sit?

Jax ·

Ek is beslis nie deel van jou volk nie Agnus! Ek is n mens en vir verdere klassifikasie is dit glad nie nodig. Jy het geen reg om enige verdeling uit te spreek nie. Ook nie om enige oordeel te fel nie. Jy het baie binne-kamer werk wat vir jou wag – afsondering om God se woord te kan ontvang.
Om jammer te sê is eending; om dit uit te leef is waar die ware werk inkom.
Wanneer n mens namens God praat, sê jy wat Hy sê – nie jou eie woorde nie! As jy dus n prediker is, is dit nie jou woorde nie – net jou stem

SixGun ·

Ek sien n dwalende volk, n verlore volk.
Ek sien n volk wat loop oor warm kole.
Ek sien mense met eie waarheid.
Ek sien n volk wat vedraai is van die werklike waarheid.
Ek.sien n dwaasheid wat heers oor Suid Afrika.
Ek sien swaar kry onder sy mense.

Dirkie ·

Al die negatiewe kommentaar reeds genoem is bewys sòvele mense in ons land tè slapgat geword het, of ooit was, om tyd op hul knieë te spandeer voor God, oor die situasie in ons land. Die Bokke het gewen, en alles is goed. Oom Angus maak op die ingewing ‘n polities-onkorrekte stelling, en julle, wie net sy naam ken, kruisig hom, as mens, terwyl die hele Suid-Afrika om ons afbrand. Gaan koop water en voer vir die boere, uit jul sakke. Verkoop jou bates, en gee vir die boere hulp. Maar nee, die boodskapper moet geskiet word. Gaan kyk eerder in die spieël, sien wie jy is, wat uit jou hart deur jou mond borrel, en dink dan nog steeds jy is groter as die Een wat planete in bane geplaas het; reën gee en wegneem; die regering in bewind plaas, of verander. Kry jul harte in orde. Praat met ENIGE persoon wat It’s Time, of enige Mighty Men byeenkoms bygewoon het, omdat hulle wou. Sê dan weer van Angus Buchan wat julle hier sê. Hy verdien nie ‘n duit uit enige byeenkoms nie, maar ALMAL wat toerusting beskikbaar maak, skenk dit, òf word betaal.
Negatiwiteit hou ons land waar dit nou is; plat, arm, siek, honger, korrup, melaats, moreel-vrot.
Bid, en ons kan opstaan.

Danien ·

Oom Angus. Daar is baie vra maar oom het nou gedoen wat die vyand wil he en dit is om nie gehoor te gee aan God se stem om die volk saamte bring. Ons Afrikaner is n verbondsvolk wat n verbond met God gesluit het en daarom vier van ons dit nog op die 16 de Desember maar ons het ons rug gedraai op God net soos die Israeliet en ons kan dit lees in Jeremia 2 en 3 en dan sal ons sien hoe vergelyk ons die Afrikaner met Israel. Vandag vra ek Danie Naude as julle wat hier lees dan asb ook julle bybels sal vat en lees Jeremia 2 en 3. God roep na ons terug na Hom. Gaan vertel dit vir almal voor dit te laat is. Mede broers in Christus swart en wit. God roep na ons. Ons is tans in n woestyn maar God wil ons daar uithaal en Seen. Be Blessed today in Jesus Christ Name.

Danien ·

Ek wil net vandag se dat ons as mens vandag predikers wil aanhang. Ons val van die een kerk na die ander. Predikant, Pastore, Priesters almal val mekaar aan. Die een se so dan hardloop ons na hom, more se die ander so dan hardloop ons weer na hom. Ons wil verhoudings he met die leeraar wat ons ore streel in plaas daarvan dat ons n verhouding het metDie Groot Meester Christus Jesus wat ons kan lei in waarheid. Deur n verhouding te he met Hom sal ons ook n Gees van onderskeiding he dan sal ons kan onderskei wat reg en verkeerd is. Luister keer terug na Christus Jesus Suid Afrika want n Web Ellis beker is net nog n afgod van korte duur.

Martin ·

En so kom hulle almal tot n val, sal maar sien hoeveel ondersteuners us daar volgende keer.

Anoniem ·

Die grootste verskoning in die heelal gaan die die feitlikheid en waarheid van sy stelling verander of wegvat nie. Dis ongelukkig nog ‘n wen vir die goddelose. … maar die Evangelie sal hulle nooit gestop kry nie.

joker ·

@ lamand hierbo. As jy vir ‘n oomblik gedink het die handjievol boere en hul helpers kon teen die oormag wen sonder die Ingryping van ‘n Almagtige God soos wat wel gebeur het, ou, dan is jy die grootste optimis wat ek tot heden ontmoet het.

JP ·

Dit verbaas my elke dag om te sien hoe kerke net orals opslaan. Elke tweede persoon dink hy is ń profeet en sien dan die reg daarin om blinde mense sê geld te vat vir sy eie rykdom. Vir die wat dit vir die regte doel doen well done! Die wat valse profeete is, sterkte dit is een van die sondes wat die swaarste opgelê word.

Dirkie ·

Jy praat seker van Buang, of Julius, of die OB, of SAA, of Eskom. Solank daar ‘n oproep is na ‘n geleentheid waar ons land kan saambid vir herstel, genesing, vergifnis, reën, en witgepleisterde grafte – dan gaan ons, en ons bid. My Skepper en Voorsiener leef, en Hy sorg. Soms vat dit ‘n boer om een verkeerde stelling te maak, om die volk op die punt van hul stoele te laat sit, en agter te kom hulle doen self eintlik nìks vir Suid-Afrika nie; nie eens bid nie. Kyk in die spieël…….

TN ·

Netso ” leef ” die god van elke ander geloof op aarde ___ dit leef in die denke van die wat dit geskep het . Die godheidbeginsel is ‘n skepping van die mens en nie andersom nie .

Gaitsigubib ·

Goeie brief Dirkie, wat my weer laat soek vir die balk in my oog. So bly jy kon jou punt maak sonder om die deel aan te haal. Aanhalings kom dikwels van die wat nog nie in sy lewe n bybel gesien het nie.

Gaitsigubib ·

TN jy kan nie bewys dat daar nie n God is nie al probeer jy hard. Ek gee toe dat dit moeilik is om te bewys dat daar wel n God is. As jy egter glo dat alles wat ontstaan het, blote toeval was nadat dit vir n ewigheid staties was, gaan jy maar sukkel om realisties te klink. Onthou om die woord “ewigheid” te gebruik is verkeerd, want tyd het ontstaan gedurende die skepping. Dat daar n “Krag” (met hoofletter) was wat alles begin het is eintlik logies. Selfs Steven Hawking het dit geweet maar het rebeleer teen sy eie logika. As jy dink die skepping is statisties moontlik om toevallig te ontstaan moet jy vandag nog lotto kaartjies begin koop. Die kans is beter of 50 maal agtereenvolgend die lotto te wen.

Oom Johan ·

Ai tog….ai tog. Eers begin Susan die twaalf stamme opnoem en vra waar’s die Boere. As sy ooit die verskuiwing van die 12 stamme sou ontleed, sou sy besef het al ons Europese stamme kom gesamentlik van die 10 verlore stamme van Ysra’el af. Slegs Yuda en Benjamin het vanaf Babilon, terug gekeer na die huidige Ysra’el. Die 10 verlore stamme het deur die Bariëls-poort, in die Kaukus gebergtes, in die Europese dispora, verdwyn. ( hoekom word blankes as Kaukasiërs beskryf?) Dis hulle wat die evangelie verder gedra het, bybels gedruk het en kerke gestig het. Dis hulle wat wyd versprei het deur die wêreld en nog steeds die waardes en reëls van Vader probeer nastreef. Moenie die klassieke fout maak wat predikante vandag nog maak deur te dink aan Israel as jy die woord Jood hoor nie, of aan ‘n Jood dink as jy die woord Israel hoor nie!

Ons is net so deel van Israel as wat die res van Europa is. Ons het die evangelie SA toe gebring en hier uitgebrei. Wat’s die probleem? Ons het ‘n verbond met die Elohim van Israel, of jy nou daarvan hou of nie! Hoe moeilik dit vir jou is om te verstaan, maar daar is volke wat Vader “addergeslag” noem en wat Hy haat, selfs vandag nog. So moenie met jou vooropgestelde idees kom en sê dat Vader YHWH nie ‘n verbond met ons het nie……Hy’t juis ‘n verbond met ons!!

Aukje ·

Ai ai…en almal wat so gal braak…julle het seker nog nooit iets verkeerd gesê.

Mariette ·

Ek sal NIKS minder respek he vir oom Angus nie…. Kan ek net byse, hoeveel mense wat negatief optree het oom Angus aanbid en nie die HERE wie hy verkondig nie. oom Angus is n mens, en mense kan ook foute maak. Dis tyd dat mens die HERE aanbid en nie die Mense op “pedastils” sit nie. Passop wat jy se van n Godsman….

Heksie ·

Hierdie hele ding is uit verband geruk! En ek sal steeds oom Angus ondersteun!

En die EFF en sy trawante, het nog niks gesien, God is in beheer en julle bommetjies sal nie werk nie!
Ons aanbid nie ‘n tokolossie of voorvader geeste nie!

Sakkie ·

Se die Bybel nie jy moet mooi dink voor jy iets se nie. En so se al die bekende predikers iets en dan as hulle aangevat word dan staan hulle nie vas oor dit wat hulle gese het of oor n standpunt ingeneem het nie. Die land gaan agteruit omdat daar nie meer profete is wat nie bang vir die regering of konings is om te se so se God se woord en daarop vas te staan. Dit is hoekom die land onregeerbaar geword het.

Quentin X. Viljoen ·

Dit help nie julle oordeel Oom Angus nie. Lees Lukas 6:27-28 en kyk of julle “soos Jesus” probeer wees! Ten minste PROBEER hy!

Quentin X. Viljoen ·

Dit help nie julle oordeel Oom Angus nie. Gaan lees Lukas 6:27-28 en kyk of julle “soos Jesus” probeer wees. Ten minste PROBEER hy. “Haal eers die balk uit jou eie oog”-onthou?

Ongeloof ·

Dat die aartappelboer van Zim die volk so kan omkrap is vir my verskriklik “entertaining”. Julle is mos almal self kinders van die Here, hoekom het julle hóm nodig om vir julle te bid? Ek vra ook maar net…

treurgrond ·

More al wat ek wil se wys my nog ‘n ander man wat mense bymekaargebring het om vir God te bid – nie net een of twee mense nie duisende. Manne en vrouens en kinders wat in een stem se U wil sal geskied en wat bid vir reen en dan gebeur dit. ‘n Mens kry eintlik ‘n rilling as almal gelyk bid – en Amen se.
Kom ons dink eers daaroor. Ek luister elke dag op RSG Man van Sirene om kwart voor drie en my hart bloei as ek dink wat Jesus deurgegaan het om ons siele te red. Hou op met die klipgooiery en se net Amen.

Pieter Spire ·

@Treurgrond, daar is talle ander “mense van god” wat streef om mense saam te bring. Slotsom: Die selferkende profete van god (wat hulself sommer die titel gegee het” bring mense byeen vir een ding en een ding alleen. “$$$$$”

Kraaibakke ·

Almal met hul grootheidswaansin en bevoor odeeldheid ,wag jou dag sal kom om verantwoording te gee ,nie vir ons te besluit waar en waneer .

Ai ·

Ai en hier sien ons hoe die lelike kant van die boerevolk uitkom. Dis hoekom ons nooit kan saam staan nie. Maak nie saak wie wat gesê het nie. Julle wys nie nou op hierdie blad dat julle kinders van die Here is nie. En oordeel my maar wat ek sê “Die wat die eerste klip gooi ……..”

Paul ·

Gaan heen en sondig nie meer nie—is die kern gedeelte van die Godspraak!

ACJ ·

Gooi jy maar die eerste klip op hom,geen mens is te goed om ‘n fout te maak nie.

Aster ·

Nee wat is hy dan nou bang?? Die ironie hier is die naam van sy gebeds byeekoms “Staan op vir Jesus”…maar hy kan dit nie self doen nie. Is ons as Christene dan nie veronderstel om juis op te staan vir Jesus, maak nie saak wie wat sê nie???

Rubber ·

Oom Angus se stelling is geensins verkeerd nie. Maar hoekom moet God die gelofte hou as ons as naaste die Gelofte vergeet en minag. Vergeet dat ons spesiaal is as Afrikaner. Wat spesiaal is is die verbond met God. En nou huil ons omdat ons as volk uitgemoor word?

Adriaan Odendaal ·

Dit wys hy is ‘n man met geen ruggraat. As jy dit gesê het, volstaan dan daarby en moenie om draai en jouself probeer beskerm nie. Jy is in elk geval nie ‘n Afrikaner nie, jy is ‘n engelsman wie se voorsate ons vermoor het in die anglo-boereoorlog.

Foxi ·

Is ons almal perfek? Wie is ons om te oordeel teenoor n ander? Hoeveel mense het n bybel en die wat een het wat erens in n kas lê en stof opgaar, het die skrif al oop gemaak en dit probeer lees? Oom Angus Buchan sal net in homself weet waarom hy sulke dinge gesê het. Net hy alleen sal in sy eie marteling worstel en net hy kan vrede in homself kry.
Nee wat, of hy nou reg of verkeerd was, dit maak nie saak nie! Ek gaan hom beslis nie kruisig nie.

Msp ·

Gardee moet verseker vervolg word vir sy aanhitsing om onskuldide lewens in gevaar te stel. As die eff nie Buchan se verskoning kan aanvaar nie kan gardee se verskoning ook nie aanvaar word nie. Buchan het niemand se lewe in gevaar gestel nie maar gardee wel. As gevolg van sy (gardee) soort uitsprake het duisende mense al hulle lewens verloor.

AB ·

Baie dankie Oom Johan, wys net weer, almal wil hul opinie gee en dink hul opinie is reg. Ek het al swaar in die lewe geleer, bly eerder stil as jy nie heeltemal seker is nie of as jy nie ‘n saak van alle kante af gehoor het nie. Ons mag opinies he maar maak seker mense weet jy gee net jou opinie en as hy deur feite verkeerd bewys word, aanvaar dit dan so en erken jou insiening was verkeerd. Die feit dat almal so galbraak sit die vyand lekker agteroor en lag vir hierdie hele spul, dit vat glad nie baie om mense verdeeld te kry nie. Wanneur gaan ons ophou klippe gooi en mense veroordeel. Ek het ook voorheen dit gedoen so ek is nie onskuldig nie maar toe my oe oopgegaan het en ek die waarheid geleer is het ek bekeer en omgedraai van die verkeerde dinge af en maak ek nou ‘n besluit om nie selfsugtig te wees nie en om die son die sien skyn oor my mede mens. Dit is glad nie nodig om so vinnig aanstoot te vind nie of om vinning kwaad te raak nie, besef almal maak fout, vergewe vinnig, dink voor jy doen of praat, maar belangrik moenie optree uit emosie nie. Net my opinie

LINDA ·

Aan almal wat so beskludigings rondgooi-Gaan terug na die Woord van God-Judge not unless ye be judged-enige persoon sonder sonde gooi die eerste klip-hoekom die man so kruisig en wat is so verkeerd-nee bid liewer vir day EFF party-hulle soek fout met alles wat ges^e word oor kleur-in plaas van hulle belofted nakom met die eleksie-nou vind hulle fout met Bomme plaas-nee Vader die land is so in rep en roer en die mense wat bereied is om te bid-word gestenig nee BID BID BID BID BID BID

AnnBatt ·

The Old Covenant between God and Israel was broken and a New Covenant was made through the shedding of Jesus’ blood. It is God our Father alone who calls/drags and chooses whom He wishes into that New Covenant which includes people from all nations, colours and creeds who respond to that calling and keep His Commandments/Law…
And he said to him, “You shall love the Lord your God with all your heart and with all your soul and with all your mind. This is the great and first commandment. And a second is like it: You shall love your neighbor as yourself. On these two commandments depend all the Law and the Prophets.
Matt 22:34-40

PietS ·

AnnBatt

The Israelites broke the covenant but not God. He promised over and over again that His covenant with Israel is an everlasting covenant. There is many proof of this in the bible. Even Paul declares that all of Israel will be saved. Also read what David said in Psalms 105 and what Jesus said about the lost sheep of the house of Israel.

Attie. ·

Ek is skaam ek praat Afrikaans. As ek hoor hoe julle my Godgegewe taal stadig maar seker verengels en glo dat Afrikaans nie ‘n besigheidstaal is soos Engels nie dan kry ek skaam ek Praat Afrikaans. As ‘n ou man met ‘n cowboy goed en ‘n perd my volk in Engels wil lei op die regte pad en ek wonder waar is ons geestelile leiers dan dat hulle dit nie doen nie dan kry ek skaam dat ek ‘n Afrikaner is. As ek kyk na my mense se spelvermoë en ek sien hoe skryf hulle op ‘n selfoon dan is ek skaam en wonder ek soms wanneer gaan God die mooi taal van ons wegneem. Ek het nuus vir julle, die Here wat tale gemaak het is reeds besig om Afrikaans van die aardbol af te vee en ek neem hom nie kwalik nie, ek wil net huil. Oom Angus is my ouderdom en hy kan nie Afrikaans praat nie maar 98% van sy volgelinge is Afrikaans omdat geen Afrikaanssprekende geestelike leier kon doen wat hy gedoen het nie. Angus, k volg net die Here maar ek eer jou as kneg van die Here. Los jou hoed en jou perd by die huis, bring net jou Bybel na ons en probeer ‘n bietjie Afrikaans praat.

Dienaar ·

Liewe Heer.
Vergewe asb my volk en wees hulle genadig. Hulle het geen idee waarmee hulle besig is nie. Spaar hulle asb U afrekening as dit U wil is.
Amen.

Abraham ·

Oom Johan, jy is 100% korrek. Dit is vir my duidelik dat jy jou Bybel en Bybelgeskiedenis baie goed bestudeer het. Sien 1 Sam. 17:42 en Klaagl. 4:7. Ek wil ook net byvoeg dat Israel is nie die Kerk nie en ook nie die Jode nie. Dit is vir my duidelik dat ons mense lees maar net Die Bybel maar kom nooit so vér om ‘n studie van God se Woord te maak nie.

GP ·

Hierdie tyd is waarskynlik n groot laagtepunt vir oom Angus. Staan vas Oom. Ek vir een het baie respek en waardering vir wat Oom al gedoen en vir baie beteken het. Sien hierdie as n kleinigheid in vergelyking.

Pietie ·

Ons sien dat Jesus en Stefanus het namens ander mense om vergifnis gevra en gese: “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie”

Deon Venter ·

Julle is ‘n bejammeringwaardigende volkie. Ons sal sien waar al julle wysneuse is wanneer die tyd van moeilikheid kom. En ja, Piet, ek praat van die tyd van regte moeilikheid. Want dan gaan julle moet terugkeer na God toe – of julle wil of nie. # Dienaar, ek voel jou pyn.

Pieter Spire ·

My opinie is dat Angus Buchan GLO wat in die bybel geskryf is. Sy praatjies maak nie sin nie (net soos die bybel), maar mens kan hom nie verkwalik nie. Dit is deel van die probleem. Die bybel moet eindelik n’ ouderdoms beperking he a.g.v al die moorde wat in die Ou Testament deur God homself beveel word. Die Ou Testament en BAIE dele in die Nuwe verse is vir die Christendom n’ groot problem, veral die volgende teks verse:
*LEVITIKUS 20:13:
*Hosea 13:16
Gaan lees gerus….
Ek belowe julle dat predikante min van die Ou Testament in hulle preke insluit (VERAL DIE 2 VERSE BO). Daar is ook baie, baie dele waar die bybel beweer die vrou MOET onderdanig wees aan die man (dit is wat Angus lees, glo en dis die oorsprong van die MM Konferensie.)

Hierdie is n’ boodskap aan alle mense: Gaan doen eers navorsing voor julle net summier alles glo wat aan julle opgedis word. Glo my, die bybel is “Archaic”. Ons lewe in n moderne typerk en bv. vrouens wat regte het kan dankbaar wees dat die kerk nie meer in beheer is nie. Glo my.

Pieter Spire ·

‘You can’t convince a believer of anything; for their belief is not based on evidence, it’s based on a deep seated need to believe’ -Carl Sagan

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.