Buchan reageer op sanger se ope brief

Angus Buchan

Angus Buchan (Argieffoto)

Angus Buchan het Dinsdag gereageer op ʼn ope brief deur die sanger Tobi Jooste waarin hy onder meer praat oor die beweerde bedrag geld wat die evangelis maak en waarin hy ook sy opinie oor die “effektiwiteit” van die byeenkomste lig.

Jooste het verlede maand in dié brief wat op Facebook gepubliseer is geskryf “geloof is ʼn leefwyse, en nie iets wat jy van ʼn verhoog af uitbasuin oor 10 000 kW-luidsprekers nie”. Dit was die eerste keer dat Jooste in die openbaar oor die evangelis gepraat het.

Die sanger het veral daarop klem gelê dat Buchan glo ʼn hoë tarief vir byeenkomste vra en munt slaan uit dié massa-byeenkomste, soos die It’s Time-byeenkoms op 22 April wat hy reël.

Buchan se kantoor het Dinsdag in ʼn verklaring aan Maroela Media gesê openbare kommentaar is altyd welkom en die persepsies van die publiek word ook altyd in ag geneem.

“Ons hoop ons sien Tobi by It’s Time op 22 April in Bloemfontein waar hy die teenwoordigheid van God kan ervaar. Jakobus 5:16 sê: ‘Die vurige gebed van ʼn regverdige het groot krag,” lui die verklaring uit Buchan se kantoor.

Jooste se ope brief het gemengde reaksie uitgelok. Die sanger het byvoorbaat erken dié brief gaan hom “in die moeilikheid bring”.

“ʼn Tannie bel my die ander die dag en vra of ek sal kom sing by hul saamtrek, want hulle wou jou bespreek, maar jy tree slegs op wanneer daar soveel duisend plus mense is met ʼn fooi waarmee ek ʼn Mercedes kan koop,” skryf Jooste.

“En toe sien ek jy bring jou eie Bybel uit, my Oom. En ek wonder, onderskat jy ons boere se intelligensie dat ons nie die gewone Bybel kan verstaan nie? Ek, wat self ʼn skrywer is, maak toe die som. As 40 000 mans jou Bybel koop, teen R300 ʼn Bybel… ? Ek lig my hoed vir jou. Jy doen goeie werk. Maar wat gebeur wanneer jy die skare huis toe stuur en jy ABSA toe gaan met die kontant?”

Tobi Jooste (Foto: Facebook)

Jooste het verder ook gese Buchan se byeenkomste is nie noodwendig effektief nie, omdat geloof “ʼn leefwyse” behoort te wees.

“Ek dink jy doen wonderlike werk, maar jy kan nie iemand brood gee vir ʼn naweek, en honger huis toe stuur nie. ʼn Tannie skryf vir my op Facebook ʼn boodskap en sê: “Tobie, my man kom Sondagaand hier aan met ʼn lied in sy hart, maar Maandagaand toe word ek weer aan die hare rondgepluk.

“En ek wonder, my Oom: Dis soos om vir iemand te leer motor bestuur, en dan met ʼn Porsche huis toe te stuur en te sê; sien en kom klaar. Geloof is soos bad, jy moet dit daagliks doen, anders word jy maar weer vuil.”

Die sanger het egter volgehou dat hy nie dié brief oor “suur druiwe” skryf nie, maar bloot net omdat hy “opstaan vir dit waarin hy glo”. “Ek lig steeds my hoed vir jou. As jy een van die 40 000 se harte kon aanraak, was die miljoenrandkamp sekerlik die moeite werd.”

Jooste het ook kritiek vir sy brief gekry. “Wie is jy? Jy soek aandag en roem. As Christen sou jy nie geoordeel het wat oom Angus doen nie, jy sou dit bygewoon het,” het Jeanette Gouws op Facebook geskryf.

“Hoeveel keer sê hy in die brief dat hy nie oordeel nie, maar dis tog wat hy doen,” het Anestha Smit laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

284 Kommentare

M ·

Hoeveel mans het ek al gesien opruk na Angus toe, wat daagliks etenstye agter hul bybel sit, maar wat hul vrouens mishandel en drank misbruik. Nee waat Angus raak miskien 1 persoon se hart na so byeenkoms volgens my opinie. Die res gaan net om van hul vrouens ontslae vir ‘n naweek.

Jaco ·

Wie is Tobie Jooste? Nog nooit van hom gehoor nie.
Ek weet wel wie Angus Buchan is en ek weet Wie Jesus Christus is.

Bles ·

M, nee ek weet nie want jy se ons nie. Daardie storie het ek ook al baie gehoor en as ek rie een konfronteer wat dit versprei en ek vra n naam, dan is daar net n vae bewering. Nou vra ek jou gee my n naam en kontakbesonderhede van so iemand. Ek wil graag met hom n woordjie wissel. My eposadres is [email protected] .

Kind van God ·

Jy sien Angus raak nie harte aan net dus God se werk en as n man of enige mens na n byeenkoms gaan en nie omdat hy na God dors nie dan sal hy net so bly soos hy is. God is n gentleman en dring Hom op niemand af nie mens nooi Hom in jou lewe in. Angus is n kind van God wat n roeping uitleef hy is nie God wat mense se lewens verander nie hy is n mens en n spesiale vriend van God.

Marie ·

Ek dink Tobie behoort Angus beter te leer ken. Ek was nog nie by Angus se saamtrekke nie maar enige een wat die waarheid oor ons God verkondig sé ek “GOOD”. Tobie en Angus doen presies die selfde al verskil is dat Tobie doen dit vir die mens se goedkeuring en Angus doen dit vir God. Ek luister eerder elke dag na Angus as wat ek na Toby sal luister. Ek dink Tobie behoort meer respek te toon aan Angus en behoort hom omverskoning te vra vir sy goor brief. Maar aan die anderkant, Jesus was ook gestenig vir Sy bediening op aarde. Keep up the good work ANGUS.

Se Maar Net ·

Hoekom is dit vir jou moeilik om die werk van God in die hele proses te ervaar en te sien?
Want waar daar meer as 1 in Sy naam bid en dien is Hy. So met ander woorde, al raak Vader net 1 mens aan is dit ‘n siel vir God. Waarom moet ons baklei, en nie saam staan nie? Hoekom is
ons in alles verdeel. Luister vir eens, net God kan die mensdom en die land red. En as Vader die oom gebruik, is dit in my oe reg. Wat die geld betref, dit is ‘n by – saak. Jy gaan soontoe om te bid in ‘n massa. My vraag is waarom kan ons nie vir eens net SAAM STAAN nie.?????

Piet Snot ·

M, dis juis sleg sondaars wat so ‘n naweek nodig het (soos ek). As so iemand agterna hard probeer (onder Oom Angus of wie ookal se invloed) maar steeds sonde doen, beteken dit nie die prediker was nutteloos nie.
Daar was eenmaal Iemand wat 12 rowwe ouens 3 jaar agter hom laat aanloop het, en steeds het hulle soms lekker drooggemaak (vul self die detail in). Beteken dit Sy koms na die aarde was nutteloos?

Deon Retief ·

Tobie moet nie werk van die Here minag nie , onthou om sensasie op so manier te wil bekom plaas jy ‘n geweldige oordeel op jouself .Wees nederig en bly op jou kniee .Ek het nog nie een van hierdie byeenkomste bygewoon nie maar my hard brand om dit te kan doen .Ek bid vir jou .

Hennie ·

Tobie, my seun vra my verlede week wat se kerk verband is Anghus, my antwoord was maak dit saak? Want sy doel is nie om mense weg te rokkel van hulle kerke af nie, maar om die mense bewus te maak van Christus, om die kerke voller te kry en mense met oordeel in hul harte terug te bring na die weg van God, hy maak die werk van predikers makliker, maar dit nie elkeen wat geroep is wat volg nie. Een siel is meer werd dan al skate van die aarde, as hy uit 40 000 een siel gewen het vir God, is baie groot gewen, in my oe doen hy wat baie ander predikers moet doen, loop voor en stel die mense weer voor aan Christus. Tobie gaan op jou kniee en se dankie daar werklik Gods mense op jou pad gekom het, vat die oordeel uit jou hart, Jubbel en wees bly jy het n kans om reg te stel in die Here.

Anne-Marie ·

Ek stel voor dat die verhouding tussen NAR en Angus gedoen moet word, en daarna kan gevolgtrekings gemaak word. Raadpleeg gerus: discerningtheworld.com, artikels NAR

Kosie ·

Lees jou Bybel self moet nie dat een persoon dit vir jou lees
en dink hy is God wat hope mense trek nie

willie ·

Verkeerde manier om reklame te soek Tobie! Ek het nog nooit van jou gehoor nie ,maar sal nou vir die verkeerde rede weet wie is jy!

Theuns ·

Tobie,dis gevaarlik om n man van God aan te vat…..sê maat net.

Helet van Blerk ·

Woord se duidelik in 1 Kor 6 ons moet beoordeel. Almal wat skree Here Here is nie noodwendig gered en regverdig voor God nie. Ongelukkig het mense verskeie motiewe.
En ongelukkig het ek self op onlangse videos wat Angus uitgegee het gehoor hoe hy se Jesus het aan hom verskyn. Dis onwaar want Jesus se self Hy gaan na Sy Vader ons sal Hom nie meer op aarde sien nie(joh 15 en 16). ANGUS se Jesus gee hom getal van n miljoen wat gaan opdaag. Onthou dis nou Jeus self se getal. Dan in volgende video reken Angus “ander”, wie ookal die ander is weet ek nie, maar “ander” beweer daar gaan meer wees. So wat nou van Jesus se getal? Als al 2000jr en meer gelede opgeteken wat Hy wil he ons moet weet. Niks meer of minder. Openbaring se nie n jolt of tilel mag weggelaat of bygevoeg word. Nou is daar skielik oral nuwe proffesiee oor SA. Daar is baie klem op fals profete in Nuwe Testament. Als moet in lyn met God se woord wees. Ons mag niks byvoeg. Dus ook nie nuwe proffesiee nie.
Ons maai wat ons gesaai het in die land. Geen hoeveelheid gebed gaan God se wet verander. Hy vergewe ja maar jou gevolge sal jy dra. God laat nie Sy arm draai nie.
Be not deceived, God is not mocked, for whatsoever you sow and that only shall you reap. GAL 6:7

Hendrik ·

Is Angus nou verhewe? Word hy op die spreekwoordelike podium geplaas? Tobie het nie geoordeel nie – hy het op die man af sy standpunt gestel. Hoera Tobie!!

AL ·

Want jy word beskerm deur God. Die geldstorie is tussen oom Angus en die Here. Party mense kla die kerke en dominees soek net geld, maar geld is nodig om infrastrukture in stand te hou ens. N Dominee moet ook eet en n gesin versorg.

Gerhard ·

Daar is die wat dink Zuma is die verlosser. Se maar net. :-p

Adam ·

Kinderlike Theuns en Suzy- ag asb tog gevaarlik en laat nie met hom speel- wat het gebeur en bring die bewyse.

geen-Angus-aanhanger ·

Skenk die wins aan ‘n kinderhuis of DBV. Hulle het ook die geld nodig. Ek stem saam Tobie.

Goku ·

Ek moet eerlik wees ek het glad n probleem met Angus nie. Hy raak bja mense en baie mense maak n omkeer na sy preke. Ek voel wel mense moet nie bang wees om hul mening oor n preker te lig en skuil agter die storie dat dit man van God is en jy kani so van hom praat nie. Ek het al gesien dat ps Ray (Rhema) vir zuma kerk toe nooi net na sy masjien geweer saga en raai wat hy bid en se die land het n geestike man soos zuma nodig en al di idiote in sy kerk lig hande na bo en se amen. Niemand vat hom aan nie want almal bang. At Boshoff van Crc nooi malema kerk toe en bid vir hom en se die Here sal hom seen ens. Ek meen di ou sing van blanke moorde en n klomp idiote in 60%+ wit gemeente se Amen Pastor. Hulle ook n 2uur diens vir mandela gehou na sy dood. Hy is maar effe bang om God se hulp om plaasmoorde te vra. Hy al hoeveel keer mense sleg gemaak ini kerk en raai wat niemand se niks, nie eers op sosiale media nie. Hy staan daar met sy geoefende armpies en se wat hy wil want jy mag tog nie n man van God teegaan nie.
Ek glo regtig nie oom Angus is soos hulle nie, en mag God hom gebruik om bja mense te raak en tot bekering te lei.

Lynne ·

Ek stem saam jou Tobi – geloof is ` n leefwyse _ Angus is soos Pastor Ray op die geldmaak uit – die afrikaner is net met die mond godsdienstig – hulle dink die Here weet nie wat aan gaan rsolank die mens dit nie sien nie . Theuns het jy `n brief om jou stelling te bewys?

Mytiensent ·

En net daar le die kruks van die probleem waarin die afrikaner hom bevind…daars geen eenheid nie. Hartseer.!!!

Gerhard ·

Moet ek nou saamstaan met ‘n idioot wat homself ophou met snert omdat by n Afrikaner is?

Dries Theunissen ·

Ek stem volkome saam met Helet van Blerk. Die Skotman lyk vir my ook soos ‘n valse Profeet. Sy hele storie klink na leuens. Gaan kyk maar na sy fim “Faith like patatoes” en besluit dan of ons hierdie man kan vertrou of nie.

Ww ·

Tobie Tree verniet en sy CD s is ook gratis jy kan, na hom luister maar hy se niks dus nie betekenis vol nie

Frikkie ·

Ons land is in groot NOOD en ons moet saam staan. Hierdie saak van 22 April het niks met oom Angus te deon nie, daar was ñ geRoep en daar word op dié geRoep gereageer. SA word wakker! Ons het die HERE nodig!!!

Quixilver ·

Nee Frikkie. gaan strate toe vrydag en verteenwoordig jou volk daar. dis verniet. Tobie Jooste ek gaan nou jou CD Download. lol

Pieter ·

Amen Frikkie! Ons krag lê in die Here, níé in protesoptrede of protesoptogte nie. Natuurlik moet ons iets doen wanneer dinge skeef loop, méér as NET bid.
Gebed, verootmoediging en geloofsvertroue moet egter die aksie begrond en rig.
My hulp kom van die Here!

Mel ·

Amen!! SA draai eerder terug na God toe en hou op oordeel !! Nou meer as ooit het ons nodig om op ons kniee te wees. Doen net wat reg is en hou negatiewe opinies vir julself! Baie onnodige energie gemors Tobie!!!

Brenda ·

Gebed sonder werke is nutteloos, en werke sonder gebed is nutteloos.

Elisabeth Kruger ·

Amen dit is nou die tyd wat ons op die Here moet vertrou.

Susan v Aswegen ·

Angus is n man van God…… soos wat God mense roep om sy werk op aarde as bemiddelaar te doen… so jou dominee mag ook nie oor n luidspreker die woord verkondig nie waar sou ons sonder daardie hoop in ons lewens gewees het…… hou op oordeel en gaan bid liewer saam dat God ons sal vergewe vir al die sondes wat ons pleeg….. as jy n Christen is oordeel jy nie jy bly op jou kniee God slaap nie wens ek kon gaan

Surita Coetzer ·

Voorwaar ons het God nodig……… maar wie aanbid ons God of mammon? God waarsku teen vals profete. Ons moenie vals profete volg en aanhang nie maar slegs ons knie buig vir ons Vader. Ons krag le in die Here en Hom alleen. Jammer ek stem saam met Tobie Jooste. Geen oordeel is gevel nie net n openlike opinie gelig iets waarop elkeen geregtig is.

Willie ·

Jy is reg, oom Angus, die gebed van ‘N regverdige het groot krag. As jy regverdig is, is jou gebed alleen genoeg.

Elize ·

Ek stem saam. God hoor elkeen se gebed. Waar twee of drie saam Sy Naam aanroep daar is Hy teenwoordig. Ook in my binnekamer. Dit is nie nodig dat ń miljoen mense moet saamtrek nie.

Johannes ·

Inderdaad het ons herlewing nodig… beslis het gebed krag, maar ek wonder ook of dit so op kommersiële wyse georganiseer kan word?

Chantal ·

Dit is immers elkeen se keuse of hy die dag bywoon saam ander in Bloem en of hy die dag in sy eie huis op sy manier bywoon. Wie is ons om te oordeel. God gebruik mense op verskeie maniere en as dit Angus is so be it laat Vader se wil dan geskied soos dit moet. Laat ons nie oordeel nie. Jy het ‘n keuse en as jou keuse is om te bly omdat dit “teen” jou “geloof” is dan bly jy stil en oordeel nie. My gebed is dat soveel harte aangeraak word en Vader die land sal ruk en skud en ons terugdraai na Hom toe.

Jean ·

Die ‘Its Time’ naweek moet n naweek wees waar ons, ons verskille by die huis los en saam as n groep ons desperaatheid vir verandering uitbeeld. Wie is ons om vinger te wys? Sal ons ooit God se volheid verstaan of begryp? Elke man/vrou doen wat hy dink reg is, kom ons gee die man/vrou langs jou kans om dieselfde te doen.

Gerrit ·

Ou Tobie…ek ken jou nie en ek luister nie jou musiek nie. My vriend…as jou verwyssingsraamwerk is dat jy bv. R200 ontvang vir elke persoon wat jou show bywoon…het jy ‘n lang pad en ‘n wonderwerk nodig om jou los te maak van die siening dat Angus Buchan dit doen vir geld… Bowen dit… dit gaan my verstand te bowe dat enige mens ‘n poging soos die(It’s Time) probeer saboteer… as hier nie iets DRASTIES in SA gaan gebeur en verandering(positief) word bewerkstellig nie…gaan jy slegs lyke oorhê om voor te sing ou seun. Hulle…betaal nie vir enige iets nie. Jou siening is pateties beklaenswaardig! Ek vertrou jou ogies sal betyds oopgaan!

John ·

Tobi doen 2 optredes in Knysna die maand vir liefdadigheid waar al die geld vir 5 “charities” gaan. Hoekom doen Oom Angus dan nie die selfde nie? Wys dit gaan nie oir die geld nie maar oor die woord. Ek sal met liefde ons NPO se inligting verskaf. #justathought

Michael barnard ·

Ek was self al by sulke byeenkomstes en dit is nodig maar wat word van al die nuwe babas wat gebore word na die saamtrek want die predekers is nie gepla oor na sorg nie dit is maar daardie baba se eie probleem vir kos om geestelik te groei.

Pieter ·

Byeenkomste soos hierdie bereik wel mense, al is daar dié wat onveranderd terugkeer. Daar word nuwe “geestelike babas” gebore, mense wat geraak word deur die boodskappe en die meng met gelowiges. As só “baba” in die Woord soek, iewers inskakel waar hy kan leer, en/of ‘n pad met ander gelowiges loop, sál hy ook geestelik volwasse word. As hy natuurlik níé gevoed word nie, sal hy seker wegkwyn…

Claude Kleynhans ·

Pieter, ek wil maar net se dat al die kere wat ek by n Mighty men saam trek of iets soortgelyks was dit duidelik gestel aan al die “pasgebore babas” soos jy dit stel. Kry vir jou n kerk naby jou woon plek waar jy gemaklik voel en skakel in, raak be trokke en groei. Dis eintlik logies pella

Santa Ward ·

Baie vreemd jou uitlating dat Oom Angus geld maak? Hierdie optrede is gratis. Onthou God roep mense op, om op te tree en as Hy vir Moses, Joshua en nog vele ander kon gebruik, hoekom nie vir Oom Angus nie! Ons bid dat ons land hulle kleinlike jaloesie sal laat staan en saam bid soos ‘n gelowige moet doen.

Gerhard ·

Ek moet wonder of jy nie maar net swak is in jou Geloof as jy agter hierdie profete moet aanloop nie.

Dalene ·

My goeie genugtig Tobie maar jy is kwaai met die oom. Ek stem saam, geloof is ‘n leefstyl. Hoekom mag oom Angus nie Die Woord oor 10 000kw luidsprekers uitbasuin nie?…..jy basuin dan jou beroep daaroor uit. Gelukkig hoef ek nie 1 van jou of oom Angus se DVD’s of CD’s te koop nie. Sing jy maar en los die oom dat hy preek…..hy bereik ten minste iemand

Mariah ·

Vat hande Oom Angus en Tobie.

Tobie gaan woon Oom Angus se byeenkoms in Bloemfontein en Oom Angus gaan woon jou volgende konsert by.

Onthou daar is n plekkie vir ons elkeen. Vat hande en gaan as vriende uiteen die lewe is net te kort om met so n kort stokkie te grawe.

Annatjie Kruger ·

Elke person wat in sy binnekamer gaan en erns maak met die HERE sal die teenwoordigheid van GOD ervaar. Dit lyk asof Buchan en sy reklame mense dink dat hy die enigste regverdige person in die land is. GOD luister na die gebed van elke gelowige wat in erns bid. Ek self weet nie wie Tobie is nie, maar hy raak kwessies aan wat Buchan duidelik nie kan of wil antwoord nie.

Maretha ·

Tobie, God is met groter goed besig as wat jy ken en met logika kan verklaar. Jer 33 v 3. Dis ‘n baie algemene ding vir geestelike leiers wereldwyd om Bybels uit bring. Vir Bybel studie verdiepingsredes vir mense wat in spesifieke geestelike groei belangstrelling het. Daar is geld betrokke, net soos wat jy nie n brood sal kan bied vir mense wat dit wil gebruik, sonder dat geld betrokke is nie. Maar dit maak dit nie die motief nie.

Bekommerd ·

Ja ek sal ook wil weet wie Tobie nou eintlik is en elke ou het sy eie reg. Sterkte. Ek wil Tobie vriendelik waarsku dat hy met vuur speel wanneer hy in God se pad staan. Moenie dat Sy oordeel eendag oor jou kom nie. Vergeet van geld, Angus doen baie goeie werk en manne wat al sy byeenkomste bygewoon het praat net met groot lof en bekering. Hierdie is Christen manne en julle moet nie n goeie daad van God veralgemeen nie. Gaan eerder op jul knieë en dank God vir mense wat vir hom opstaan.

Johan ·

Dankie Tobie. As jy na Angus moet opruk om God se teenwoordigheid te ervaar is daar groot fout!

cor ·

To be or not to be ek ken jou nie nog nooit van jou gehoor nie wil ook nie van jou hoor nie. Jy praat nie namens ‘n boer of afrikaner nie jy praat vir jouself. Jy wil tog so graag iewers heen genooi word en daar se Angus jy is welkom by It is Time so gaan en mag jy geseen word en jy die lig sien.

Engela Brink ·

Tobie is nie heeltemal verkeerd nie. Om in ń massa saam te bid vir ń gemeenskaplike doel het beslis ń doel.
Wat Suid Afrikaners noú nodig het is iemand wat nie net nou en dan opduik om ń verskil te probeer maak nie, maar ń Moses wat bereid is om in te staan…voltyds!
En dit is so, geloof is ń leefwyse. As jy nie ń persoonlike verhouding met God het nie sal nie Angus of enige sterfling jou in die hemel in bid nie.
Dit was lankal vir my opvallend hoe Angus net uit die Bybel aanhaal wat daar staan en mense reageer asof hulle die inligting vir die eerste keer hoor. Hoekom dan?
Mense is te lui om self na die Here te soek.
Angus het sy plek maar werklik, hy is net ń gewone sterfling.
Ek sien nie dat Tobie oordeel nie. Hoe ksn jy oordeel as jy jou mening bekend maak. Hy hang geen etikette nie. Ek dink mense verstaan die woord oordeel heeltemal verkeerd. Want na oordeel moet die dood volg.
As jy op ń fout gewys word, word jy nie geoordeel nie. Jy word reggehelp of lig jou beskeie of persoonlike opinie.
Ek ken vir Tobie van geen kant af nie. Maar ek ken Jesus, en Jesus ken my, en dis vir my genoeg.

Mari Wilken ·

Ons enigste Leermeester is Jesus. Mense hang predikers aan, en nie Jesus nie. En daarmee se ek niks verkeerd oor die man nie. Kyk na vele oorsee predikers. Misbruik God om geld te maak. Het seker as opreg begin, tot die geldgod oorgevat het… ek noem dit net ondat dit hartseer is. Gaan in jou binnekamer, en spandeer kwaliteit tyd met Jesus???

Buitestander ·

Die krag van die tong. Met die tong loof ons God en met die tong vervloek ons, ons naaste.
SO HOORT DIT NIE BROERS.

Lassie ·

Dis duidelik dat dit een groot publisiteitssoekery is vir Tobie., anders sou hy die brief persoonlik vir Oom Angus gestuur het. Die CD’s verkoop seker nie meer so goed nie.

John ·

So werk ek saam met n man wat elke geleentheid van Angus bywoon sy boeke koop. Die hartseer is dat ek nie sy geloof in sy lewe sien nie. As dit oor Angus gaan bly weg van al die byeenkomste…as dit gaan oor jou persoonlike vehouding met God woon alles by.

Giepie ·

Tobie seun, was jy al ooit op een van oom Angus se byeenkomste? Duidelik nie. Ek woon elke jaar Middelburg se Karoo Mighty Men by. As jy deur die hekke kom gee hul vir jou sy boeke en dvd gratis vir Pitkos. As jy enige ander van sy geskrewe werke soek sal jy dan daarvoor betaal. Of sing jy verniet. Moet nie jou mon uitwas oor iets wat jy geen kennis dra nie. Soos n vorigr skrywe genome het. Hierdie land moet op hul kniee gaan en bid vir God om ons te red en ophou op in kroee en nagklubs rond te le en drink en na live shows te kyk.

??? ·

Stem saam met jou Tobie. Ek Kon nog nooit ñ vat in Angus kry nie. My geloof Baie Baie sterk. Hy probeer op Sy manier goed doen. Maar mense Kom ons lewe die woord van die Here uit. En die land sal verander. Want as jy die mense in jou respekteer en lief het soos die Here sê. Gaan die land verander. Werk aan jou self en jou geloof. Die Here het Sal Baie wonderwerke in my lewe laat plaas vind. Met my foute en al. Ek leef vir Sy woord en nie Angus se woord nie.

veronica ·

Dit is nie Agnus se woord nie dit is die Here se woord en God werk deur hom xx asb hou op of jy nou die Here dien by jou huis of op ‘n plaas iewers of in di kerk maak nie saak nie xx Hy sê dan ons moet mekaar lief hê en mekaar se laste dra xxx

Wilma ·

Ag laat elke ene maar voor sy eie deur vee
Ten minste poog iemand om iets te doen
Ai, daar is mense in ons land wat’n blou duit doen en biljoene in hul banke het met lang vingers, oom Angus se hart is reg
Kom ons staan maar saam-hetsy bid in jou binnekamer, kantoor of daai dag by die korporatiewe byeenkoms-sekerlik sal die Vader elkeen se versigtinge van hul hart hoor en bepaal wie is op reg en wie vals

John ·

As ek so die kommentaar lees is ek skaam oor al die oordeel. Tobie maak wel geldige punte Jesus is verniet en toegangklik vir almal. Indien n persoon Sy Koningkryk kan uitbrei laat hom dit doen.

Louise ·

As Paulus nie sy ‘privaat geloof’ op die Akropolis verkondig het nie; Billy Graham met sy veldtogte nie ander tot verootmoediging aangemoedig het nie sou hulle on gehoorsaam aan God wees. Liewer gehoorsaam aan God as aan mense. Wees versigtig met kritiek, kyk wat het met die mense in Noag se tyd gebeur.

Johan ·

Bybel onder regter arm,ou hoed op d kop en groot kollektesak in linker hand,ferm oppad Absa toe.

Helene ·

Johan, as ek jy is sal ek my woorde tel. Dit is duidelik jy ken nie vir Angus Buchan nie. Jy is verkeerd en dit lyk my jy weet niks van die evangelis nie. Jy wil sommer net jou stem op Maroela media laat hoor en jy weet niks wat aangaan nie. Tel jou woorde!!!!

God is in beheer ·

Tobie. Ons land het God nodig en daarom die versoek vir n gebed dag. Jy moet liewer jou gewig by die dag gaan gee en n lied tot God sing. Ook 1ste keer dat ek v jou hoor.

Louis ·

Ek stem saam Marelize “Wie is Tobie Jooste” Hy dink nou dat hy baie aandag trek, maar eintlik maak hy ‘n gek van homself en soos die gesegte sê ” Leë vat draai toe jou kraan, anders sien almal dat jy leeg is” En al die ander negatiewe kommentaar van die vlak mense is soos die spreekwoord sê “Leë blikke maak die grootste geraas” Daar is so baie wat bekommerd is dat Angus so baie geld gaan maak, vanwaar gaan hy dit maak, aangesien daar geen toegangsfooi gevra word nie. Hy is in diens van onse God en God is altyd inbeheer en ek hoop regtig dat julle ou klomp raasbekke wel eendag tot bekering sal kom. Die Woord bevestig ” dat elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Jesus Christus die Seun van God is, by Sy wederkoms” selfs julle sal moet bely en dit kan dalk te laat wees. Shalom

Suzette ·

Als goed en wel maar dink bietjie hieroor… Hoeveel duisende mense gaan nie bymekaar wees op die 22ste nie? Het julle al gedink watse maklike teiken dit is? Ons bly in n land waar niemand meer veilig is nie en daar word n massa bid dag gereel…. Noem my maar paranoid maar mense gaan bloot gestel word. Ek het niks daarteen om vir hierdie land te bid nie maar hierdie is vir moeilikheid soek.

Delia ·

Aai Suzette, dieselfde gedagte het ook by my opgekom…..maar, as God teenwoordig is, sal hulle veilig wees!

Andri ·

My vraag aan almal wat Tobie aanval, ek ek gaan nie Angus Buchan oordeel nie, daarom vra ek hoekom God net met een man sal praat, die krisis in ons land is nou, hoekom wag vir die 22ste terwyl elkeen nou op sy knieë moet gaan. Praat God nie met ons almal nie? God het nie n afgevaardigde soos Angus Buchan nodig nie. Wat maak Angus Buchan so spesiaal? Is dit nie uitbuiting om so n groot bykoms te reël en dan ook nog vir elkeen te sê dat as jy dit nie bywoon gaan God jou nie help nie. Hoeveel geld word in so n byeenkoms gemaak en waarheen gaan die geld? Onthou net God sê in sy Woord nie elkeen wat roep Here Here gaan nie die Koningryk van God sien nie. God praat met elkeen van ons en Hy praat elke dag met elkeen van Hom. Moenie wag vir die 22ste nie want dit kan dalk te laat wees. Hierdie byeenkomste is op finansiele vergryp gebaseer. Bid, Bid Nou!!!!

Lynette ·

Andri, ons afrikaner volk het oom Angus gevra om n biddag te reel en hy het daaroor gebid en dit toe gereel. Julle almal oordeel maar is nie bewus van die feite nie. Plaas tog n wag voor julle mond voordat julle begin oordeel.

Robert ·

Adri, as jy wonder hoekom God dan skielik sogenoemd net met Angus praat (wat natuurlik nie waar is nie, dan bevraagteken jy God se plan om ook net met een man soos Moses, Dawid, Paulus in die Bybel te praat. Wat Angus so spesiaal maak is dat hy luister daar is so baie mense wat hoor maar nie luister en doen nie. Wat maak dit saak waarheen die geld gaan, Die doel van die byeenkoms is nie om geld te maak nie maar om deur gebed krag te gee aan God se plan met die land en natuurlik ook om siele vir Hom te wen. Waarvoor moet ons bid: ons moet bid teen die bose wat sy houvas op hierdie land het en dat mense hulle harte vir die Here sal gee sodat hulle oe oop sal gaan om te sien waarheen hulle besig is om die in te lei.

Trudi ·

Ek sien dit so, die Here het ons vrye wil gegee. As jy Kerk toe gaan en daar uit stap met n lied in jou hart en die volgende dag op staan en maar net weer terug val in jou ou gewoontes is dit jou keuse. Niemand kan jou “toor” om elke dag so te voel nie, JY moet elke dag kies om so te lewe. Oom Angus of watter Dominie ook al elke Sondag voor in jou Kerk staan kan vir jou preek tot hy blou in die gesig is maar as jy nie self daai keuse keuse maak om reg te lewe nie dan is dit net jou skuld niemand anders sin nie.

Dawid ·

Robert gaan lees hoe is daar met Moses gepraat in Lev27- veral vers 28

Sonja ·

Dis waar jy heeltemal verkeerd is Tobie. Jy oordeel. En jy praat van dinge wat jy niks van weet nie. Bepaal jou maar by jou eie dinge. En los Angus Buchan uit dan sal dit dalk beter met jou gaan.

Carel ·

Almal wat so n bohaai maak oor die geld gooi seker ook nie geld in die kollekte bordjie op Sondae nie
Terloops die oom vra nie geld nie
Werk julle almal verniet?

Johann ·

Angus ek wil net ‘n ernstige waarskuwing aan jou rig! Jy is besig om verdeeldheid te saai tussen die kinders van God, onthou my vriend daar is ‘n GOD in die hemele wie geheimenisse openbaar maak

Hennie ·

Hoekom mag die jongman nie vrae vra nie? Hy is egter nog jonk en onervare, hy moet nog baie dinge vir homself uitmaak voordat hy goeie begrip sal hê. Hy weet ook nie veel van “uitgawes” en van “reserwes wat later vir bediening gebruik word nie”. Baie predikers het ook al eie Bybels uitgegee, o.a. Joyce Meyer en John Maxwell. Dit beteken slegs hulle eie notas in die bestaande Bybel, gaan lees dit en sien watter goeie inligting daar gedeel word.
Vasbyt Jooste, jy sal nog wysheid kry.

Protect ·

Hendrik moet ook nie vir ou Solly vergeet- net jammer vir die onskuldige en weerloses!

Johan Kleyn ·

Tobie Jooste, ek sal jou nie oordeel nie, maar vir jou bid dat God jou magtig sal gebruik in die sang arena.
Hoekom Angus? Want hy is die enigste een wat geluister het toe God met hom praat en die guts het om dit deur te voer!!!!!
Julle ander bulle is te bang om te doen wat Oom Angus doen en het geen implikasie wat dit behels nie. En net so terloops, dus nie deur sy eie krag nie, maar deur die Gees van God. So vat God aan vir julle wat so baie wysheid het. Bly still en stel jouself beskibaar om grooter werk as Oom Angus te doen en dan kyk ons of jy die guts het om die druk, kritiek en die baie geld te kan hanteer? God is geen aannemer van persoon nie man! God sal ook aan jou voorsien ( Fil 4:19 ) vir die wat Bybel lees? Net vir die ouens wat nie lekker kan lees nie, die byeenkoms is gratis hoor!

Ronel ·

Ek wil graag weet of God ook vir Angus gese het dat Hy wat God is slegs luister as n klomp mans bymekaar kom en bid?
Die God wie ek aanbid sluit nie vroue en kinders uit nie – nooit nie!
Die God wat ek aanbid vra nie geld as jy Hom aanbid nie- nooit nie!
Die God wat ek aanbid verwag jy moet altyd Hom aanbid en nie net wanneer daar n krisis is nie!
Ek is n Christen. Ek glo in God die Vader, Seun en Heilige Gees. Die verlosser wat vir ons almal aan die kruis gesterf het. Nou wonder ek, aanbid ek en Angus dieselfde God?

Pieter ·

Ronel, luister God slegs as ‘n klomp vroue byeenkom vir ‘n vrouebiduur? Dien jy die God wat mans en kinders uitsluit uit vroue bidure, biddae vir vroue, ens? Wonder maar net.

Akram ·

Genugtig. Ek moet saam stem. As ek allen bid, wt le vir my voor? moet daar n skare mense wees voor n gebed van n persoon gehoor word? Kan n persoon nie op sy eie glo en vertrou nie?

Ruaan Harmse ·

Jammer ek verstaan nie so mooi nie by die Mighty Men Confrences is dit gratis om by te woon so waar maak oom Angus so baie geld.

Christo Louw ·

As daar miskien ‘n wa staan waar elkeen wat ingaan miskien een rand ingooi……..

Hester Geyser ·

Ai genade tog as meer christene nie te skaam is om hul geloof uit leef nie was S.A., nee die hele wêreld beslis n beter plek. Jesus het immers sy volgelinge n opdrag gegee om Sy Word en Sy Evangelie aan die hele wêreld te verkondig. Ondersteun liewer elkeen wat sy vertroue en geloof so onwrikbaar in God ons Almagtige Skepper en Vader stel. Ek het van verskeie dorpe gehoor wat op 22 April gebedsbyeenkomste reel volgens die voorbeeld van Angus Buchan. Wat n navolgernswaardige voorbeeld!!!! Suid Afrika het vir God so baie nodig. Bid liewer saam met Angus Buchan en hou op om hom aan te val. Kinders van God sal baie baie vinnig moet leer dat sterk geestelike leiers broodnodig is. God het immers net Sy kinders om Hom op aarde te verteenwoordig, Sy werk te doen en Sy opdragte uit te voer. Vat hande mense en laat ons saam bid en glo.

Shame Tobi ·

Ag wat praat jy julle sangers vra vanaf R45000 tot ‘n Ferrari se prys vir een WERELDSE optrede en daar moet soveel mense wees, en as dit meer kos dit ekstra, en ekstra vir langer, moet ‘n mooi aantrek kamer he, eet net dit en dat, gratis akkommodasie, en…..en…..!!!! Nou gooi jy klippe na ‘n man wat God se woord verkondig. Soos menigte ander glo jy seker as jy dit vir die Here doen moet dit gratis wees. Wakker word Tobie die logistiek is soveel meer as jul mickey muis vertonings want in elk geval volgens my buitensporig kos. Bly gerus by die huis laat bidders ons land aan God gaan opdra sing jy vir die drinkebroers en hul maatjies.

Leanne ·

God het sy profete wat Hy uitstuur om die word te versprei. Did wat die mens met die inligting maak wat werklik tel. God kan jou ly tot by die water, maar did mens wat self besluit of hy gaan drink en of hy gaan weg stamp. Ek stem ook nie heeltemal saam met die geld vra vir kamp nie. As iemand so graag God se word wil verkondig, doen dit verniet. Sodat elke mens, rykes en armes dit kan bywoon. Remember your roots. Hoe het Angus tot profesee gekom. Met niks. Hy het self niks gehad nie, en het verniet en vrylik God se woord bekom. Dit is soos om gesonder te wil eet, en orals vertel dokters en dieetkundiges jou dat dit is die regte manier, maar jy kan nie die goed bekostig nie, want dit is so duur. God se woord iss verniet… Every tongue will confess, that there is only one God, every knee shall bow. God does not care if your rich or poor.

Maggie ·

Dis ontstellend om te sien hoeveel Afrikaners gekant is teen hierdie biddag en teen Angus Buchan.Hy wil graag ons land in ‘n beter toestand sien,nes,ek hoop,elke ander persoon wat hier lees.Hoekom nou gekant wees teen ‘n bymekaarkoms waar mense saam tot God gaan bid om ons land te red? Ja,jy kan op jou eie ook elke dag bid tot God.God hoor elkeen se opregte gebede,maar dit is doodnormaal om saam met ander gelowiges te bid.As jy ‘n probleem het met die biddag,bly weg,maar moenie iemand veroordeel wat groot moeite doen om so ‘n biddag te reël nie.Ons het nodig om as nasie saam te staan en te glo dat God ons kan red.Sovêr ek weet is bywoning gratis en donasies opsioneel. Dis nie vir eie gewin nie.

Big daddy ·

Ek stem so saam jou. Ons afrikaners is so n siek nasie. Almal wil ons uitroei. En as hulle n breek vat om asem te skep dan neem ons afrikaners oor en vernietig onsself verder. Nee wat ons afrikaners verdien geen genade en moet maar vat wat ons kant toe kom.

rose ·

Dit is nie oom Anges se skuld dat mense wat as hulle by die huis is ‘n duiwel word nie. Die bybel se tog dat mense hoor die woord…party neem dit werklik aan en ander verwerb dit. Dit is nie almal wat se Here Here wat gered word nie.

Blom ·

Absoluut rose- almal in die tsoenami het here here gese en min was gered!

Eugene ·

Oom Angus se mikpunt vir die saamtrek is n miljoen mense.Ek Glo dit is groot praat en n droom buite sy vermoe!

Eugene ·

Jakoba. Daar is n groot verskil tussen duisend/e en een miljoen hoor!

Anniekie ·

Eugene dis egter nie buite God se vermoë nie!!! Dis hoe God dit op oom Angus se hart gelê het, en jammer, maar satan sal dit nie kan stop nie, al probeer hy hoe hard!!!

mags ·

Ja ….Angus droom GROOT!!! hoe groter die droom hoe grooter die geld en hoe vinniger Absa toe!!!!

ekke ·

Tobi, ek wonder net – hoe lees jy jou bybel? Sê die Woord dan nie dat die engele JUIG oor 1 (EEN) siel wat tot bekering kom nie??!!
En wat van daardie 1 (EEN) siel wat werklik tot bekering kom – hy gaan vertel/leef weer vir 10 ander!! Word of mouth – evangelie word dan so uit geleef!!

Elize ·

Elke mens wat sy hart vir God gee, moet opvolgwerk kry. En dit is sy eie verantwoordelik om na so ‘n kamp by ‘n pastoor of dominee aan te klop vir verdere berading en/of leiding. Dis nie oom Bucham se plig om dit vir hom te doen nie. Hy as nuwe/vereikende Christen moet dit self doen. Niemand druk ‘n geweer teen jou kop om ‘n bybel te koop by Bucham nie. Dis jou eie keuse. Ek sou wat wou gee om my hande op een te kon lê. Die nuwe vertalings is so verdraai en dus my opinie om eerder uit ‘n ou vertaling te begin studie doen. Bucham verryk homself nie, maar saai op vrugbare grond waarvan ons nie weet nie. En ook nie veronderstel is om te weet nie. Christenskap is ‘n leefwyse en Bucham se lewe spreek Christenskap.

Mossie ·

Hi ou Tobi wies jy vertel asb die oom ook lyk my nog hoeka bietjie wind op gesukkel ook siestog

Josua Keys ·

Mense ons het n Wonderwerk in die land nodig en ek glo dit is ten sterkste oppad, wat Angus betref dink ek dat indien jy na sy byeenkoms toe gaan om te sien of hy n wonderwerk gaan verrig het ek vir jou slegte nuus dit is nie oom Angus se “show” wat die wonderwerk gaan bring nie maar die opregtheid in geloof van elke persoon wat daarna toe gaan of tuisbly, jy hoef nie na sy “show” te gaan kyk nie bly dan tuis en bid saam die mense wat n verskil in Suid Afrika wil maak, dit gaan oor gesamentlike gebed nie wat oom Angus gaan opdis nie dit is vir God om te oordeel of hy werklik is of nie maar jy kan met jou gebed die verskil maak want dit is wat God van ons verlang, Hy is n Jaloerse God en dit is duidelik dat mense hul rug op Hom gedraai het, die Vaaldam het oorgeloop na vier dae se goeie reen NIEMAND het dit voorspel nie maar dit is wat die krag van GEBED beteken dit is wat Oom Angus SA vra om te doen…….. alle werklike Christene doen die regte ding bly op jul kniee en bid die boosheid in SA ten gronde!!!!!!!

MissDemeanor ·

Ja sê hom Tobie! Ek is verbaas om te hoor hy bring sy eie Bybel uit. Elke keer as iemand n Bybel uitbring dan skryf hul hom oor soos wat hul hom interpreteer. Al van die begin af. Hierdie is nie ‘n aanval op die Christelike geloof nie. Dit geld vir elke ding wat ons as mens al oor die geskiedenis geskryf het. Mense het verbale vertellings neergepen wat hul gehoo het by die disipels. Soms honderde jare na dit die eerste eer vertel is. Elke nou en dan het iemand ‘n ander variase neergeskryf (selfs al is dit klein variasies agv van vertalings), en toe op ‘n stadium was daar klomp wyse manne wat besluit het wat moet in en wat moet uit. soos wat dit aan hul “openbaar” is. Ek sukkel om te verstaan hoekom God hom aan sommige gelowiges openbaar en nie aan ander nie. En waarom sy “openbarings” soveel verskil tussen die wat dit ontvang. Loop lig vir profete, hul kan nie hoor dat die “stem” wat hul hoor hul eie gedagtes is nie. Ek sal graag wil sien hoe Angus sy Bybel vergelyk met al die ander variasies.

Raadop ·

Paul Fouche daar is nog plek vir jou ook want die Here se kom almal na my huis toe. As jy nie weet wat dit beteken nie “HY” het gekom vir al die sondaars dit sluit jou in. As al die sondaars by die huis moet bly sal daar niemand in die kerk wees nie want niemand is sonder sonde nie. Mense kom juis in die kerk en by sulke samekomste tot bekering, miskien moet jy dit probeer dan sal jy graag met jou bybel onder jou arm loop om jou te help om nie die werk van God te veroordeel nie. Dankie Oom Angus dat jy nie skaam is om die Woord van God te verkondig nie. So sien ons Tobies dit ook want hoe anders sal hul daarvan weet hul het beslis geluister en gelees. Amen

Anna-Panna ·

Moet nooit iemand wat beweer dat hy met God se werk besig is, aanval nie, want as hy wel ‘n gestuurde van God is, kom jy direk met God in konflik.
Bid liewer vir daardie persoon en vra God om hom te seën as hy wel deur Hom gestuur is, en om hom reg te help as hy nie ‘n gestuurde van Hom is nie.

Pieter ·

Ek ken heelwat mense wat al by van sy byeenkomste was. Party met integriteit, party met minder daarvan, maar ek het al gesien dat mense daar omgedraai het en hulle lewens reggeruk het – al het ander dit níé gedoen nie!
As jy sê jou sondes word vergewe is ek bly. Ek weet myne word ook, maar ongelukkig is daar diegene wat dink dit gebeur vanself. 1 Johannes 1:9 leer ons dat ons vergifnis kry AS ONS ONS SONDES BELY, en Matteus 6:13,14 weer dat ons sondes NIE VERGEWE WORD AS ONS NIE ANDER MENSE VERGEWE NIE. As ons makliker vergewe, lewe ons met minder wroeging en konflik.
Kom ons werk met die ou wat sy vrou slaan sonder om Angus Buchan op ‘n verwronge manier daarvoor verantwoordelik te hou!

C.T Botha ·

Angus
Watter ouderlingraad hou oor jou toesig? Binne watter strukture van die kerk soos in die Bybel weergee is jy werksaam? Ek let op dat die vraag al geruime tyd deur persone in die openbare media gevra word sonder sukses. Die persone word egter altyd aangeval met jy mag nie oordeel nie. Wat dan van Esegiel 3: 16-27? Die drie ampte soos in die Bybel loop tog hand aan hand. Koningsamp (ouderlinge wat toesig hou oor leer en lewe van almal), Profetiese amp (leraar wat taak het om skrifgetrou die Waarheid te verkondig soos in die Bybel weergee) en dan die Priesterlike amp (diakens wat moet toesig hou oor die gawes aan die Here toevertrou en moet sorg vir barmhartigheid) Verder het ek geen probleem dat jy wil bid vir die volk en saam met die volk nie, maar antwoord tog asseblief hierdie vrae. Ons voorvaders was almal gereformeerdes (terug na die Skrif toe). Waar kom al hierdie sektekerke vandag vandaan. Twintig jaar terug het hulle nie bestaan nie!

Trots Afrikaans ·

Botha, mooi gestel broeder. Ons moet God dien soos God dit beveel, nie soos mense dit wil nie.
Reformeer altyd terug na die bybel. ALTYD

Die mense kan sommer maar met die Heidelbergse Kategismus begin.

Gelofte ·

C T Botha – gee asb verwysings. Ek kry nie eers die woord “diaken” in die Skrif nie. Ek gebruik “Woord en Getuienis” en is altyd nuuskierig waarom mense sekere stellings maak. Dit moet tog gefundeer word in die skrif, en NIE mensgemaakte “gebooie” nie. Is dit nie waar dat ons kerke elke Sondag (die dag wat Satan ingestel het in die plek van die Sabbat) ‘n geloofsbeleidenis aflê, wat onder andere insluit “ek glo in ‘n Heilige, algemene, Christelike kerk …”. Sal almal dit nog so maklik aframmel as hulle besef waarvoor “algemene” eintlik staan ? Maw, hulle kan net sowel sê “ek glo in ‘n heilge, KATOLIEKE, Christrelike kerk …” Dan kom die GROOT teenstrydigheid – “Heilig” beteken AFGESONDERD. Hoe werk dit dan om te sê “ek glo in ‘n AFGESONDERDE, ALGEMENE (Katolieke), Christelike kerk …” Hmmm … ???

Amanda Wait ·

Ek wonder net, indien dit ‘n Christelike musiekfees was (dink gospel Skouspel), was die kaartjies uitverkoop en geen bohaai, maar dat ‘n GRATIS gebedsaamtrek nou so kontroversieël is onder CHRISTENE gaan my verstand te bowe. Ek sien Satan agter dit alles. Ja die Satan kan selfs deur ons as Christene werk deur verdeeldheid te saai. Die ding is, is ons gehoorsaam aan Satan of aan ons Herder Jesus? Ons Herder Jesus sê vir ons as Christene, dat die wêreld sal weet ons behoort aan Hom deur ons liefde vir mekaar.

Enigste ding wat ek van verskil het met Angus Buchan was toe hy gesê het “ja jy kan in jou binnekamer bid, maar dit is nie wat God wil hê nie”. Nie almal kan daar wees nie en my God sê vir my gaan in jou binnekamer en waar 2 of 3 in Here Jesus se Naam vergader, daar is Hy in ons midde sê Hy self. Ons God is alomteenwoordig.

God seën die biddag op die 22ste. Ons wat nie daar kan wees nie sal in die Gees saamstaan in gebed.

Muis ·

Ja Gys onder andere- daar is baie meer en miljoene meer skape!

Herman ·

Al wat ek wil se is die volgende: Die Here het ook groot byeenkomste gehou. Lees ons in die Bybel dat hy het geld daarvoor gevra. Lees ons dat hy die mense gevra het vir luidsprekers en duur toerusting om die byeenkoms te borg. Dit staan nie in my bybel nie. Wie het Buchan ‘n evangelis gemaak. Het hy homself sommer die naam Evangelis gegee of wie het. Die Here het self in Sy tyd Apostels en ander diensknegte aangestel. Wie het Buchan aangestel. Laat my weet asb. In meeste kerke word die gemeente lede gevra om kollektes te gee om die sogenaamde diensknegte te betaal. Die Here was nie met geld betaal nie. Hoe word die sogenaamde dienknegte dan betaal??? Dis moet ‘n saak vir die Here wees en nie vir roem en geld nie. Ek sal graag wil hoor hoeveel geld kry Buchan vir sy byeenkomste. Laat my asb weet Angus Buchan.

U ·

Waarvan die Hart van Vol is So Loop die Mond van Oor.
Is jou “opinie” die Belangrikste? Meer belangriker as die BYBEL sin, meneer?Wie jy ook al is?
Ek Het nog nie van Jou gehoor, en hoeveel Siele jy al vir die Here Gewen het?
Wat se Vrugte dra jou Lewe? Wat maak dit saak wat ander doen, WATSE VERSKIL MAAK JY IN ANDER SE LEWE???? Angus Is ten minste nie Bang om Sy Lewende Verhouding te Verklaar en n Verskil te maak in ander mense se Lewens.

GerhardG ·

Ek het ‘n paar jaar gelede agter Angus Buchan by ‘n vliegtuig se trappies opgestap. Toe hy bo kom, sê die lugwaardin vir hom: ‘Welcome, Mr Buchan. My husband attended your meeting last year, and he is a changed man. Welcome.’

humor ·

As die motief eerlik en opreg is het ek geen probleem daarmee nie. Ek glo dis opreg.Wat my egter baie vrae laat vra is waar is die amptelike kerke? hul stem is dood stil Waarom moet n buitekerklike organsasie in hierdie belangrike noodtoestand die leiding neem.. Wat se Anges wat nie van die kansels af verkondig word nie. Nou moet se die kerke het hul terrain oortree en daarmee in n groot mate hul geloofwaardigheid verloor.

Trots Afrikaans ·

As n profeet profeit maak is hy nie n profeet.

Moenie op prinse vertrou nie.

Amanda Wait ·

En aangaande almal wat ‘n probleem het met Angus se ‘Bybel’…ek het een vir my man gekoop. Dit is maar net ‘n boek vol dagstukkies, ‘n ‘devotional’. Ontspan. Angus het nie die Bybel herskryf nie. Hoevele mense het dagstuk boekies wat hulle skryf. Hou op om iets wat goed is en bedoel is om op te bou, so af te kraak. Is dit nie erg genoeg wanneer die wêreld ons as Christene so aanval en kritiseer dat die liggaam van Christus dit nou nog aan hulle eie doen nie?!

mags ·

Presies….net dagstukkies!!!! wat jy ORAL kan koop, nou moet hy OOK sy eie he wat hy verkoop by sy “MEN ALONE GATHERING” hoor hoe lui daardie geld laaie!!!!!

Amanda Wait ·

mags…Met alle respek wat het dit met jou te doen as hy ook ‘n dagstukboekie wil verkoop? Niemand forseer enigiemand om dit te koop nie. So hou op moan! Jy weet nie wat hy met sy geld maak nie. Hy het ‘n kinderhuis wat hy bestuur. So gaan koop liewer sy boekie en ondersteun die weeskinders.

Pat ·

Hi Tobi, net ‘n vriendelike dog dringende waarskuwing…. moet nie teen die Gesalfde van die Here spreek nie, en wat in hierdie geval Angus Buchan is. Gaan lees gerus in die Bybel wat gebeur het met mense wat teen God se Gesalfdes gespreek het…wreed is dit om in die hande van ‘n Lewende God te val sê die Woord van die Here. Hoop ons sien jou daar….

SakrrelKind ·

Pat, vertel asb net vir my: wie het vir jou vertel die oom is ‘n gesalfde van die here? Want ek het dit nêrens gehoor nie? So vêr ek verstaan wil die oom weer hê die man in die huis moet die baas wees, soos bokwagters 2000 gelede die baas van die plaas was?

Yolandi ·

Ek wil net sê hoekom dink almal as jy vir die Here werk moet jy verniet werk? As jy vir jou baas werk, betaal hy jou. Wat meer sal die Here nie vir jou kan gee as jy vir Hom werk nie? Moet jy nou armsalig wees en met stukkende skoene loop en bedel vir kos? Dis mos nou afgunstigheid wat hier praat. As die Here vir Angus seen en hom wil gebruik is dit omdat Angus Sy kind is en volgens Sy wil leef. Ons is almal so lelik. En terloops, die Here het voor my ook al in n droom verskyn en my gewys watter pad op te volg en my lewe het drasties verander (verbeter) agv daai besluit, terwyl ek vanplan was om die ander pad te volg. Hy weet van beter en as Hy gepraat het, het hy gepraat! En jy weet dit net want jy weet dat jy weet!

SkarrelKind ·

Ja, soos ek verstaan – die vissers moes hulle bootjies en familie laat staan en hom volg – hulle het nie hulle werk gehou nie?!

Charles ·

Ek stem saam Yolandi. En ten minste probeer hy iets doen om bidding te bewerkstellig….hy probeer darm iets doen. Wat doen ons….behalwe oordeel?

Speaker ·

Nee vat genoeg van die skapies om vir jou n mansion soos Andries Enslin te koop.

Estelle ·

Shame. Die byeenkomste wat ons bywoon van Angus Buchan het Shalom Ministries betaal -as dit uit hul Bybelverkope is -Sela. Stuur die mannetjie om tog Rekeningkunde oor te doen. Sy somme klop nie. Behalwe vir ak die borge moet klank, verhoë, toilette, water, tente verskaf word. Dalk kan die kind dit borg? Hy is mos slim.

Ettienne Swanepoel ·

En in die laaste dae sal daar baie dwaal leeraars wees. Tobie ek staan agter jou. Daar sal niks kom deur net te bid ook nie. Jy moet van jou kant af ook jou hande vuilmaak. Jy kan nie net terugsit en bid nie. En moenie dink Yahweh sal iets doen solank ons op n dwaal pad is en mense probeer tevrede stel nie. Word wakker. Gaan terug na wat die woord se. Niks meer en niks minder nie. En mense, om te oordeel is om te se iemand gaan hemel of hel toe. Punt. Hou op om te se iemand oordeel as hy n mening het en nie saam jou stem nie. Word wakker my volk. Hou op blindelings agter mense aanloop. Die woord waarsku ons daarteen. Gaan terug na die waarheid en dit sal beter gaan. Populistiese geloof is geen geloof. Ek is bly iemand soos Tobie het die moed om op te staan teen die massas. Ek ondersyeun jou ten volle. Yahweh Yireh.

Rooikop ·

Jy is 100% reg Ettienne. Die mense hou aan skree “moenie oordeel nie”, maar hulle doen nie die moeite om bietjie navorsing te doen oor hulle “hero” nie. Wat Angus spreek is in lyn met katolieke geloof. En as jy nou nog nie weet om baie baie ver weg te bly van enige iets katoliek af nie…. Ek is bevrees ons Vader gaan beslis nie teenwoordig wees waar daar teen Hom en sy Woord gespreek word nie. Onthou, satan spreek 99% waarheid, en twist daai 1% sodat jy soos ‘n verdwaalde skapie agter die verkeerde goed aanloop, want “dit lyk en klink dan reg”. Kyk MOOI wat in die bybel staan.. En vir die wat twyfel of die bybel vertrou kan word, doen julself die guns en gaan kyk hierdie reeks (https://www.youtube.com/watch?v=SOx6wK7X9Ck).

botterblommetjie ·

oi…. Ek lees en lees…. en altyd inters om ander se opinies te lees en soms ‘n ligter toon…. God wees ons genadig, ons weet nie die waarheid nie, maak ons geestes harte en oe oop…. “My volk gaan onder aan ‘n gebrek aan kennis”… hoe waar….

Hendrik ·

Julle moet mooi ry die paaie is gevaarlik. Manne moet nie julle gaan afskryf net om vir 2 en half ure te luister na dinge wat jy reeds weet nie. Julle vroue en kinders sit alleen en wag vir julle om weer veilig te terug te kom huis toe.

Niccy ·

Hendrik waar het jy gehoor dit is net vir manne??? hierdie is ‘n GEBEDS BYEENKOMS vir almal sodat die Here van ons almal vrede in ons mooi land kan gee.

JJ ·

Jesus bid vir sy dissipels: Ek bid dat hulle een sal wees, soos Ons (Jesus en die Vader)Een is. Dank die Here vir iemand wat opstaan vir Hom. Iemand wat mense oproep tot gebed. Dit hoef nie saam te wees nie, maar dis great as ons saam kan wees. Ja en so sondig ons maar weer Maandag. Ek huil daaroor, en ek dank God vir vergifnis, want dís die Evangelie van Jesus Christus wat ons verkondig. Jammer dat ons ou spul sondaars mekaar so uitmekaartrek, aftrek en toeplak. Dink net as ons mekaar sou kon ophelp en bemoedig ! Dink net as ons EEN kón wees! Ek kan nie daar wees die 22e nie, maar ek gaan saam op my knieë wees. Een met jou wat saam bid. Afhanklik, pleitend om God se genade tsv my sonde. Mag Hy ons gebede verhoor en aan ons Sy vrede gee!

Shame Tobie ·

Tobie wat se jy nou het jy gesien wat word ge-in met Afrikaans is Groot. Dit kos mense ‘n arm en ‘n been maar vir die wereldse dinge word koste nie ontsien nie. Die Afrikaans is groot se organiseerders en deelnemers kry ook geld. En niemand kla nie. As oom Angus geld verdien om hierdie samekoms te reel is dit goed so. Ek het niks teen die vertonings vir Afrikaans nie maar dan moet ons dom mense nie Goddelike byeenkomste veroordeel nie. Tobie gaan ondervind hoe die Heilige Gees en God se salwing teenwoordig is by sulke samekomste. Daar put jy net nog meer krag om vas te staan in hierdie moeilike tye. ‘n Familie wat saambid bly saam en ‘n volk wat saambid staan saam. Probeer dit gerus jy sal met nuwe oe na die byeenkomste begin kyk. Ek sal vir jou en al die ander fariseers wat God se samekomste veroordeel bid.

Theresa Karsten ·

Uncle Angus is doing what most of us is supposed to do!!!!!!! He is committed to be truthful to what the Lord lays on his heart!!!! Keep up the good work Uncle Angus – Our Lord Jesus Christ know your heart – that is all that counts!!!

leon pit ·

Middag mens in die eerste plek bedien jy die Woord van God nie met n hoed op jou kop nie. God se woord is heilig en moet met Groot respek en eerbied hanteer word. Haal jou hoed af Angus as jy die woord verkondig.

Shame Tobi ·

Genade Leon Pit ek bid en vertel mense van Jesus by die werk, vakansie in my swemklere met ‘n sonhoed, sonder ‘n pak, terwyl ek bestuur, tuinwerk doen, bad, in die winkels. Wat ek se jul klou aan tradisie want dit is nie die Here wat se jy moet ‘n langbroek, pak, arms bedek, vrouens moet hoede ophe nie dit is die mensgemaakte “wette” genadiglik het Jesus gekom en ons vrygemaak van al die wettiese goed. Die Woord se dit is ‘n dwaas wat op mense vertrou. Ons moet in God glo met alles en sonder alles hierbo genoem. Ek kan nie vining genoeg my hoed afkry as ek dringend met God wil praat nie. Nee ou maat dien die Here voluit met of sonder hoed, met of sonder klere, met of sonder al die menslike fieterjasies. Luister na die Woord nie na die uiterlike van ‘n man wat God se Woord bedien nie. Leon Pit haal jou hoed af as die Here jou kom haal as jy nog tyd gaan kry.

Marabi ·

Hou jou oë en ore gefokus op God. Baie mense sal baie dinge sê, maar oordeel self na gelang van wat God in jou hart laat vlamvat. Soos ons voorvaders gebid en met smeking voor die Heer gekom het, so glo ek is dit n geval van ‘opstaan en getel’ word. As jy gelei word na Bfn, dan is dit reg. As jy gelei word na jou eie binnekamer…ook reg. Maak egter seker deur wie en wat jy jou laat lei!

In n tyd van groot nood voel dit vir my dat ons soos die Israeliete in die woestyn rondploert. Ons kerm en kla, sukkelend maar nogsteeds te lui im te down wat God ons gebied. Moet ons dan nog vra hoekom Hy ons nie toegang gee tot die beloofte land? Ek glo God is met al sy kinders, ek glo dat fokus op Hom en Hom Alleen moet wees …. Altyd! As jy wil vaskyk in 1 man, jy bid mos nie vir hom of deur hom nie. Jy bid jou eie oortuiging, smekend en nederig
. God sal wel ergerlik Sy toorn laat ontvlam op vals profete (in welke geval) , maar behou jou fokus en staan op as Christen, vry van vrees …word getel!

Chris ·

Shame Botha jy ken seker net een paadjie huis kerk daar besaan mos nie ander kerke nie en jou kerk en julle kerkraad is seker ook die enigstes wat reg is. Die Gramstiese kerke in Suid-Afrika bestaan al meer as 60 jaar. As GOD jou gebruik hou hy self toesig die reg om te oordeel is GOD sin alleen.
Die HERE het met baie mense gepraat maar Angus was gehoorsaam dit is hoekom hy dit reël .
Kyk rondom ons en kyk ons land bloei want ons sit mos almal en oordeel en doen niks nie

Aunti Angus ·

Wat sal Angus nou kan doen. 10 Miljoen mense laat anders stem???
Nee wat, niks sal verander na die leke prediker julle toegespreek het nie.
And you can take that to the bank!!!

Jenny ·

Ek gaan net een vraag vra vir oom Angus: Hoeveel mense wat bekeer het, het jy met jou byeenkomste deur die waterdoop gevat sodat hulle die belofte om die Heilige Gees te kan ontvang, ontvang. Wat help al die bekeerling en hulle word nie gewas deur die waterdoop om ‘n nuwe lewe aan te neem nie?
Wel, dit was Jesus Christus se opdrag net voordat Hy opgevaar het.
Vra maar net!!

Marcus ·

Ingeval Oom Angus jou nie antwoord nie, Jenny, Doop is ‘n sakrament, ‘n teken of openbare verklare dat jy met God begrawe is en opgestaan het in ‘n nuwe lewe.
† ‘n Persoonlike aksie wat jy as nuwe wedergeborene op jou eie onderneem en laat doen. Oom Angus mag help hiermee indien hy gevra word.
† Doop met die Heilige Gees kan ‘n wedergeborene ontvang, volgens geloof, voor of na die doop. Op jou eie of saam met ander gelowiges.

Johann ·

Angus ek dink jy is baie verward oor dit wat jy gehoor het, as jy werklik ‘n stem uit die hemel hoor skrik jy jou terug waar jy vandaan kom, GOD gebruik mense om die soort boodskappe oor te dra, en soos jy nou tereg sien is die boodskap aan jou om op te hou verwarring saai

Anoniem ·

Jy is verkeerd. God praat wel met mense DIREK. God gebruik ‘n diversiteit van maniere om met mense te kommunikeer. Dit daar gelaat, waarom oordeel jy as die Bybel uitdruklik sê om dit NIE te doen nie? Dit skep verwarring.

Maggie ·

Johan,God het al menigmaal met my gepraat. Op verskeie maniere.Nie een keer het ek geskrik nie. Ek was verwonderd en ontsettend opgewonde.God wek nie vrees wanneer Hy met ons praat nie.Sy stem is liefdevol. Sy aanraking is sag.

Cher ·

Okey. So ek het letterlik deur elkeen van julle se antwoorde gelees en my hart is seer om te sien hoe mense mekaar kan uithaal en sleg se. Het ons almal letterlik vergeet die lesse wat Jesus vir ons geleer het, dat die Bybel die boek van die lewe is en dat Jesus vir ons die heilige gees vir ons gegee het. Die gees van die drie enige God. Alhoewel Jesus nie meer fisies op die aarde wandel nie kan God aan ons verskyn op verskeie maniere. As ek net een kommentaar kan lewer oor al die ander komentare is dit oor die Bybel wat oom Angus uit bring.
My vraag is…het julle eintlik julle navorsing gaan doen oor die boek of is ons so vinnig om komentaar te lewer en te se dat oom Angus die bybel oor skryf. Ek het self na die boek gaan kyk en dis n dag stuk. Dis n dagstuk vir mans met “key scriptures” in en dan n nagedagte van oom Angus hom self. Ek het self n dagstuk boek wat ek uit lees waar die vrou Bybel stukkies aanhaal maar omdat die Bybel die boek van die lewe is, sal dit altyd met n mens praat. Of dit nou op “cue cards” is, in dag stukkies of op advertensie borde. God sal altyd met jou gees praat deur dit.

Anoniem ·

Julle wat Angus Buchan veroordeel omdat hy ‘n Biddag vir Suid-Afrika reel vir 22 April 2017. Waar is die predikante/pastore van die Afrikaanse Kerke? Hoekom het hulle nog nie so ‘n biddag gereel nie.? Wil hulle nie of sien hulle nie wat besig is om in Suid Afrika te gebeur nie? Hou asseblief op om Angus Buchan te veroordeel, want hy doen net wat die Here hom op die hart gedruk het om te doen.

Aunti Angus ·

Jul geboorte reg verruil vir ‘n potjie lensie sop. Spyt kom altyd te laat. Wat jy saai sal jy maai.

barend ·

siener praat ook van die man van Zambia met die geel onderbaatje wat mense in n kamer in wat sonder n agter deur . geel is die kleur van n lafart en maroela plaas my kommentaar

Corne ·

Dit is hartseer om te sien dat christene mekaar so kan beledig en uithaal sonder om enige behoorlike navorsing te doen of om al die feite te he. Oom Angus vra geen geld vir sy byeenkoms nie, en enige fondse wat wel verkry word, word gebruik om al die logistieke reelings te tref om so byeenkoms moontlik te maak. Die klanksisteme, beligting, verhoog en als kos derduisende rande, waarsonder so n saamtrek nie moontlik sou wees nie. Of hy nou regtig van die Here af gehoor het om dit te reel is debateerbaar, maar as mens regtig daaroor dink, wat is verkeerd daaraan om as n nasie saam te bid? Was dit nie die rede hoekom God die Israeliete uit Egipte bevry het, of uit balingskap gered het nie? Dit begin als by n nasie wat soos een man voor God staan en Hom aanroep. Hoekom Angus??? vra ander. Wel, sou JY dit kon regkry om n miljoen mense bymekaar te kry? Angus het reeds die infrastruktuuur en ondervinding om so iets te kan aanpak. Ek dink nie iemand anders in Suid Afrika sou dit kon doen nie. Die Here praat dus nie NET met Angus nie, Hy gebruik slegs die instrument wat die mees effektief sal wees in die geval.

Aunti Angus ·

Hoekom word vroue uitgesluit by die ge-biddery. Watse onheils dinge doen die mans daar????
Ek sal baie bang wees om daar te gaan kniel.

Wessel ·

Waarvan praat jy Auntie Angus?? Genade tog, vergewis jou van die feite en hou op gal braak. Die biddag is vir almal. Mans, vroue, honde katte, kanaries…maw almal!!!!

Adam ·

Ek het niks teen Buchan nie, maar glo dat daar mense is wat Buchan tot ‘n “God” verhef. Georganiseerde godsdiens is een van die bes verpakte leuens in die wereld. Indien jy in God glo, wat ek terloops ook doen, is die amtwoord om die waarheid in God te soek, nie in mense nie. Buchan is nie ‘n “franchise”houer van God nie en dit is nie korrek om te glo dat God net na Buchan sal luister nie, net soos dit onsinning is om te glo dat duur klanktoerusting ens, ens, net gratis uit die hemele sal neerdaal op Buchan se byeenkomste.

Sonja ·

Ek stem samet Tobie.
Leka vinnge manier om geld te maak. Almal is te bly om iets te gee en oom Angus smile al di pad bank toe.

Natasha ·

Hoekom mag sangers ryk word deur optrede en kaartjies verkope maar as n man van God geld verdien is dit verkeerd. Tipies hoe mense dink!!

Leon ·

N man van God is nie n kunstenaar nie! Ek wonder net hoekom het Jesus en sy Apostels vernuut gepreek? Die woord van God is vir almal armes ook maak sy boodskap vry vir almal!

Rooikop ·

Natasha en Carel, omdat God sê ons moet woeker met ons talente, Hy het ons ‘n gesonde verstand gegee om vir onsself te kan sorg. En Hy sê ook dat Sy Woord verniet verkondig moet word. Staan als in daai boekie genaamd Die Bybel…

humor ·

Soos ek waarneem is God reeds besig om gebede te verhoor. Die huidige politieke verwikkelinge word sekerlik negatief ervaar, maar ek is oortuig die positiewe gaan hieruit voortvloei. God se louterings- proses in die OT het mense hard getref maar telkens was daar die terugkeer na God.

Pieter ·

Aan Tobie en elke ander persoon wat beweer Angus vra groot bedrae geld om byeenkomste by te woon, plaas bewyse om sulke aantygings te staaf. Nog elke byeenkoms wat ek bygewoon het waar Angus gepraat het was dit gratis. Angus en sy seuns is baie suksesvolle boere en ek het nog nooit die gevoel gekry dit gaan oor geld nie. Alle eer aan ons Almagtige God.

david ·

Baie aanvallige kommentare hier,miskien kan iemand met nodige kennis ons reghelp. Daar is gevra dat ons normale NG/AGS kerkgangers, hetsy Christene die volgende van Angus moet waarneem. Hy laat almal hom na-se “glo in die Katolieke kerk, hy haal nie aan die Christelike kerk nie, en dan onverstaanbaar maak hy ook dus seker dat die skare 3 keer amon uitroep en nie amen soos in ons bekende kerke nie. Die betekenis van amon verseker nie volgens geleerdes die betekenis van amen nie.

Pieter ·

Ek het nou al baie belaglike stellings gehoor maar dit vat die koek. Hy se duidelik Amen maar net met aksent en verder is u katolieke stelling nie eers lagwekkend maar wel skrikwekkend. Angus het nog nooit die Katolieke kerk aanbeveel nie.
Kom ons bly by die waarheid.

Christen ·

Pieter – Ek het self die video van Angus gesien waar hy die skare voorgaan met die woorde:” I believe in the Holy Spirit, I believe in the holy Catholic Church” – Dit is nie ‘n leuen nie maar die waarheid. Jy is reg, dis is skrikwekkend want iemand wat glo in die “heilige” Katolieke Kerk moet summier verwerp word. Hy roep ook duidelik uit: Amon! Amon! Amon! Selfs vir ‘n Skot bly ‘n e ‘n e en ‘n o ‘n o… Jou aksent-ekskuus bluf niemand nie.

Piet ·

Ganade Dawid ek is bly ek het eerder niks gevra nie. Ek veroordeel niemand nie maar het ook n opname van Angus gehoor waar hy praat van die “heilige katolieke” kerk. Die rede waarom die Franse hugenote en ook baie ander hulle kom vestig het aan die Suidpunt van Afrika was juis om so ver as moontlik weg te kom van die katolieke kerk. Ek verstaan nie waaroor Pieter uitvaar nie…. seker maar uit onkunde.

Amanda Wait ·

Christen….Gee my asb. ‘n link na die video. Ek wil dit eers sien voor ek dit glo. Besef jy dat ‘Aamon’ is ‘n demoon? Google is my vriendin….sy weet alles. lol

Boetman ·

Ek is skikkerig vir iemand wat tekens in die natuur sien dat siekes gesond sal word en mense in rolstoele weer sal kan loop op die biddag. Klink vals

Ben ·

Tobie as dit jou manier is van sensasie soek om bekendheid te verwerf om jou musiek te verkoop dink weer ou maat. As jy nie goeie bydra kan lewer nie bly eerder stil en gaan sing in die stort. Oom Angus verdien nie een sent uit dit wat hy doen. Wat het jy gedoen om SA ‘n beter plek te maak?

Moedeloos ·

Die Afrikaner se naïwiteit verstom my by die dag net meer en meer… Wat ‘n vermorsing van miljoene! En dan kritiseer ons die regering vir die uitfasering van ons taal en kultuur!? Kon enige van sy vorige byeenkomste enige iets vir ons kultuur red? Nee! Gaan luister Engelssprekendes ooit na n Afrikaanse prediker? Nee! Belê liewer hierdie miljoene in Afrikaanse onderwys, en julle sal n beter en meer voorspoedige toekoms vir julleself skep.

Nardes ·

Dit is vir my wonderlik om almal se kommentaar te lees. Dit is ook wonderlik om die voorreg te geniet om dit te mag doen! Ek dink ook almal is reg. Ek is ook verheug om te sien dat iemand soos Tobie sy mening gelig het oor iets en dat dit ‘n “groot” debat veroorsaak het. Wat egter vir my die mooiste is, is dat God die wenner is! Hierdie onderwerp het veroorsaak dat almal oor God praat. Ek persoonlik het ervaar dat ek aanhoudend aan Hom gedink het terwyl ek almal se kommentaar gelees het. Is dit nie wonderlik nie! Ek wens dat dit meer kan gebeur.

Moira ·

Mooi. Dis presies wat ek wou se. Dit gaan oor God. Nie oor Angus nie. En al debatteer ons soveel soos ons wil God is die antwoord. Wag en sien voor jul kritiseer wat daardie dag gaan gebeur. As daar niemand gaan opdaag in hul miljoene nie weet ons dit isnie God se werk nie. Maar kom ons kyk hoe doen Hy n wonderwerk. Vergeet van angus. Hy is net die instrument. As hy nie in God se diens staan nie gaan God nie deur hom werk nie. Ek is ook n mens wat nie glo in al die profete en apostels wat vandag opstaan in Jesus Naam nie maar glo my as dit die Heilige Gees is en jy is gees vervuld dal jou liggaam daarvan getuig. Jy sal hoendervleis he en huil soos nig nooit te vore nie want daar is niks lekkerder as om op heilige grond te staan nie. Jy weet dit net. God se Gees getuig saam met jou. En ja God praat met ons nie net deur Sy woord nie maar deur drome en visioene en hierdie dagboeke waarvan julle praat. Daar is baie maniere hoe Hy deurkom na ons toe. Ek glo dat ek glo dat ek glo. Daar is niemand soos Jesus. Wees stil en hy sal vir jou veg.

JF ·

Ek dink nie dat Tobie probeer om oom Angus sleg te maak………maar sy vraag dra tog gewig. Gaan dit regtig oor die Woord of oor die geld wat daaruit gemaak word. Ek weet van BAIE mense wat graag d byeenkoms sou wou bywoon, maar agv finansies nie tot in Bloem kan gaan. en dit maak ook nie saak. Ek sien ook nie dat oom Angus regtig Tobie se vraag beantwoord het. As dit gaan oor d verkondiging v God se Woord, dan sal jy dit verkondig aan enkeles, 100de en skares v n miljoen…….
Tobie, ek ken jou ook nie, maar jy het my wel laat dink…..

Gerhard ·

Angus het ook nie geantwoord nie, die antwoord uit sy kantoor. Laat mens nou eers wonder!!

Nicolas ·

Daar is net 3 dinge wat ek wil sê : lukas23:54 Exodus 31:14 en mattheus 24:11

Matusalem ·

Wonder wat sou al die klipgooiers met ou Moses gedoen het toe hy hulle hulle probeer bekeer het in 40 jaar in die woestyn……..seker ook n goue kalf gemaak het…….

SARIE VAN HEERDEN ·

Maak nie saak as iemand nie weet wie Tobie is nie. Die boodskap is duidelik dat dit nie help om een naweek “aangeraak” te word en van Maandag af is jy weer jou ou self nie. Ek het al van sulke gevalle gehoor en het ook gewonder of dit die moeite werd is om ‘n ander mens vol hoop te laat en dan is jy terug op jou ou pad. Tobie kritiseer nie. Tobie bring ‘n boodskap aan baie wat soos hy dink.

Craig ·

Tobi Jooste so many people would love to say what you just did sir.The bible warns is about hucksters .Mr B I hope for your sake you are not one cause how will the enemy mislead by getting them on your side sir.Mighty men has become a movement and people forget about the power of the church.Jesus Christ was hated in his day.I will carry on serving Christ in spirit and in truth in my house thank you very much.I dont have to go all the way to bloemfontein to glorify Christ.May the Lord be with you if you are not as genuine as you should be.I agree mr Jooste Mr B is wealthy its easy to preach messages of hope but living it day to day is a lifestyle.Once again sir I pray that you are genuine else the name above all names will deal with you.

Heleen ·

Ak die mense wat oom Angus so kritiseer….doen julle dieselfde met juk predikante en kerke wat geld wil hê? Kerke het selfs aftrek orders om geld in te samel want huisbesoek is mos iets vd verlede.. gaan julle ooit kerk toe? Oom Angus ek geniet jou preke BAIE meer as ons eie NG kerk dienste!

Skapie ·

Jaco mooi gesttel. Ook nog nooit van die sanger gehoor nie, kan nie eers sy naam onthou nie maar ek weet wies oom Angus en Jesus Christus

snoepie ·

Weet nie hoekom julle so kla nie. Niemand dwing julle om te gaan nie. En julle wat so kla oor die nuwe babas in Christus. Hoekom staan julle hulle nie Geestelik by nie? Of spreek julle lewens en vrugte nie van Christenskap nie? Vra maar net

elaine ·

Ek is 31 jaar ouden my hart breek met elke comment wat ek lees..
Ek moet kinders groot maak en oud word in die mooi maar gebreekte land en wat doen almal.. inplaas van om saam te staan judge ons elke kerk en man van God waaraan ons kan dink.
nie net sak ek my kop in skaamte vir my land se leiers nie maar ook vir my land se mense..
NIEMAND kan judge behalwe God nie en jou mening lig in my oe is bitter naby aan judge.
Mag God se seen oor elke kerk en elke man van God sak, 1 siel is vir God sooo bitter kosbaar so al raak hul net een persoon aan – prys die Here vir daai een wat saam Hemel toe gaan.
Ons is op n hoogs crucial plek so staan saam, bid saam en los die judgements vir God.

Here ek dra SA, die mense,regering en leiers op aan U..
Dankie Vader vir U liefde
Amen

Skapie ·

Jaco mooi gestel. Ook nog nooit van die sanger gehoor nie, kan nie eers sy naam onthou nie maar ek weet wies oom Angus en Jesus Christus

Ralph ·

Daar is geen verskil tussen ń skelm wat jou roof met ń wapen en ń skelm wat jou roof met ń vals prospektus nie. Ek ken nie vir Tobie nie, maar ek salueer jou. You go Tobie!

elaine ·

Ek is 31 jaar oud en my hart breek met elke comment wat ek lees..
Ek moet kinders groot maak en oud word in die mooi maar gebreekte land en wat doen almal.. inplaas van om saam te staan judge ons elke kerk en man van God waaraan ons kan dink.
nie net sak ek my kop in skaamte vir my land se leiers nie maar ook vir my land se mense..
NIEMAND kan judge behalwe God nie en jou mening lig in my oe is bitter naby aan judge.
Mag God se seen oor elke kerk en elke man van God sak, 1 siel is vir God sooo bitter kosbaar so al raak hul net een persoon aan – prys die Here vir daai een wat saam Hemel toe gaan.
Ons is op n hoogs crucial plek so staan saam, bid saam en los die judgements vir God.

Here ek dra SA, die mense,regering en leiers op aan U..
Dankie Vader vir U liefde
Amen

Johan Maritz ·

Ek stem saam met Tobie ek dink nie n mens moet die Here se naam gebruik om jou te verryk nie .

Carel ·

Wife is die Tobie persoon? Ek moet vir jou se Tobie daai luidsprekers waarna jy verwys word gehuur, die stadion word gehuur maar omdat jy onbekent is weet jy nie omdat jy nog nooit vir soveel ondersteuners moes plek gee nie, as mense wil betaal om na die Word the luister en dan nog met n Bybel wet the stap is dit hul besluit did hul held. Waarmee sal mense by jou vertoning wegloop? Nee seun jy is op verkeerde pad soek aandag op ander manier.

Jan ·

Gebed is ‘n persoonlike saak met jou God. Luidsprekers en hoe oulik ek hard kan bid is vir Fariseërs. Geloof is deur diegemeente en as ledemaat van die liggaam alleen. Die Here hoor elke gebed. Getalle maak nie indruk op die Skepper nie. Vakbond agtige massavertoon beïndruk net mense. Ons is daar om die Skepper en sy suiwere woord te dien. Nie Hy om ons te dien as ons ‘n Skotse messias soek om by Hom indruk te maak nie. Ons is juis in die toestand omdat ons die waarheid van sy woord nie onderhou nie. Nou gaan ons verder en misken die eerste en tweede gebod omdat ons menslike behoeftes het en voel ons is in nood. Kom nou Here help ‘n bietjie, ons man met die hoed sal sorg dat jy ons help. As die Here na sy wil ons nie nou help nie gaan Angus dan “refund’?
Gaan terug, elke lidmaat, maar na jou gemeente, elke sewende dag. Dien die Here daar, plaas jou sorge en geloof op Hom, nie op mense nie. Wees deel van die opdrag van die Bybel onder toesig van die Ouderlinge. Verdeel die gawes van God soos die Bybel bepaal deur die diakens. Die Bruidskerk sal nie deur die ewige Bruidegom verlaat word nie Amen

Dawie ·

Dit gaan nie oor hoeveel mense opdaag by oon Angus se saamtrek nie, dit is nie oom Angus wat so goed is nie en die groot getal mens wat opdaag nie, dit is GOD wat so groot en almagtig is nie die mense bid nie.

Pine ·

Ek laat sak my kop in skaamte. Hier is iemand (Oom Angus) wat soveel mense by mekaar maak om ook in getalle vir God om genade vra en vir n uitkoms. En al waaroor mense praat is hoeveel geld maak hy. Dit is geen wonder dat dit so gaan met ons nie. Oom Angus preek wat in die woord staan maar meeste kommentaar is negatief. Miskien omdat oom Angus nie preek wat julle wil hoor in die nuwe tyd van regte. Dalk hou Tobie nie van wat gese word nie.
Vrede vir julle almal. Wend ek kon dit bywoon.

Andre ·

Lees ek verkeerd maar waar antwoord Buchan op die brief en as hy n kantoor het wat antwoord dan is dit n besigheid

Maureen ·

Ek sak my kop in skaamte. Hoekom as iemand iets goed doen vir God word hy aangeval en vertrap. Dis hoekom ons land en die wereld so n gemors is.

Wynand ·

Ou tobie, jy rik n ding uit konteks vriend. Probeer jy ‘n paar mighty men konferensies reel dan praat ons weer.

Christo Louw ·

Mense luister tog net. Watookal Angus beoog sal dit tog baie beter wees om by jou huis te bid (almal gelyktydig op ‘n sekere uur) en die geld wat jy gaan uitgee vir brandstof liewer aan behoeftiges te skenk. Dink net hoe jou status in die oë van die Skepper gaan styg.

TDW ·

@ christo louw
Status? Ek dink nie so nie! Goeie werke verander nie jou status by die Here nie! Sjoe!

pieter ·

Vriend… ek lees als hier 7 jaar gelede het ek as klipchristen by Oom Angus se kamp beland… Gratis… Weet julle wat kos ablusiegeriewe v 400’000 mense? Buiten die ander uitgawes? Dink bv daaraan wat n krisis mt parkering en toilette v 50 mense sou kos b jou huis en of jy DIT selfs sou kon doen. Maar julle almal oordeel, gooi klippe en tel Mammon se geld. Jesus ht v Judas Iskariot nav die duur Nardus olie wat die vrou op sy voete uitgegiet het gese: Hierdie vrou ht meer gegee as almal… Valsaards… God word aangeroep en julle stenig sy dienskneg… Vader vergewe hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie… Die Heilige Gees lei, Oom Angus is net gehoorsaam. Skaam julle wat oordeel, julle wat geld tel, jy is n kind vqn Mammon. Die oordeel kom jou nie toe nie… Bid eerder v God om mense aan te raak deur n gehoorsame kneg… en bid God om jou veroordelende gees te verwyder, as jy eens daar was sal jy verstaan. Die oom was n werktuig wat my met God versoen het en ek kan getuig ek aanbid Hom nie, maar die Here Jesus. God seen Oom Angus en elke gehoorsame Herder

TDW ·

@ Jaco
Jy kan maar gerus by google playstore die bible app aflaai van youversion, daar is baie verskillende vertalings beskikbaar in afrikaans (33/53, 83, die boodskap , nlv en aba )

TDW ·

Is dit nie snaaks dat elke Christen bid dat die Here hulle moet help uit hul finansiële verknorsing of om hulle te help om genoeg geld te maak om ander te help of net seëninge afbid oor hul finansies, maar sodra ‘n Prediker geld het word hy deur mede Christene uitgejou vir ‘n valse Prediker. Ek dink God het vir Angus geseën om te doen wat hy nou doen en om te help waar hy kan. God seën my ook elke dag.

Cariska ·

Ek het dit al gesê en ek sal dit weer sê, oordeel of nie oordeel nie om jou mening te wil lig oor ‘n persoon se lewe veral ‘n persoon wat jy nie ken nie moet jy baie versigtig wees want net die Here ken daardie persoon se hart, en net die Here weet hoe opreg of onopreg hy is, eendag gaan ons almal voor God staan en geweeg word en hoe Oom Angus geweeg gaan word weet net hy. Daar is net een vraag wat ek het en indien moontlik sal ek graag ‘n antwoord wil hê op my vraag, waarom het Oom Angus sy eie bybel uitgebring? Want Volgens my en die Manier wat ek groot gemaak is is daar net een Woord en dit is die Woord van God.

Steven ·

Angus… Wie volgens jou het jo as die regverdige aangestel… N maand terug toe cergelyk Jy yourself met Jesus en nou as regverdige?? Jys a valse profeet en jo uitlatings laat n mens wonder….

Ettiene ·

Every man praying or prophesying, having his head covered, dishonoureth his head. 1 Corinthians 11:4, Tobi oordeel nie hy praat net die waarheid en die mense wil dit nie raak sien nie. Gaan kyk bietjie self in julle Bybels en toets alls wat Angus vir julle se en leer. Ek veroordeel niemand want die een wat oordeel is reeds geoordeel. Jy as Christen moet ook bietjie seker maak of so n persoon regtig die waarheid praat. Haal hy al sy hoed af as hy preek en bid?? Wat se die Bybel oor dit? Ek se maar nie…

Liendempers ·

Almal wat reken Angus is n valse profeet en die bybel so goed aanhaal. Wat maak hom anders as die dominee na wie julle Sondae sit en luister en vie wie julle kollekte gee????? En die hoed ding. Regtig, die son brand teen 42 grade buite. Moet die man regtig staan en verbrand? Hoekom hom nie sommer ook uithaal omdat hy nie n baard het nie? My pa het altyd gese die Afrikaners sal never ever kan saamstem as daar 3 om n tafel sit nie. Ek sien nou wat hy al die jare gese het….

Ben ·

Dankie oom Angus vir oom se gehoorsaamheid aan die Here Jesus. Die Here seën jou.

Acker ·

As ek dit nie mis het nie is die it’s time saamtrek verniet ingang. So kom ons staan eerder saam vir die grootter saak en gan bid almal saam vir ons land en ons mede mense. Nie vir Angus nie vir Tobie. Ons plaas ons vertroue in die Here vir ‘n omkeer in ons land. Dis mos al wat saak maak.

NetSo ·

Tobie het die hele saak eintlik baie ordentlik gestel. Dankie Tobie. Hier kom nog ‘n groot skok vir ‘n hele paar mense. Julle is bitter naïef en hardhorend.

Riaan ·

Ek wonder of Oom Angus weer skielik dodelik siek gaan word tydens die funksie, dan bid die 40000 weer hard saam en dan die wonderwerk.
Oom Angus gesond om die Sondag preek te gee, praat van Ray Macally.

Anre ·

Watse teologiese opleiding het Angus? Ek sien nie dat daar dr voor sy naam staan nie. As ons siek is soek ons tog die dokter met die beste kwalifikasie. Waarom as ons geestelike hulp nodig het wend ons ons tot leke predikers? En dan wil hy die Bybel oorskryf?? Ons Vader het ons duur gekoop, ons is sy kinders. Ons het nie n tussenganger soos Angus nodig tussen ons en Hom nie. Oom Angus gaan eendag mooi moet verduidelik – sterkte!!

Smith ·

Die Angus verkondig ‘n boodskap met ‘n halwe waarheid. Ledeprediker wat
geld maak uit sy stories

Kula ·

God using ordinary people to spread His word. Ordinary people testify of God’s working or miracles in their lives NOT ONLY the theologians. How can you judge whether or not God is using Angus to reach people? And how do you judge who is the best theologian with the best qualifications? It is not always the person with the best qualification that gets the job done but sometimes it is somebody with experience! God gives us the freedom of choice to decide whether or not to follow him, give Angus and the people that support him that same freedom of choice without condemnation. If Angus is going anything wrong it is for him to repent or suffer the consequences on judgment day.

Maggie ·

Wanneer ‘n mens Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser aangeneem het en die Heilige Gees ontvang het,het jy nie kwalifikasies nodig om ander na God te lei nie.Moses en Johannes het nie doktersgrade gehad nie.Hulle was bloot gehoorsaam aan God se opdrag.

Anoniem ·

Ja Acker, dit wil vir my voorkom asof die mense wat hier kommentaar lewer die hele doel van 22 April mis en dit is dat baie Suid-Afrikaners bymekaar kom en moet bid vir die herstel van ons geliefde Suid-Afrika.

Marcia ·

Godsdiens het te duur geword vir die gewone man in die straat.. ek stem volkome saam met Tobie Jooste.. Wat het geword van Bybels verniet uitdeel? Dit het ‘n winsgewende bedryf geword want elke Jan Rap en sy maat vra peperduur vir ‘n gewone Bybel.. en Angus is net daarop uit om geld te maak.. so dankie, maar ek was nog nooit so groot hipokraat as om sulke belaglike byeenkomste by te woon nie.. en oordeel? Te hel met oordeel.. dit gaan oor die helse geldelike gewin!!!

Johann ·

Anre ja die Skrif openbaar baie duidelik, dat eers moet die afval kom en dat ons moet oppas vir die ouens wie op ‘n troon wil sit en hulle wil verhewe, so mense wie steeds na alle rooi ligte wil voortgaan om die leuen te glo, laat hulle dan maar ‘n groot skok in die hiernamaals kry ou kan niks meer vir hulle doen nie

Boetman ·

Ek glo verseker dat Jesus siekes genees. Dit gebeur elke dag, maar om te se dat jy tekens in die natuur sien vir die dag is vreemd. Hy moet liewer stil in sy binnekamer bly en vra vir die regte leiding. Al hierdie vooraf opblaasery is om massahisterie te veroorsaak

Dan ·

Nog ‘n sanger wie hom sommer self allerlei veroordelinge aanmatig en hom vreeslik slim hou. My ou, kry in die eerste plek vir jou ‘n werk. Jy is besig om Hofmeyr se pad te loop … so jammer daar is nie meer verpligte diensplig nie.

Anoniem28 ·

Het enige van jul al Oom Angus se boodskap geluister?? Doen dit met jou oë toe en luister na dit wat God deur hom vir jou se… spandeer jy tyd in God se woord van 4 tot 9 in die oggend? Praat jy met mense om jou oor God? Wie is ons om te vrae en oom Angus te oordeel.. die vyhand is besig om ons net te confuse en vision en mission te steel. Ongeag of dit Oom Angus is wat so dag reel of Pietpompies en of dit R20 of R2000 kos om te gan, Sal jy as kind van God wat ‘n verhouding het met Hom weet wat om te doen en waar om te gan. Oom angus ek is dankbaar dat God oom as sy werker gebruik. Dankie Jesus!

JANA ·

Aan almal hierbo wat uitvaar nie teen Tobie nie, maar teen vryheid van spraak, ek hoop nie julle gaan na Angus se saamtrek toe nie want dan openbaar julle net julle valse karakter. Tobie, jy is heeltemal reg om jou opinie te lug. Daarmee stem ek met jou saam. Ook dat geloof, soos n weldoen aksie, nie mee te koop geloop behoort te word nie. Om te bevraagteken waarheen die geld gaan is n logiese en aanvaarbare vraag. Ek wil ook weet. Ek sou eerder niks wou betaal nie, of dan eerder direk aan die boer op wie se grond dit gehou word.

Willie ·

Die groot klomp negatiewe kommentaar oor die gebed byeenkoms, is ‘n openbaring hoe ver ons mense afgedwaal het. Ons sal liewer ons eie goue kalwers aanbid soos rugby, musiek kunstenaars, politieke partye. Indien jy twyfel in die geloofwaardigheid van Angus of die byeenkoms, bly dan weg. Die geskiedenis sal wel die waarheid openbaar. Hierdie tipe siniese beskouing het veroorsaak dat Israel oorgegee is om verdruk te word. Klink dit bekend?

Paul ·

Kom ons baklei dat ons bewe want ons is mos kinders van die Here. Pateties dat ons nie die liggaam van Christus kan onderskei nie. God het ons die gawe van vergifnis en verdraagsaamheid gegee, nie die gawe om mekaar te veroordeel nie. Party moet maar weer 1 Kor 13 gaan lees.

Aktivis ·

Plaas dat julle na Bloemfontein opruk vir die afskaffing van Afrikaans aan Kovsies, maar nou gaan aanbid julle in Texan-styl in Engels! Nee kyk, dit gaan nog te goed met my volkie. Van kernsake verstaan hulle bitter min. Ek kan maar net my kop skud in ongeloof.

Celeste Kotze ·

Passop vir valse profete !! Matt 24 sê “wat selfs as dit moontlik is die uitverkorenes mislei.” Studeer die Skrifte van kleins af sodat jy die wolwe wat in skaapsklere kom kan uitken! Hy wat sy oor wegdraai om nie na die Wet van Godte luister nie selfs sy gebed is ‘n gruwel. Spr 28:9 Niemand het ‘n Angus of ‘n Tobie nodig om Jesus te ken of te leer ken nie . Ons het almal die Woord , en ja geloof is ‘n leefwyse en die Bybel maak dit duidelik dat die dae van onkunde oorgesien is. Niemand het nodig om op ‘n “high” te kom a.g.v ‘n byeenkoms.Om Jesus te ken is om ‘n pad met Hom te stap ,nie ‘n”feeling” vir ‘n dag of twee.

Nelric ·

Wees eerder gereed wanneer die Bruidegom Sy kinders gaan kom haal as om mekaar aan te vat oor onbenullige kommentaar. Tekens van die eindtye word al hoe duideliker en kragtiger…..God wil graag hê dat almal gered sal word.

Margie ·

Dit is waar wat David se Angus het by ń byeenkoms die mans agter hom laat aansê “I believe in the roman Catholic churh” en daarna het die amon gevolg. Ek sal saam bid die 22ste maar mense maak asb seker wat julle sê as julle agter hom aanbid. Doen asb voorbidding vir die 22ste en ook vir Angus dat dit net sal gaan oor ons afhanklikheid van God en dat al die eer aan ons Vader gaan.

Edward ·

Jesus het ook groot skares gelok, dit is een manier om Hom te dien. Daar is nie ‘n regte of ‘n verkeerde manier om Jesus te dien nie. Solank jy in Hom glo, hetsy in jou kamer of saam met Angus op die verhoog. Ek dink in elk geval Tobie se predikant of pastoor vat meer geld as Angus huistoe.

Celeste Kotze ·

Passop vir valse profete ! “wat as dit moontlik is selfs die uitverkorenes sal mislei” Matt 24.
Hy wat sy oor wegdraai om die Wet van God te hoor ,selfs sy gebed is ‘n gruwel Spr 28:9
Niemand het ‘n byeenkoms nodig om ‘n “feeling” te kry wat jou op ‘n “High ” sit vir twee of drie dae en dan sak jy terug in jou ou weë. Ons het almal die Woord van God om van kleins af te studeer .Hy het die dae van onkunde oorgesien die pad wat na die verderf lei is wyd en baie wandel daarop,maar die pad na die Ewige Lewe is smal en min bewandel dit. ‘n Geheiligde lewe van geloof in God en erkenning van Jesus Christus as Saligmaker en Verlosser IS ‘n leefwyse. Ongelukkig wil mense mooi woorde hoor wat hul ore streel en ‘n LEKKER JOLIGE godsdiens beoefen, terwyl God ‘n God van orde is wat tevergeefs geeer word deur wette gemaak deur mense! Studeer die Bybel en onderskei tussen reg en verkeerd!

Doris ·

Tobie ek wil net sê ek stem nogal met jou saam oor hierdie Angus byeenkomste ek weet van baie manne wat dit bywoon en dan vertel hulle jou ook van al die wondelike dinge wat plaasgevind het by die byeenkomste maar dan is dit mense wat nooit in n kerk kom of die Bybel oopmaak nie want ons glo mos wat mnr. sê n Lekker ryk plaasboer.

Abie ·

Niemand word gedwing om die 22ste deel te wees nie. Doen soos jou hart jou lei. Ek ondersteun Angus se inisiatief, nie omdat hy dit gaan lei nie, maar omdat ons God nodig het, nie net vir 2 ure nie maar deurlopend. Die wat so gal braak oor hoeveel geld Angus maak het dan seker al self gesien hoe sy bankstaat lyk en wat hy met sy geld doen, slegs dan kan jy n mening daaroor uitspreek. Meeste aantuigings is gegrond op persepsies. Kom ons gebruik eerder die geleentheid waar ons as christenne byeenkom om God se Grootheid te erken sonder afguns. En as jy nie daar kan wees nie, sommer net daar waar jy jouself bevind. Laastens, ek skaam my om myself n christen te noem wanneer ek sommige van die kommentare lees.

Riana71 ·

Ons het God nodig en soos Oom Angus sê – “It’s time”. SA en die wêreld moet NOU terugkeer na God. Ek dink dit moet “awesome” wees om op so ‘n biddag tussen soveel gelowiges te wees wat bid om genade en krag van God.

Peanut ·

vir dieselfde rede moet dan dan seker ook nie kerk toe gaan nie, ek wens ek kon die byeenkoms bywoon. Hierdie is net soos byeenkomste wat in die Ou en Nuwe Testament gehou is waar die volk bymekaar gekom het, en sekerlik het daardie “Predikers”(verwys hier na enige persoon wat verkondig dat Christus die verlosser is) ook teenstant gehad van mense binne die volk. Die vraag kom my op -1 is vir Paulus en vir Johannes….. en tog het hulle almal die woord verkondig. Ons moet alle “Predikers” toets teen die Woord van God en daar volgens ons besluite maak, ek is maar n eenvoudige mens sonder enige geleerdheid. Ek het alna oom Angus op die Radio geluister en ek het nog nie iets opgetel wat my hare laat regop staan nie, die punt bly staan ons het God nodig en as die Here die man gebruik om die woord te verkondig moet ons luister, ondersoek en dan besluit

Boetman ·

Dit bekommer my dat wanneer mense terugkom van die kampe hoor jy net hoe groot dit was, soveel mense, toilette, luidsprekers, voertuie, lang rye, maar niks van die boodskap nie.

cobus ·

Angus word op verskeie poste met die Here vergelyk. Angus praat sommer direk met God of Jesus. Angus het n miljoener geword vandat hy die groot profeet geword het. Angus is so groot hy haal nie sy hoed af met gebed nie. Angus het nou n bybel met sy persoonlike byskrifte, net soos Scofield in Amerika wat miljoene op die verkeerde pad gelei het. Angus mag nie gekritiseer word nie want hy is deur God gestuur. Nou Ek glo jy is hier vir die geld. Hy wil so graag die moorde met vriendskap teenoor die geweldenaars reg bid. Net soos Jesus in sy eerste vergelyking sê, hierdie mense het ore maar hulle hoor noe. Oë maar hulle sien nie ens. Ek stem saam bid in jou binnekamer om nie gesien te wil word nie. Om nie beroemd te wil word nie. Maar doen jou gebede met jou 9mm langs jou. God gaan noe Engele stuur om ons te help nie. Hy gee jou net die, krag, wysheid en insig om die regte daad te doen. Angus klink vir my soos n valse profeet.

Stefan Ebersohn ·

Ek hou van Angus se reaksie dit getuig van ‘n volwasse gees. Tobie se brief is goed beplan, hoe anders kan jy in vandag se media vinnig jou naam onder publiek bekend maak. Dink nie hy is regtig gepla oor Angus se werk nie is net n goeie rytuig om in die openbaar raakgesien te word. Slim, maar swak smaak, publisiteit

Coba van der Merwe ·

Ai toggie!! Wie het nou eintlik vir jou siening of kommentaar gevra? Laat elke mens vir homself besluit wat hy wil en nie wil nie. Dit bly hulle keuse. Hou asb. op om altyd fout te wil soek met iemand. As jy dit beter kan doen, kom wys ons hoe. Skoenmaker hou jou by jou leus!!

Annelien Kuik ·

n Koningkryk kannie in homself verdeeld wees nie So se die Woord van God. Soos ek hier sien is hy verdeeld want Ons is die Koningkryk van God en ons is verdeeld Ons as mense kannie eens saam lewe hier op aarde nie En saam werk aan die koningkryk van God nie. Ek kennie skrif by skrif nie Maar ek weet Dit behaag God nie Wat God Behaag is dat sy Volk sal saam staan en Bid en hulle sondes bely en God sal die Land Red En dis n belofte van God af. Maar wat doen as Sy volk ons stry onder mekaar Daar is verdeeldheid want die vyand loop rond soos n brulende leeu en hy kyk wie hy kan verskeur en almal laat hom toe om dit te doen Want niemand staan saam Vas in God en Sy woord nie. Sy volk gaan te gronde agv n tekort aan kennis want ons is blink en ons weet nie hoe om te bid nie. Ek se kom ons vat Hande saam en bid tot God afgesien van geld(afgod mammon) Maar tot ons Verlosser en Ewige God die Begin en Einde die Een wat Was Is en sal Wees tot in alle Ewigheid. Amen

Attie ·

Annelien al wat vir ewig en ewig sal wees is die gestry onder godsdientiges wie is reg. Ons sien dit met Angus, gays noem maar op!

Suemari ·

Ek het nie almal se kommetaar gelees nie maar wat ek lees is skokkend. Suid Afrika het gebede nodig of dit op groot skaal of klein skaal is ons het dit nodig. Ons Hemelse Vader hoor ons gebede en ek stem saam met party van die mense wat kommetaar lewer en dit is dat ons vir ‘n slag as ‘n volk moet saamstaan in gebed, want die Bybel se As my volk op hulle kniee gaan en hulle sondes bely sal ek hulle red. Ek ken nie Mr B nie gaan nie oordeel nie, maar ek glo dit is ‘n goeie ding dat ons almal op ons kniee voor ons Hemelse Vader gaan. Net HY kan Suid Afrika red. Groete aan almal

E.K. (vra net) ·

Sjoe…232 kommentare – sover. Baie veroordeel Tobie, ander vir Angus. Dan kan jul nou nie juis wonderwerke verwag as julle so oordeel nie. Sal mens nie liefs eers hand in eie boesem steek, bietjie selfondersoek doen en ‘n “mind-set change” kry en dan eers mag verwag dat die Vader ons moet help nie?

Antionette ·

Ek stem saam Tobie !!!!!!!!!!!!!!!!!
Te minste is hy nie bang om te se wat hy dink ander praat net onder hulle vriende.
Jammer ek het te veel gesien met die mans wat elke keer by sy manne naweek was ,Ga geen verandering .Dis my opinie!

Doen Dit Net ·

“Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis” (1 Tim 2:8) . Waarom?

Sodat “…gebede, … gedoen moet word vir alle mense, vir konings en almal wat hooggeplaas is … sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei …Want dit is goed en aangenaam voor God, …” (verse 1-6)
Dis ‘n gebedsopdrag aan elke gelowige. Dit gaan nie oor ‘n individu, geld, kerkverband, roeping, eer of eie opinie nie, maar omdat God ons vra om dit te doen. En nie net op 22 April nie. Doen dit nou, elke dag, alleen in jou binnekamer (Matt 6:6), saam met twee of drie in Sy Naam (Matt 18:20) , saam met elf ander in ‘n bo-vertrek (Hand 1:13,14), saam met ‘n skare van 3000 of meer (Hand 2:41).
Moenie wag op ‘n stem of ‘n persoon nie, . aat staan jou verskonings, kritiek, argumente, trots en liefdeloosheid. Staan, kniel of le^ voor God in verootmoediging, en bid vir die leiers van hierdie land dat ons in vrede kan leef omdat dit goed en aangenaam is voor God.

PC ·

Wat noem n mens die aan hangers van Buchan? …… Is dit Buccaneers?

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek is nie ‘n aanhanger van mnr Angus B nie maar die kommentaar oor sy hoed moet jy byvoeg dat as hy bid verwyder hy die hoed van sy kop af.
As hy dan ook bid en die Katolieke kerk bybring is nie vir my ‘n probleem nie. Wat maak dit saak WATTER kerk bygelas word? Geloofssake, die kerk en hoe jy moet aanbid moet liewer buite gelaat word want mens sien in elke tweede kommentaartjie ‘n effense byt, en DIT pas tog nie by die onderwerp nie. Ek is versigtig om ander se gelowe te kritiseer. Hetsy dit Moslem of Christen is. Wonder of Maroela dit gaan plaas na my laaste sin.

George Basilio ·

Mense, Angus Buchan probeer te minste iets doen vir ons wittes in SA. Wat doen ons, kritiseer hom in plaas van Saam Staan! Hy wil bid vir die hele land ,en vra geen geld op die 22de April. Tobie Jooste, probeer jy iets te doen vir ons volk wat uitsterf in hierdie pragtige land. All talk, no action Tobie.

GeenGeld ·

Gaan kyk hoe lyk sy bankrekening, dis mos lekker want jy betaal nie tax nie. Hy doen dit vir homself en nie “vir die wittes” nie, waar kom jy daaraan, die God wat hy dien, is Hy dan net vir wittes?

SARIE VAN HEERDEN ·

Los Tobie wat bloot ‘n onskuldige kommentaar gelewer het. Hy is baie bekend in kunskringe maar verder nie want mens lees NOOIT iets onvleiends in die media oor hom nie , wat vir my se hy leef ‘n skoon lewe en beland nie in die nuus oor drank, dwelms of ander onheilige dinge nie. Terlooops, ek het vandag van sy musiek gehoor en dis nie sleg nie.

Willem 29 ·

Mense, ek lees nou deur heelwat mense se kommentare, die een se sus en die ander se so, vir my is die kern van die naweek dat die volk as n eenheid bymekaar kom en die Here se aangesig soek om ons volk en land te red en genees. dit gaan oor gelowige mense wat weet dat net ons Grote God die antwoord is. kom ons staak die buiselagtighede en staan vir eens saam in die geloof dat God by magte is om n positiewe verandering in ons land te bring. Mense wie se oe op oom Angus is se harte is nie reg nie, laat jou oe op God wees. Oom Angus is net die instrument.

Rina Kotze ·

Ek glo teen hierdie tyd het meeste al besluit oor 22 April.
Elkeen het ‘n stuiwer in die armbeurs gegooi wat kon! Party Positief, ander negatief.
Dit bly elkeen se keuse.

Persoonlik voel ek dis tyd vir mense wat sê hulle is kinders van God om op te staan en saam te staan en NEE te sê vir die onreg wat in ons mooi land aangaan.

Een manier is, om saam te bid. Een in Gees en een in Waarheid.

So, of jy nou 22 April buite Bloemfontein is of by jou eie huis of by vriende, kan ek jou mooi vra asb?

Bid net vir ons land en dat die Here Sy kinders sal bewaar en beskerm en dat Hy die onreg en sinnelose bloedvergieting sal stop.

Dat Hy vir ons ‘n regering sal gee wat regverdig sal regeer sodat ons in vrede en rus kan lewe!

Dit is tyd dat ons ‘n heilige woede sal beleef en opstaan en sê: STOP DIT NOU!

louise ·

Dit gaan lankal nie meer oor elke mens se siening nie. Dit gaan oor n nasie wat voor God moet verootmoedig en vra vir n uitkoms. Duidelik kan ons dit nie self meer regkry nie. Dis al troos wat ons het. Die persoon wat nou ongevoelig staan kan net dankbaar wees dat hulle nog nie geraak is deur die misdaad nie.

Angus ·

Ek betaal om nie by die “profeet” te wees nie. Geldgurige oom daai

Gerhard ·

Mense mense mense….Lyk almal wil baklei- maar weet nie hoe nie.. Elke mens is geregtig op ‘n sy eie idee en standpunt… Los hulle..

Wie nie teen my is nie is saam met my. Dankie vir elkeen se standpunt en jou oplossing vir my toekoms en ja…Seën vir jou ook!

Kom ons gaan bid saam en maak Sy naam groot.. Dankie broers..

Chris ·

Ai leer die Woord ons nie dat in die laaste dae daar geeneen sal wees om sy volk te troos nie. Gaan jou binnekamer en wees stil voor Yahweh. En dit kos jou niks want ons wil nie stories hoor om net goed oor ons self te voel nie.

Verbaas ·

sjoe ek is geskok in die mense se kommentaar!!, Tobie Jooste ek weet nie wie jy is nie, maar soms vergeet julle dit gaan nie net als oor geld nie, die geld wat Angus maak volgens julle (die miljoene) word baie keer gebruik om die Koningkryk van God uit te brei, as jy nie n verhouding met die Here het nie sal jy ongelukkig nooit weet wanneer die Here praat en wanneer nie, hou op om negatiewe kommentaar te spreek oor n Gesalfde van die Here (wat Angus beslis is) die Bybel waarsku duidelik dat wanneer jy n Gesalfde van die Here oordeel jy nie ongestraf sal bly nie, my voorstel is dat julle, julle harte ondersoek ! Wou jy dalk die miljoene gehad het wat Angus maak dan kan ons dalk reel dat jy daarvan kry, maar in Hemelsnaam hou op negatiwiteit versprei oor Goddelike Woord!!!!!!!!

Verbaas ·

Tobie Jooste ek weet gelukkig nie wie jy is nie, maar obviously nognie bekend genoeg nie, kan nie glo die kommentaar wat ek van mense lees nie, Het jy geweet dat die miljoene wat Angus kry aangewend word vir die Koningkryk van God?…..Miskien is jy jaloers en als gaan oor geld!! dalk kan ons met Angus reel dat jy ook deel in sy (miljoene) As jy nie n verhouding met God het nie sal jy in elk geval nooit weet wanneer God praat en wanneer om te luister nie, die Bybel se duidelik as jy met n Gesalfde van die Here spot sal jy nie ongestraf bly nie, dink ons moet spesifiek vir mense soos jy voorbidding doen daardie dag, die mag lê nie by jou en die negatiewe kommentaar wat jy lewer nie, maar by God is als moontlik, amal is suur oor die byeenkoms………..seker oordat julle net dink aan die geld………dit is mos maar hoe die common Afrikaner deesdae optree………..sê maar net!!!!!!!!

sp ·

Watter foefie!As Angus 1 miljoen mense trek op 22 April,koop ek vir my n cowboy hoed en eet dit op.

Theuns ·

As dit jou ding is gaan. Nie my ding nie. Net verbasend ons Kerke loop leeg maar die social event gaan bygewoon word. Glo ook al die Bars in Bfn gaan ook vol wees die vorige aand. Mens leef jou geloof uit elke dag en nie by n “event” waar almal jou kan sien nie.

Phillis ·

Ek doen ook sending werk en kan getuig hoe God voorsien wanneer Hy roep. Where God guides He provides. Wat bekommer is, die mense hang Angus aan en nie God. Almal reageer wanneer Angus praat as dit iemand anders was sou daar nie so bohaai gewees het nie. Gebed van n opregte word aangehoor. Onthou Angus is slegs n instrument in God se hande. Hy is gewillig. Tobie is nie verkeerd nie.. Suid Afrika se mense is vol godsdiens en beterweterigheid! Nederigheid dis die sleutel ..

Rentia ·

10 uit 10 vir jou Tobie. Het nog nooit van die vals profeet gehou nie en sal ook nooit nie. Stem saam wat jy sê. Moet jou nie steur aan wat die ander hier sê nie.

Deon ·

Tobie,ek stem heelhartig met jou saam.Hierdie evangeliste maak geld soos bossies.Menige van hulle het al gese dat God n goeie geldmaak besigheid is.Ons Suid Afrikaans sprekendes word menigmaal om die bos gelei deur hierdie mense omdat hulle baie goed weet hoe onse harte werk.Ek se maar net

JohanvdK ·

Tobie is heeltemal reg.
Meet altyd die woorde van mense en “Predikers” aan die Woord van God. As dit ooreenstem is dit veilig maar as dit verskil is so ‘n persoon ‘n valse profeet.
Angus beweer dat jou gebed net verhoor gaan word, of meer kragtig sal wees, as jy saam met hom gaan bid wat natuurlik vals is.
Hy probeer hom op dieselfde vlak as Christus te stel wat tipies is van ‘n valse profeet!
En dan maak hy ook ‘n paar rand op die kantlyn.

Bly weg van Angus sodat jy nie saam met hom verlore sal gaan nie!

Wow ·

1 Miljoen mense in Bfn op 22 April – baie geld maak – Nie eers die cheetahs kry dit reg met gratis kaartjies nie. Good luck. En nog waar gaan almal bly, waar gaan die byeenkoms plaasvind vir 1 miljoen mense ag nee wat hy is heel duidelik besig om valsheid te verkondig en in my oë is Tobie dus reg en in die kol. Dis net `n geldmaak storie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.