Buchan se ‘geveinsde verskoning’ nie goed genoeg

Die evangelis Angus Buchan. (Argieffoto)

Die organisasie Christians of South Africa (Cosa) sê die evangelis Angus Buchan se geveinsde verskoning ná ʼn omstrede uitlating is bloot nie goed genoeg nie.

ʼn Herrie het om die prediker se kop losgebars ná ʼn videogreep versprei is waarin hy sê dat net Jode en Afrikaanses God se verbondsvolk is. Buchan bemark in dié video die Staan op vir Jesus-gebedsbyeenkoms wat in Februarie volgende jaar by die Loftus-stadion in Pretoria gehou word.

Hy het verlede Vrydag (1 November) op Facebook ʼn verskoning daarvoor aangebied en gesê enigeen wat sy lewe aan Jesus Christus gee, gaan inderwaarheid ʼn nuwe verbond met God aan. Hy het gesê sy uitlating (dat net Jode en Afrikaanses ʼn verbond met God het) was verkeerd en dat hy daarvoor “nederig om vergifnis vra”.

(Skermgreep: Twitter)

“In al my jare as ʼn dienaar van die Here Jesus Christus was dit nog nooit, ooit my bedoeling om enige man, vrou of kind leed aan te doen of verdeeldheid tussen enige ras, mense of geloof in ons pragtige land, Suid-Afrika, te saai nie,” het hy onder meer gesê.

“As my stelling tot enige verdeeldheid gelei het, vra ek om verskoning.”

Die EFF het Woensdag woedend op Buchan se video gereageer en Godrich Gardee, die sekretaris-generaal van die rooi barette, het op Twitter gesê kleefmyne moet voor die gebedsaamtrek rondom die stadion geplant word om te “sien wat dan gebeur met die enigste mense wat ʼn verbond met God het”.

Hy het die stelling gistermiddag teruggetrek en gesê hy het dit ná Buchan se verskoning gedoen.

Die burgerregtegroep AfriForum sê egter dit is nie goed genoeg nie en gaan later vandag by die Lyttelton-polisiestasie in Pretoria ʼn klagte van aanhitsing van geweld teen Gardee aanhangig maak.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte van strategie en inhoud by die organisasie, het gesê Gardee het sy gewraakte stelling gemaak bykans ʼn week nadat Buchan verskoning gevra het. Volgens hom lyk dit of Gardee die stelling eerder teruggetrek het weens die fel kritiek daarop.

Intussen sê Cosa Buchan het sy “vervaldatum bereik” en moet aftree.

“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Cosa sê hy verwerp Buchan se verskoning en doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om hul van “enigiets met die man se naam op te distansieer”.

Cosa het ook na die ACDP gekap en gesê die party, as die enigste Christelike, politieke party in die parlement, se stilte oor die saak moet bevraagteken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

82 Kommentare

jongste oudste gewildste
Annie

Genade ons .. kan alle mense van alle kleur en geur en ras en wat ook al tog net nie een keer vir altyd besef ons almal almal het God nodig nie en net een keer almal van alle kleur , geur en ras voor die een Lewendige God die knieg buig nie en Sy Naam oor die lang bely nie.. herder die land is besig om sy alie te sien nou sal Buchan God die wit man se God wil maak en ja die EFF se reaksie is kenmerkend van hul as politieke party.. ek net baie teleurgestel in… Lees meer »

Frank Ollewagen

Wie is Cosa?Wie verteenwoordig hulle en wie is hulle om te oordeel?

Rudi

Sy uitspraak is ongevraagd. Christenskap is vir almal wat Christene wil wees. Kleur tel nie by God nie.

Willie

Hmmm. Angus word nou van alle kante af aan geval oor ‘n oordeels fout. Almal wat nou so anti Angus is, is julle daaglikse lewens sonder enige foute? En niemand wil nou vergifnis gee nie? Wie is ons om te oordeel? Angus is ook net ‘n mens met foute. Hy het al soveel gedoen om die Woord te bevorder. Nou word hy uit gekryt as ‘n rassis, en dat hy teer op mense? Het Christenskap dan ‘n verval datum? As jy ‘n sekere ouderdom bereik, moet jy noe verder die Woord van God verkondig nie? Ek dink regtig die Pous… Lees meer »

Hector Jooste

Buchan het absoluut niks verkeerds gesê nie! Hy het bloot ‘n FEIT gestel. Niemand is deur die stelling wat hy gemaak het te na gekom nie! Wat ‘n belaglike toedrag van sake!!