Buffalo City pleit vir verantwoordelike drankgebruik ná video

‘n Skermgreep uit die video.

Die Buffalo City-metroraad het ʼn beroep op sakeondernemings gedoen om verantwoordelik op te tree nadat alkoholverkope weer gedeeltelik hervat is.

Die metroraad sê ʼn kommerwekkende video van ʼn onlangse byeenkoms by ʼn venue in Oos-Londen wat aan die lig gekom het, wys algehele verontagsaming van die vlak 3-afsonderingsregulasies.

In die video kan gesien word hoe mense in die stampvol venue digby mekaar kuier en dans.

“Ons doen ʼn beroep op alle ondernemings in Buffalo City om wetgewing na te kom. Die meeste ondernemings het die regulasies nagekom lank voor die verkope van drank hervat is.

“Ons vra ondernemings om lewens bo wins te stel,” lui ʼn verklaring van die raad.

Die stad het ook ʼn beroep op die reguleerders van dranklisensies gedoen om op te tree teen ondernemings wat wetgewing oortree, aangesien hulle dan hul lisensievoorwaardes oortree.

Die metroraad het mense weer herinner dat alkoholgebruik by gelisensieerde venues net tussen 10:00 en 22:00 toegelaat word. Kroeë en restaurante moet om 22:00 sluit. Die aandklokreël geld tussen 23:00 en 04:00.

Binnenshuise byeenkomste mag nie 50% van die venue se kapasiteit oorskry nie en daar word van mense verwag om die regte protokol oor sanitasie, die nagaan van temperatuur, die dra van maskers en sosiale afstandhandhawing na te kom.

“Ons word bemoedig deur ondernemings en kerke wat die regulasies uiters voorbeeldig nakom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anel ·

En môre besluit die kopdoek om weer drankverbod in te stel. Straf die hele land want haar our people kan hulle nie gedra nie. Maar nou ja, almal is siek en sat om soos kinders behandel te word en dat ons lewrns deur komuniste beheer word. Lis die mense uit. Soos ek al gesê het, die wat bang is, bly die huis, dra jou ou maskertjie so veel soos wat jy wil en was die velle van jou hande af. Die regering hou daarvan om almal vreesbevange en paranoïes te hou en te beheer. Los die ander uit. Laat mense normaal aangaan met hul lewens. Hierdie is net ‘n verskoning om die wêreld bangkrot te maak en beheer oor al die mense te kry. Val lankal nie meer vir dit nie.

Johan ·

Ek stem saam die ANC het ons getoets gesien ons is gehoorsaam en byt dit nou uit.

Hoekom ·

Dankie oxford vir jou inset.

” ‘n Goeie begryper het ‘n halwe woord nodig. “

Sandra ·

Anel, Kom ek verduidelik vir jou mooi, in Afrikaans, nie ek of my ma van 90 het gevra om siek te word nie. Sy is sterwend en is ek nou op my 2e Ronde, net na die draai dag, wat dag 8 is. So moenie met jou uitlatings kom wat jy nie kan staaf nie

Stof ·

Ek neem dus aan, liewe Sandra, dat jy medies beter as ons top-gekwalifiseerde kollega Anel gekwalifiseer is. Ons, by een van die voorste hospitale, het net agting vir haar as kollega en filantroop. En ek verstaan haar en almal van ons wat bewese feite het wat die media nie wil plaas nie, se frustrasie. Gun die sus dus haar geleenthed tot die deel van haar frustrasie, want die media laat haar nie toe nie. Opkrop, is dodeliker as ‘n dolk. Anel, ek verstaan…

Persheks Adri ·

Dis nou deur sulke mense dat die verbod WEER ingestel gaan word! Ek drink nie, maar regtig waar die ekenomie en mense wat werk gaan nog verder onder dit lei…

Skyspy007 ·

Stem saam met jou Heksie…”jeug van vandag”…en watter kleur is hulle….mag mos nie “anders kleuriges” hier noem nie…..

Johan ·

Ek het ‘n verrassing vir jou en Pie in the Sky. “Die mense” waarna julle verwys sluit die blankes ook in! Naweek na naweek plaas ‘n vriend se seun video clips op sy WA Status van hulle (wit) jongklomp wat dans en drink by kuierplekke dat die sop spat…geen masker te bespeur aan enigiemand nie!

Anoniem ·

Daar is ‘n baie eenvoudige oplossing. Diesulkes wat weens alkohol misbruik in ongelukke beseer word, of mekaar met messe ens mekaar bydam moet nie in enige hospitaal toegelaat word nie. Daar sal net ‘n paar sulke gevalle wees voor die res besef hulle moet hulself gedra. Velkleur moet nie ‘n rol daarin speel nie. Almal moet leer om hulself asook ander respekteer.

koos10 ·

melaney, dis makliker gesê as gedaan. Onthou ons bly in Suid Afrika, die land waar die nie belasing betalers meer regte het as die wat geld in die land in pomp. Ook die plek waar die massas in die 80’s aangemoedig is om die wette te verontagsaam.

Tanniepetoors ·

En wie gaan by ongevalle besluit wie die skuldige party by die motorongeluk was waar twee of meer gesinne met klein kindertjies ernstig beseer is? Jy?

Roedolf Johannes ·

Vra maar net,waar was die SAP.Hoekom is die byeenkoms nie gestop nie.

Stefaan ·

Dit gaan nie oor reg of verkeerd in SA nie. Dit gaan oor kleur.

Petrus ·

Blanke persone op die strande word ge-arresteer deur CELE en sy bodyguards, maar sy mense lag hom uit en dit haal nie die nuus nie. Die persoon op die strand haal hoof berig op al dieTV nuus kanale vir 2 dae lank. Hoe korrup is ons Media wat beheer word deur die Government. Minister by begrafnis word ook nie ge-arresteer nie want sy is nie Blank. BLOK MY MAAR, DIT IS DIE WAARHEID.

Prontuit ·

Word wakker en deel met die wat skuldig is eerder as om almal onder dieselfde kam te skeer – maak die plekke wat nie hoor nie eenvoudig toe! oorkant my bly seker ‘n stuk of 20 mense en kinders in EEN 3 slaapkamer huis, hele naweek geparty tot sons opkoms en needless to say ALMAL sonder maskers, en bel jy die plaaslike polisie “oe sorry ne we don’t have transport” ja wel wat moet ‘n mens dan doen, ek gaan nie geteiken word om vir hulle te gaan se daar is ‘n curfew en ‘n wet op maskers dra nie! so dis hoe ons in nuwe suid afrika roll – leef in vrees en word behandel soos 5 jarige kinders want ons is mos ALMAL dom

koos10 ·

Buffalo City, waar is die kriminele klagtes? Daar is mense wat duidelik geien kan word, en die organiseerders kan ook mos verantwoordelik gehou word, MAAR nee wette in hierdie land tel mos nie vir almal nie.

Ronel ·

Sport byeenkomste mag nie gehou word nie, waar streng beheer toegpas kan word dmv kaartjie verkope, maar gaan suip gerus in ‘n kroeg waar mense teen mekaar staan en druk en stamp sonder maskers. Wat ‘n klugspul.
Dis hoeka in die Oos-Kaap waar die 2e golf begin het!

Regverdigheid ·

Straf die wat nie wil luister vat hul lesensies weg, so sal hul leer wanr ore het hul nie.

Saartjievandiebosveld ·

Sluit die venue….hulle het al die Covid wette oor tree….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.