ʼn Man, in sy 70s, is Saterdag op ʼn plaas naby Tzaneen in Limpopo dood toe ʼn buffel hom deurboor het.
“ʼn Groep plaaswerkers het paramedici na die boma geneem waar die man se liggaam was,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man het noodlottige beserings opgedoen toe die buffel hom deurboor het.”
Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.