Buffel gaffel veiligheidswag op wildplaas

Die veiligheidswag word by die hospitaal uit die helikopter gelaai. Foto: IPSS Medical Rescue

ʼn Veiligheidswag op ʼn private wildplaas in KwaZulu-Natal is ernstig beseer toe hy Donderdag deur buffel gegaffel is.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die voorval het op ʼn wildplaas aan die buitewyke van Mooirivier plaasgevind.

“Daar word verneem die wag van ʼn private veiligheidsmaatskappy was besig om in die bos te loop waar hy na renosters omsien. Die buffel het skielik uit die bosse gekom en op hom afgestorm,” het Herbst gesê.

“Die wag het probeer vlug, maar hy is deur die buffel gegaffel en het erge beserings aan sy een been opgedoen.”

Volgens Herbst is paramedici van die Nsele-ambulansdiens en die IPSS/Black Eagle-helikopter na die toneel ontbied. Die wag is per helikopter na die Lenmed Ethekwini-hospitaal in Durban geneem waar hy steeds in ʼn ernstige toestand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charl ·

Uhm….. om los rond te loop is nie n goeie idee as jy nie ondervinding het in wild nie of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.