Buffel verkoop vir ongelooflike R168 miljoen

Die buffelbul, Inala, wat vir ʼn rekordbedrag van R168 miljoen verkoop is. Foto: Thaba Tholo

Die buffelbul, Inala, wat vir ʼn rekordbedrag van R168 miljoen verkoop is. Foto: Thaba Tholo

ʼn Buffelbul is Vrydag by ʼn veiling op die Thaba Tholo-wildplaas, buite Thabazimbi in Limpopo, vir ʼn rekordbedrag van R168 miljoen verkoop.

Inala, ʼn bielie van ʼn buffel met horings van 51 ⅜, is deur ʼn konsortium gekoop, waarvan die bekende wildboere, Piet du Toit, Norman Adami en Wicus Pretorius onder meer lede is.

Lood Bester, besturende direkteur van Wildswinkel, die organiseerder van die veiling, het aan Maroela Media gesê die kopers was baie tevrede met hul aankoop. “Ons was almal verbaas en verheug oor die goeie prys wat behaal is en die kopers is baie tevrede. Hulle glo almal dit was ʼn goeie koop en ʼn stewige belegging,” het Bester gesê. Hy kon nie bevestig presies hoeveel kopers saamgespan het om Inala te koop nie.

Die vorige rekordprys vir ʼn buffelbul was R40 miljoen wat die sakeman, Johann Rupert, in 2013 vir die buffelbul, Mystery, betaal het, ook by ʼn wildveiling op Thaba Tholo. Vroeër vanjaar is ’n 25%-aandeel in die bekende buffelbul, Horison, vir R44 miljoen verkoop tydens Piet du Toit se jaarlikse veiling op sy plaas in Rustenburg.

Volgens Bester was die gemiddelde pryse van al die wild tydens die veiling die afgelope twee dae op Thaba Tholo goed en die veiling het ʼn omset van R283 miljoen behaal. Ongeveer 1 600 mense het die veiling oor die twee dae bygewoon.

“Daar was natuurlik nog uitskieter-diere wat vir baie goeie pryse verkoop het, maar ek dink die belangrikste is dat die gemiddelde waarde van die diere baie goed was. Dit is net ʼn bewys dat die wildbedryf sterk staan en dat daar, te midde van die droogte, steeds baie koopkrag in die bedryf is,” het hy gesê.

Bester het bygevoeg ʼn rekordprys soos wat Inala behaal het, word betaal wanneer kopers vertroue het in die bedryf en in hul belegging. “Dit is ʼn baie positiewe teken vir die wildbedryf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Bloubul ·

Hiers nou die bewys, die bulle se waarde is baie hoor as die van leeus en haaie.

KarooKlong ·

Tipies bloubul, trek altyd die voordeel as daar net rakelings iets opkom met die hoofletter B.

Bloubul, moet sê hierdie een was skerp van jou, duidelik skerp.

Ander Koos ·

Ongelooflike prys!! Is wild so baie werd, of is Rand so min werd?

Schalk ·

Ja en die mens se lewe so min werd hoeveel mense gaan dood omdat dit in die mediese wereld net oor geld gaan en daar nie n sent is om n lewe te spaar nie.

Cherokee ·

As daardie bul blou (of pienk!) was sou die verkopers R168m aan iemand moes betaal om dit te vat!

Cherokee ·

Vergèèt dit Klong van die Karoo! Die haaie in deben is vol fiemies! Hulle eet nie sardiens nie.

KarooKlong ·

Jy bly skerp Cherokee. Skerp soos ‘n haaitand.
Karoo groete.

Eugene ·

Belaglik! Dit nie dalk n Piramide Skema nie? Hulle maak 350 buffels en seekoeie in Kruger Wildtuin dood agv Droogte! Maak nie vir my sin nie.

rudi ·

Ek dink jy is reg. Hoe op dees aarde kan mens die vorige prys so ver oorsky? Behalwe vir dit weet ons dat genetika nie baie presies is nie en enige mens wat so baie betaal ander motiewe het. Miskien verkoop hul buffel sperm vir 1Miljoen en vang 150 sukkers

Jakkalas ·

Goeie blixes dis baie geld vir ‘n buffel. In die wildtuin skiet hulle nou buffels uit….

Hannes Pretorius ·

Die artikel is nie korrek nie, Wicus Pretorius van Buffalo Creek is een van die vennote en nie Wicus Coetzer nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Hannes

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Jef ·

Nou wat as die buffel n siekte oploop en hy gaan dood dan is dit koebaai met R168 miljoen maar die koper het gelukkig garrentee die sogenaamde tot die uitgang van die veiling garrentee.

gatiep ·

ha ha! Dan moet hy maar biltong van hom maak…met die prys van biltong deesdae kan hy dalk nog n wins ook maak! ;)

Hannes Pretorius ·

Die bul is verseker. Ek antwoord graag Eugene se vraag: Die buffels in die Krugerwildtuin is besmette buffels, hierdie is ‘n siektevrye buffel. Inala het ‘n horinglengte van 51″+ wat hom baie spesiaal maak omdat daar omtrent net 10 siektevrye buffelbulle oor 50″ in die land is. Hierdie is verseker nie ‘n piramide skema nie. Ek waarborg jou dat elke hardverdiende sent betaal word vir die buffel.

Cherokee ·

Gatiepie, jy sallie weet hoe ek jou kommentaar geniet het (te kyke na 2½honderd rand per kilo biltong!), doet so voort! Dit was verdomp raak gesê.

Lekker ou Jan ·

As ek dit vir ‘n buffel betaal slaap hy langs my in die bed en my vrou in die kraal.

Boetman ·

As ek so na Hannes Pretorius se verduideliking kyk, het my waarde ook gestyg. Siektevry, nou nie heeltemal 51duim nie, maar to mededingend. Sal my vrou moet herhinner hoe gelukkig sy is.

Gideon ·

Dit is oë verblindery!! Kyk nou hoe word daar weer ‘n klomp mense gevang!! As daardie geld werklik van hande verwissel en ek sien die transaksie swart op wit dan sal ek en ek glo baie ander dit glo!!

Muysvogel ·

Gideon, ek is geneig om saam te stem.
SA gebruik metrieke mate, waarvoor word daar van 51 duim gepraat??

Cherokee ·

Omdat sommige dinge steeds in duime en voete gemeet word. Daar is steeds mense wat ses-voeters is en jy kan nog steeds foot-long-hotdogs koop.

Kobus ·

Ongelooflik is die bykans wit so ‘n amper roomwit by die horingbasis, wat effe donkerder raak na die omgekrulde punte. Daar is nie ‘n grysheid aan die gesig of lyf nie, wat my laat wonder hoe oud die bul is. En daai ore wat soos ‘n vliegtuig wat gaan land se vlerke geflap is. Hy snuif die lug, die neusvleuels gesper.

Verstom ·

Wow! Wat n pragtige dier! Maar vir daai prys sit ek eerder nuwe hakkies op my stilletos! Voorspoed aan die kopers, sluit hom mooi toe en gooi n kombersie oor hom vanag vir die koue!

Paul Fouché ·

Daar is nie ʼn manier enige buffel is dit werd nie. Ek dink die kopers en verkoper kom op prys ooreen vooraf en jaag dan kunsmatig die prys die hoogte in om dié piramiedeskema aan die gang te hou.

Neewat ·

Presies. Van die laaste stuiptrekings die. Goedkoper wild is klaar op die afdraend pad.

kalahari ·

Da dis om almal wat skrikkerig en huiwerig is weer nuwe moed te gee.

Boerjie ·

Ek ruik ‘n rot, sal graag wil weet wie was die onderbieer? Ook ‘n konsortium? Todat dit nie bekend is nie glo ek dit is oeverblindery.

Sputnik ·

Nee sowaar, kan ons nie die party met die rooi oorpakke vra om in die parlement aan te dring dat die betaling vir dié transaksie bewys word nie, sommer so terwyl Namba One sy stat se betaling bewys?

Liefie ·

Presies wat is nou so vreeslik siek en belaglik aan die artikel?.

Petro ·

Mense wat orals swaarkry…en hierdie tipe geld word betaal vir n buffel…wat verstaan jy nie?

Liefie ·

En jou punt is….moet elke liewe flippen ou wat hard werk vir sy geld elke liewe sent vir die weeshuis skenk? Se my hoeveel doen jy elke maand vir die weeskinders van ons land? Ek twyfel of jy enige iets doen. Jy klink eerder soos een van daardie groot bek tannies wat heeldag negatief is.

Petro ·

Bly liewer stil…asb…wat ek met my miljoene maak het niks met jou te doen nie. Jy verveel my nou…maar net vir die rekord..my kind is ‘ n aangenome weeskind.

Nick ·

SARS se manne sal sekerlik graag wil weet wie die verkoper is, miskien hoef ons dan nie meer toll te betaal nie?

Liefie ·

Ag liewe vrek julle arme oningelihte frikkies!!! Die ouens wat betrokke is by Wildswinkel is behoorlik ordentlike besigheidsmanne wat gek is oor die natuur en diere. Nee ek ken nie een enkele een persoonlik nie maar loop hulle af en toe raak. Die mans het n passie vir wild so nee dit is nie n piramiede skema nie jammer om julle teleur te stel. Gun die mans tog hulle plesier en hou op so negatief wees. Meeste ander mans suip en dobbel meer geld uit in leedtyd as wat een lid van die konsortium se aandele is in die dier. Kyk na daardie foto….die dier is wragtig pragtig.

Griki ·

Liefie, “wragtig pragtig” is spyker-op-die-kop geslaan. Sjoe, maar hy is mooi!!!

koos ·

Omdat dit amper soveel soos nkhantla kos noem hulle dit n Inala

Kaufman ·

Ek is bekommerd oor die wildsbedryf. Raak almeer soos die tulpe mania in die 1600’s in Nederland. Ek dink dit is n ekonomiese borrel wat gaan bars, veral die diere van ongewone kleure.

Willie ·

Dit is n bedrog spul,ek hoop daar kom n ondersoek,die prys maak geen ekonomiese sin nie,kyk maar elke keur wie betrokke is wanneer
hoër pryse behaal word.

Zirk ·

Ek weet verseker dat baie hoë pryse vir trofee wild asook kleurvariante betaal word. Dit is soos die wildbedryf die afgelope jare ontwikkel het. Juis daarom is daar volgens berekening die meeste wild in SA ooit.Hierdie nuwe bedryf het met die onlangse jare soo vinnig gebeur dat die oningeligte publiek nie kon byhou of kon verstaan wat nou aan die gebeur is nie. Bydraende faktore is nl.;
1. Trofeejagters kom van Eerste wêreld lande waar grootgeld nie ‘n probleem is,
2. Skaars wild word nie noodwendig deur boere gekoop nie, maar deur ryk sakemanne binne EN buite die land.
3. Buitelanders mag nie, volgens die nuwe wet, meer grond in SA koop nie, maar niks vehoed hulle om wel wild te besit nie.
4. Skaars wild is nou ‘n kommoditeit waarmee jy kan handel dryf en nie meer ‘n stuk vleis waarmee jy kan biltong maak nie.
5. Wild is ‘n bate wat nes vee, ook aftrekbaar is vir inkomstebelasting doeleindes.
6. SA is die enigste Afrika land waar buitelanders nog veilig voel om georganiseerd te kan kom jag.
7. SA is die enigste land waar buitelandse jagters nog ‘n verskeidenheid wildsoorte in genoegsame hoeveelhede kry om ‘n keuse te maak.
Daar is nog baie meer redes, maar ek volstaan eers hiermee.
Vir plaaslike biltongjagters sal daar altyd wild wees om te jag, want nes met vee, sal daar ou diere en prulle wees om uit te skiet. En soos ek waarneem, styg daardie pryse ook langsaam.

Donovan ·

Ja Zirk en net so het Ramaphosa en die Drotski bende so jaar terug ook R80m vir n TB vrye buffel betaal… vir… ongeag hoe jy die ding wil verkoop of opdis, daar is onderligende onreelmatige handel van skuld briewe en put en calls wat op die diere geneem word… dus verklaar ek nie dadelik my belasting op die verkoop nie maar die koper kry dadelik sy aftrekking vir belasting soos jy dit genoem het… hierdie konsortuims weet dat daar nie meer genoeg kundige mense in SARS is nie en daarom manupeleer hulle die system… Die wild in ons land word bestuur deur die super rykes en dit is net om hulle gelde weer in die hoofstroom in te kry…

Kaufman ·

Zirk, Dankie vir die moeite om die situasie te verduidelik.

Ig ·

Aan al die suurgatte, lig julle agterente en werk jouself ryk dan kan jy ook saam met die groot honde blaf.

Donovan ·

Ja Ig… dan moet ons ook seker togas dra en die dong slaan… swaarde in ons studeer kamers hang en snakse vergaderings bywoon waar ons net swart pakke en blink skoentjies dra… geniet maar jou geldjies…

Kaufman ·

lg, moet asseblief nie te gerus in jou kapitalistiese skoene staan nie, veral nie in die wereld wat verder daarvan weg gaan beweeg nie.

Jan maak n plan ·

En glo my ou Inala gaan vreeslik baie kalfies hê en dit alls sonder plesier of enige moelikheid met ander bulle.

Pieter ·

As die buffel soveel kos wonder ek hoeveel die plaas kos waarop hy loop.

Gideon ·

Kunsmatig, ek was op ‘n perdeveiling van gesogte ras, waar daar van spookbieërs gebruik gemaak is om pryse op te jaag!! Dit was gedoen en ek kan nou hier dood neerslaan as ek daaroor lieg!!

MCD ·

Petro, rykmense mense “worry ” nie oor ons arm gatte nie! Hulle “worry” oor waar die volgende miljoen vandaan gaan kom! Hoe meer jy het hoe meer wil jy he! N paar miljoen kan mens ver bring en die lewe aansienlik makliker maak! Ek het self familie in die wildsbedryf in Thabazimbi en hulle “cater ” net vir die oorseese mark!

MCS ·

Bekke, jy is nie ver verkeerd! Die een teler is n vernoot van die ander teler en hulle verkoop die wild onder mekaar en so maak hulle hul geld! Belasting spaar hier en daar. Iewers het elkeen n hand in dien”pie”!

Karolis ·

Behalwe vir Zirk kon ek nie waarneem dat enige van die Kommentators, buffel- of wildboere is of enige waarnemende ondervinding het van buffelboerdery nie. Dit is dus my submissie dat hier ‘n geweldige jaloesie onderlede teenwoordig is.

victor adendorff ·

Ego is ‘n gevaarlike ding en duidelik is daar genoeg uitgedeel tussen die wildsboere.. Hierdie borrel gaan bars en dan sit iemand met buffelmis in hulle gesigte. Enige regdenke mens wat 2 breinselle het behoort te weet wat kom: totale val van die ‘mark’ en dan gaan die laaste gek wat dit betaal het met ‘n R5000 ou Buffel sit. Ek is nie ‘n profeet nie maar ook nie onnosel nie.

Piet ·

Laat my dink aan die storie van die lidmaat wat ‘n donkie aan die kerkbasaar geskenk het , om dit op die basaar teen ‘n baie hoë prys terug te koop om dit af te trek van sy belasting.

Klein Hammertjie ·

Die afslaer glimlag net so breed want 5% op daai verkoop syfer is nie te versmaai nie.

wildboer ·

Ek wonder of vat die betrokke veilingshuis vol kommisie op die transaksie ? Indien daar ooit regtig daardie bedrag geld verwissel !

At ·

Dis einlik maklik die verkoper betaal net die kommisie by die afslaer en eidlik bly dit sy buffel wat by n ander ou loop wat hom opas. Dis n kunsmatige besigheid geen geld wissel van hande nie .Dit werk presies dieselde by stoet beeste .

Scalla ·

Gratis advertensie en bemarkingstrategie, verwissel daar regtig die soort van geld, is dit nie geldwassery tussen die rykes nie, btw is ter sprake wat oorbetaal en terug geeis word, veilings kommissies en kostes is aftrekbaar tov lopende besigheids uitgawes. Volgens my het Anton Rupert in 2013 R40m betaal en volgens Landbouweekblad het hy gese dit is n swak belegging maar uit liefde, is die spesefieke buffel van goud gemaak, Sars het werk om te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.