Buffelspoort-moordenaar nog op vrye voet

Johannes en Linda Brits (Foto: Verskaf)

Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die moord op Johannes Brits (68) nie. Brits is verlede Donderdag by die ATKV-Buffelspoort-oord naby Rustenburg ten aanskoue van sy familie in hul chalet doodgeskiet.

Volgens kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, was daar teen Maandagoggend nog niemand vasgetrek nie.

Maroela Media het vroeër berig die familie het in een van die chalets by die oord tuisgegaan toe twee verdagtes daar ingebreek het. ’n Derde verdagte het vermoedelik buite die chalet staan en wag.

Brits het uit die bed opgestaan toe sy suster, Enna, by die kamer ingestorm het. Hy is toe verskeie kere geskiet.

Die bestuur van ATKV-Buffelspoort die oord se omheining is ná die moord op Brits nagegaan en geen skade is opgemerk nie.

Volgens die bestuur sal bykomende veiligheidswagte aangestel word om die oord te patrolleer terwyl die veiligheidsmaatreëls van ATKV-oorde landwyd nagegaan sal word indien nodig.

Fanie du Toit, woordvoerder van die VF Plus in Noordwes, die moord op Brits beklemtoon opnuut die vlak van wetteloosheid waarmee landelike inwoners van Noordwes te kampe het. Hy sê dis betreurenswaardig as die toerismesektor nou ook deur misdadigers geteiken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

krodedil ·

As gereelde kamper by ATKV oorde stem 100% saam. GEEN ATKV oord sal weer ‘n sent van my kry nie. Tyd om ander veiliger oorde te ondersteun. Ek het ook laas week my ATKV lidmaatskap beeindig want my pleidooi op beter veiligheid by ATKV Natalia val op dowe ore. Geen terugvoer van bestuur na vele e-mails.

Swerwer ·

Ai tog. ATKV oorde kan nie aanspreeklik gehou word vir die wetteloosheid nie. Oral by ander oorde vind dieselfde plaas. Dit word net nie op Sosiale Media verkondig nie. Help nie om dit teen die ATKV oorde te hou nie, die tipe misdaad word landswyd oral oor gepleeg. Nêrens is niemand meer veilig nie.

krodedil ·

Swerwer, ATKV het ‘n verligting teenoor hulle gaste en besoekers. Die eerste groot verpigting is dat hulle oord VEILIG is. Hoekom nou na die dood van ‘n gas of klient word veiligheid opgeskerp? Skuldgevoelens? As veiligheid in die eerste plek op std was sou hierdie insident nie gebeur het nie. Dit wil voorkom asof ATKV geld spaar op veiligheid ten koste van gaste se lewens. Dood van gaste agv onvoldoende veiligheid by ander oorde word nie toegesmeer nie soos jy noem nie. Nee my vriend dit gebeur nie by ander oorde nie.

Swerwer ·

Etteloosheid is nie tot ‘n sekere gebied beperk nie, dit strek oor die hele land.

FC ·

Buffelspoort kan maar toemaak. Geen skade aan heining nie? Dan is dit mos dat die moordenaars binne is, of werkers of gaste. Wie het uitgeboek al, is hulle ondersoek?
Nee wat, someyhing fishy. Buffels sien ons nooit weer nie.

Johann ·

Geen skade aan die heining nie Dan moes hulle by die hek in en uit gekom het Of hulle bly binne

krodedil ·

Die veiligheids kameras was seker ook af weens Loadshedding. ATKV sal altyd ‘n verskoning hê. Plaas ATKV eienaarskap vat en toekomstige probleme probeer verhoed deur veiligheid op te skerp.

OW ·

Stem saam.Die wagte wat op diens was die aand van die moord moet ondersoek word.Daar is mense dan deurgelaat deur die wagte om misdaad te pleeg as die grens heinings niks makeer nie.Buffelspoort vra toppryse en top sekuriteit kan dan voorsien word.Het hulle al in 2014 gegroet,om nooit weer te sien nie.

Di ·

As hulle nie deur die heining gekom het nie moes hulle binne gewees het of deur die hekke ingekom het. Deesdae is daar baie gevalle waar mense wat by die betrokke plek werk self betrokke is by hierdie misdaad. Begin binne die plek soek, iemand moet iets weet

My siening ·

ATKV BUIT DIE AFRIKANER UIT MET PRYSE MAAR GEEN DIENS, dis tyd dat die beheer raad terug kom aarde toe en hulle werk doen en meer doen vir Afrikaanse mense as om geld na te jaag.

Rudi ·

Doen leuenverklikkertoetse op al julle sekuriteit personeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.