Buit teruggevind kort ná rowers op plaas toeslaan

Foto: SAPD

ʼn Voertuig en ander items wat Sondagoggend op ʼn plaas tussen Steelpoort en Burgersfort in Limpopo gesteel is, is kort ná die voorval teruggevind.

ʼn Aantal verdagtes het na verneem word omstreeks 09:30 op die plaashuis toegeslaan. Minstens een van die verdagtes was met ʼn vuurwapen gewapen. Min inligting is in dié stadium beskikbaar, maar Maroela Media verneem die inwoners van die huis was wel tuis toe die verdagtes toegang tot die huis verkry het.

Niemand is glo tydens die voorval beseer nie.

Die verdagtes het ʼn Land Cruiser-voertuig en ander items uit die huis geroof voordat hulle op die vlug geslaan het. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê daar was twee verdagtes by die voorval betrokke.

Volgens Ngoepe is die Land Cruiser kort ná die voorval by ʼn vulstasie in Steelpoort gevind. “Ongelukkig kon die verdagtes daarin slaag om weg te hardloop, maar hulle het die sleutel in die voertuig agtergelaat, asook die vrag gesteelde goedere agterop die voertuig en ʼn vuurwapen,” het Ngoepe gesê.

Hy het gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Die NVG moet begin kyk na Julius Malema se uitlating van Kill a Boer, Kill a farmer en land grabbing. Dit is hoekom so baie boere op plase vermoor word.

Chrisjan ·

Pieter die NVG is deel van die komplot teen alle blanke boere.

Chrisjan ·

Pieter die NVG is deel van die komplot teen alle blanke boere.

Naam ·

Daar doen Steelpoort sy naam gestand. Daar word gesê dat in die Voortrekkers se tyd ‘n man laat agtermiddag ‘n olifant daar geskiet het en die volgende oggend sou bewerk. Die volgende oggend was die ivoortande verwyder!

marianne ·

Krap ‘n bye korf oop…… in hoeveel plaas aanvalle, moorde, diefstalle en brandstigtings is daar nie SAPD betrokke nie??? Is dit nie waar die prefekte aanval dalk vandaan kom, en, die rede waarom daar so min inhegtenis nemings is nie???
Hierdie aanvalle ongeag die aard daarvan moet as ‘n tereur dada beskou word en moet tot ‘n einde gedwing word.
As ons Regeering nie kan, wil of mag daadwerklik optree nie, kry dan hulp van die Russiese of Amerikaanse soldate om te kom oorneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.